Arondshoop bundel 2
Price range: R99.00 through R229.00Met elke verhaal neem die Skrywers die leser saam op ’n verbeeldingsvlug deur die denkbeeldige plattelandse dorpie, geleë iewers tussen Êrens en Nêrens, waar almal mekaar ken.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Met elke verhaal neem die Skrywers die leser saam op ’n verbeeldingsvlug deur die denkbeeldige plattelandse dorpie, geleë iewers tussen Êrens en Nêrens, waar almal mekaar ken.
Die drie boustene van ’n suksesvolle verhouding is liefde, vertroue en kommunikasie. Gulpflerrie skep vir paartjies die geleentheid om spontaan oor hulle seksuele behoeftes te kommunikeer. Seks is ’n belangrike aspek van enige gesonde verhouding. Paartjies met ’n goeie sekslewe is gewoonlik gelukkiger en voel nader aan mekaar as ander paartjies. As vroue meer fantaseer oor seks en mans meer ingestel raak op hulle maats se seksuele bevrediging, sal almal meer liefde WIL maak.
In Gulpflerrie word ook lewenslesse aan die leser deurgegee, soos in “Thaise vakansieklimaks:” ‘Only when you are no longer afraid, you can begin to enjoy life” en Kahlil Gibran: “Wanneer die liefde roep, moet jy dit volg.”
In ’n klein kusdorpie waar almal mekaar ken, leef matrone Sheila Fick ’n rustige, goed-geordende lewe. Haar dae word
gevul deur die hospitaal, haar tuin en haar geliefde kat, Kotie. Maar onder die kalm oppervlak lê ’n verlange na iets
meer – na liefde, na ’n gesin wat nooit vir haar beskore was nie. Wanneer die stil, aantreklike dokter Michael
Wellington en sy rooikopseuntjie, Carl, in die huis langs hare intrek, begin Sheila se veilige wêreld stadig verander.
Michael dra die letsels van verlies, en Carl smag na warmte en avontuur. Tussen melkskommels, plaasbesoeke en klein
dorpsgeheime groei ’n brose band – een wat harte kan genees …
Sewe vreemdelinge. ’n Afgeleë kasteel teen ’n misbedekte berg. En limerieke wat in bloed geskryf word. Toe die land in inperking gaan, aanvaar De Wet Coetzee ’n oënskynlik onskuldige uitnodiging om die afgesonderde Reed-kasteel te gaan oppas. ’n Kans om weg te kom. ’n Kans om weer te skryf. Maar skaars het die gaste hul kamers betrek, of ’n donker rympie wag op elkeen — ’n waarskuwing oor skuld wat nie afgewas kan word nie. Wanneer die eerste limeriek in bloed teen ’n muur verskyn, besef hulle: iemand speel nie speletjies nie. Elke vers ontbloot ’n geheime sonde. Elke rym voorspel ’n dood. Afgesny van die buitewêreld. Geen ontsnapping. Geen hulp. En wanneer De Wet die enigste oorlewende is, begin die ware vraag: Wie het die limerieke geskryf? En wat as die digter nog lank nie klaar is nie?
Rykdom, mag en status behoort nie liefde te bepaal nie – maar in die wêreld van die Guerrero-familie is dit presies hoe
dinge werk. Wanneer Ewald Guerrero teen sy dominante ma, Jolene, in opstand kom en sy hart aan die nederige Isabella
Valastro gee, word ’n ketting van verraad, intrige en pyn aan die gang gesit. Isabella word gedwing om die man wat sy
lief het te verlaat, ter wille van sy erfporsie – onbewus daarvan dat haar vertrek onherroeplike gevolge gaan hê…
Wanneer ’n storm oor die land breek, word harte ontbloot en geheime onkeerbaar losgeruk. Elsabé is ’n onafhanklike vrou wat haar gevoelens lankal agter professionele grense wegsteek. Marnus, ’n toegewyde dokter met ’n verlede vol onsekerhede, glo hy het geen tyd vir liefde nie. Wanneer ’n onskuldige uitnodiging hulle na ’n afgeleë plaashuis lei, word albei gedwing om hul vrese, twyfel en verlange in die oë te kyk. Te midde van dreigende onweerswolke, knetterende kaggelvure en onuitgesproke begeertes, begin vertroue stadig groei. Maar kan liefde werklik wortelskiet waar misverstande, jaloesie en onsekerheid lank reeds skade aangerig het? Storms van liefde is ’n roerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele ontwaking en die krag van liefde wat selfs die hewigste storms kan trotseer.
’n Onmoontlike ontdekking verander alles: ’n reuse plat planeet, Altozaan, skuil in ’n versteekte heelal — en wat daarop wag, is dodeliker as enigiets wat die Sterrevegters al beleef het. Wanneer Admiraal Edric Icer alleen besluit om die vreemde planeet te verken, stap hy reguit in die kloue van Landoro Fargo, ’n wrede heerser wat homself as die enigste ware Kajolushka beskou. Hy word gevange geneem, gemartel en beroof van vryheid, moet Edric nie net teen ’n vyand veg nie, maar ook teen vrees self. Intussen waag Kaptein Willien Icer alles om haar seun te red, terwyl haar eie lewe stilweg aan ’n draadjie hang. Nuwe bondgenote word gemaak, onwaarskynlike liefde ontvlam, en ou vyande keer terug —gevaarliker as ooit. Wanneer magsbeheptheid, wraak en ambisie bots tussen die sterre, is ontsnapping nie genoeg nie. Sterrevegters Boek 6 is ’n donker, spanningsbelaaide hoofstuk waar oorlewing ’n prys het — en niemand ongeskonde bly nie. Is die sterre nog ’n toevlug… of ’n slagveld?
Die drie en twintig jarige Amy bly in Gauteng en bevind haar in ʼn posisie waar sy nie langer kan bly nie. Haar bekende pa toer in Nederland en sy wend haar na die moderne tegnologie vir ʼn oplossing. Sy klik impulsief op ’n profiel met die naam Goliat. ’n Eenvoudige boodskap verander haar lewe: “Trou met my asseblief?” Wat begin as ’n ontsnapping, word gou iets dieper. Ruan, die rustige boer met ’n geheime plan, wil hê sy nuwe vrou moet hom leer ken vir wie hy is – nie vir die rykdom wat agter sy naam skuil nie. Maar twee mense uit verskillende wêrelde dra albei geheime, en die waarheid kan hul liefde bou… of vernietig. Tussen die plaas, drome en teleurstellings, ontdek Amy dat haar Goliat nie net ’n man van krag is nie, maar ook een met ’n brose hart. En dalk – net dalk – is sy sy prinses vir altyd.
Mieke se wêreld is besig om inmekaar te stort. Vasgevang in ‘n web van pyn, uitputting en nagmerries, neem sy ‘n moedige besluit: sy laat haar opneem in die Heide Kliniek. In ‘n veilige omgewing, omring deur eienaardige, tog onvergeetlike karakters soos die veelvoudige Maureen en die saggeaard sielkundige Derick, begin Mieke stadig maar seker haar seer ontrafel. Elke traan, elke lag, elke handvol klei en selfs ‘n skilpad-slak bring haar nader aan herstel. Sy leer weer slaap, glimlag, swem – en skryf. Maar die pad na genesing is nie reguit nie, en die pyn van die verlede klop hard aan. Sal sy uiteindelik die moed hê om haar diepste wonde oop te maak en haar stem terug te vind?
Die Namakwaland-streek, geleë in die westelike deel van die Noord-Kaap, is bekend vir sy asemrowende blomtonele en woestynlandskap. Die manier waarop die plaaslike mense Afrikaans praat is uniek aan hierdie gebied.
Willem se anekdote van die mense beklemtoon die uniekheid van die mense en die gebied. Sy liefde vir dié deel van ons mooi land kan in elke storie gesien word.
Die stories neem jou deur ‘n reeks emosies, van lag tot amper huil, maar die lag oorheers.
Diamante wat fluister is n sielroerende spanningsroman wat jou vasgryp en nie weer loslaat nie. Sonia Mouton is n eensame vrou aan die vooraand van haar aftrede moeg vir alleen wees en vatbaar vir die warm woorde van n man wat haar nog nooit in die o gekyk het nie. Wanneer professor Damion Marx, n ryk en charismatiese argeoloog, haar uitnooi om haar lewe agter te laat vir n toekoms saam met hom in die hart van die Namib, begin Sonia haar tasse pak maar is alles regtig soos dit lyk?
In Kroonville verdwyn n vrou spoorloos. n Jong konstabel begin vrae vra wat niemand anders vra nie. Hoe hou haar verdwyning verband met die geheimenisse van die woestyn en die eksotiese plaas Blinkpan? Terwyl die woestyn haar asem ophou, ontvou n verhaal van liefde, bedrog, en verlore identiteit. Kan liefde blind wees vir gevaar? Of is dit juis in die fluistering van diamante dat die waarheid verklap word?
Hierdie hartverblydende romanse sal jou die een oomblik laat lag en die volgende oomblik laat trane afvee. Nienke is bekommerd oor haar geliefde oom wat skielik vreemd begin optree. Sy besluit om haar April-vakansie saam met hom deur te bring. Min weet sy dat haar besoek chaos gaan saai. ’n Selfbehepte sanger, het homself tuisgemaak in haar oom se huis en lewe. Maar om haar oom te help, belowe sy om die arrogante Lukas, wat sy nie kan verdra nie, ‘n kans te gee om aan haar te bewys dat hy homself nie by haar oom ingewurm het vir eie gewin nie. Lukas werk hom vinnig in haar hart in. Dinge neem egter ’n wending wanneer Nienke eerstehands die glans en glorie van Lukas se wêreld ervaar. Sy ontdek vinnig dat dit nie die soort plek is waar ‘n skaam madeliefie kan floreer nie. Sal hul verskille te groot wees om ‘n gelukkige einde te hê?
Elke dag, elke minuut, ondervind elkeen van ons een of ander emosie. Soms kan ons emosies omsit in woorde… Dit kan heelmaak, seermaak, saakmaak.
Emosies is innerlike belewenisse… Vreugde, woede en verlange is seker die emosies wat ons die meeste ervaar.
Emosies is voorwaar aansteeklik. Lag uitbundig en almal om jou lag saam. Intense hartseer kan weer die negatiewe in emosies opwek. Om oor hartseer te skryf, óf te dig, is dalk moeiliker. Net soos angs, dreineer dit vreugde tot daar niks meer oorbly nie. Wat dán oorbly, is om verslae terug te kyk na die vreugde wat was.
Ons praat oor ons vreugdes, ons woede, ons verlange. Ons skryf en dig daaroor. Dit is hoe skrywers en digters uiting gee.
Lewende Water is ‘n bundel waarin onse Hemelse Vader se lof besing word.Hierdie pragverse deur Sy kinders word hier keurig aan die leser voorgehou.Hierdie bundel waarin van my en ander digters se hartswoorde in verskyn se doel is om ‘n sagte rusplekkie in ons besige bestaan te bring – ‘n plek waar ons bewus kan word van Sy grootse Almag en veral Sy liefde.
The journey of one family torn apart and brought together by the forces of faith and fate. Follow a young Swede, Bjorn, as he embarks on a journey to South Africa in 1950 and meets a beautiful young woman whom he marries and has three sons with.
When Bjorn departs for Sweden with his children, his wife is left behind in a state of despair. In an attempt to cope with her pain, she marries her counselor and has three more sons. When a co-incidental meeting between her sister and a stranger leads to a trace of her three sons in Sweden, the family is reunited and embarks on a journey that will leave you captivated. This emotionally-charged story of pain, forgiveness, and faith is highly recommended reading.
Mamma, ek stuur vir jou ’n Namakwalandseduif, dit is hier waar ek van haar stil liefde sal onthou soos die engelvlerke waarmee sy nou vlieg.