Reënboë en skatte

R189.00

Maak gereed vir ’n wêreld vol pret, kleur en verbeelding! Reënboë en Skatte is ’n heerlike versameling stories waar eendjies kan praat, hasies wegkruip, kryte lewe kry en sneeumanne snaakse wense het.
Elke storie is propvol avontuur, lag en klein verrassings wat jou laat wonder… wat gaan volgende gebeur? Tussen al die pret skuil daar ook kosbare skatte—lesse oor vriendskap, omgee, dapper wees en om altyd in jouself te glo.
Of jy nou self lees of saam met iemand spesiaal kuier, hierdie boek is die perfekte maatjie vir storietyd!
Kom saam op ’n kleurvolle reis… jy weet nooit watter skat jy gaan ontdek nie!

Twee prinsesse met ‘n plan

R109.00

Hierdie avontuur begin hoog in die berge van Lesotho, waar ’n koppige koning, ’n dapper prinses en ’n groot geheim alles op sy kop keer. Aspoestertjie wil net ’n gewone tiener wees, maar haar hart behoort aan Drommelswaer – die seun wat haar pa as onwaardig beskou. Wanneer hy in die tronk beland en sy verban word, lyk alles verlore … tot sy die ewe rebelse prinses, Sneeuwitjie, ontmoet.
Saam waag hulle dit teen reëls, krone en grootmense se foute – en ontdek dat moed soms beteken om jou kroon af te haal en jou hart te volg.
Twee prinsesse. Een waaghalsige plan. ’n Mandjie “oogappels” en ’n gewaagde ontsnapping is ’n storie oor vriendskap, liefde en om vir die regte ding op te staan – selfs al is jy net dertien.

Klankeboekie vir graad 3

R119.00

Klankeboekie vir Graad 3 neem jong lesers op ’n prettige taalreis waar woorde lewe kry. Deur kort, kleurvolle stories ontdek kinders hoe klanke werk en hoe woorde gevorm word. Elke bladsy fokus op ’n spesifieke klank, met herkenbare situasies en speelse taal wat lees begrip en selfvertroue bou.

Van ’n visarend tot ’n stout boetie en ’n slim slang – hierdie boek maak leer lekker en betekenisvol. Dit help kinders om klanke raak te sien, woorde te herken en hul leesvaardighede stap vir stap te versterk.

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Brimming Buckets

Price range: R99.00 through R179.00

Brimming Buckets is a heartfelt collection of inspirational Christian poetry that invites readers on a refreshing spiritual journey. Through gentle verses and vivid imagery, Johanita Viljoen beautifully reflects on faith, hope, love, nature, and the overlooked blessings of everyday life.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Op ‘n dag soos vandag

Price range: R79.00 through R129.00

Op ’n dag soos vandag is ’n digbundel wat die leser neem op ’n reis deur die alledaagse — van liefde, verlies en geloof tot humor, herinneringe en innerlike stryd. Met eerlike woorde en beeldryke taal raak elke gedig aan die hart van menswees en die klein oomblikke wat ons vorm. Die verse wissel tussen diep nadenke en ligte nostalgie, terwyl temas soos hoop, genade, identiteit en herstel soos ’n goue draad deur die bundel loop. Hierdie bundel nooi jou om stil te raak, te voel, te onthou en weer te glo dat selfs gewone dae betekenis dra.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Byt van die Bloedhond

Price range: R129.00 through R319.00

’n Vliegramp skeur ’n familie uitmekaar… maar die waarheid bly nie begrawe nie. Toe Aziz Fahri nog net drie jaar oud was, is hy van sy ma geskei en in pleegsorg geplaas—’n besluit wat sy lewe vir altyd sou verander. Jare later, wanneer ’n vliegtuig kort ná opstyg neerstort, word ou wonde oopgeruk en geheime begin stadig ontvou. Terwyl Aziz sy plek in die wêreld probeer vind, begin leidrade na sy verlede na vore kom—leidrade wat wys dat niks was soos dit gelyk het nie. Liefde, verraad en oorlewing vleg saam in ’n verhaal waar elke keuse ’n prys het. Wie kan jy vertrou as die mense naaste aan jou die grootste geheime dra? Byt van die Bloedhond is ’n aangrypende aksie-thriller oor verlies, identiteit en die onkeerbare krag van waarheid.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Stories vir lewensvaardigheid graad 4 tot 7

R139.00

Stories vir Lewensvaardighede – Graad 4–7
Kinders beleef elke dag nuwe situasies waar hulle moet leer om goeie keuses te maak. In hierdie versameling kort, toeganklike stories neem Juffrou Andri Roeder jong lesers op ’n reis deur alledaagse ervarings – van vriendskap en respek tot eerlikheid, gesonde gewoontes en verantwoordelikheid.

Elke storie bied ’n eenvoudige maar betekenisvolle les wat kinders help om oor hul eie gedrag en keuses na te dink. Met vrae soos “Wat leer ons uit hierdie storie?” en “Dink en gesels” word leerders aangemoedig om saam te praat, te dink en nuwe perspektiewe te ontdek.

Hierdie boek is ideaal vir gebruik in die Lewensvaardighede-klaskamer, maar ook vir ouers wat saam met hul kinders oor belangrike waardes wil gesels.

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tussen verlies en asemhaal

Price range: R99.00 through R189.00

Tussen Verlies en Asemhaal is nie ’n mooi storie met netjiese antwoorde nie. Dis ’n rou, eerlike reis deur geweld, verwerping, stilte, liefde, verslawing en die diep verlange om net êrens te behoort. Daniel Pretorius vertel van ’n lewe vol rondswerf, wegkruip en probeer oorleef in ’n wêreld wat hom dikwels laat voel het hy is verkeerd. Van ’n seun wat moes leer om sy eie asem terug te vind tussen trauma, geheimhouding en verlies. Dis ’n verhaal van: gebroke families, verbode liefde, Hillbrow se lig en donker, die letsels van woede, en die klein, hardnekkige hoop wat nooit heeltemal doodgaan nie. Brutaal eerlik. Soms seer, maar altyd menslik. Want selfs tussen verlies … bly ’n mens asemhaal.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Liefste perskedief (Grootdruk)

R309.00

Anika Herbst is die sonstraal van Geluksdal – vrolik, spontaan en altyd gereed vir ‘n nuwe avontuur. Ná ‘n droomvakansie keer sy terug huis toe, net om haarself binne ure in die grootste moeilikheid denkbaar te bevind: ‘n val uit ‘n perskeboom, ‘n verstuite enkel, en ‘n onverwagte botsing met haar nuwe buurman. Jos Joubert het na Geluksdal gekom om sy verlede agter te laat. As die nuwe skoolhoof probeer hy orde in sy lewe herstel, maar niks kon hom voorberei op die vurige rooikop wat sy rustige bestaan op sy kop gaan keer nie. Tussen misverstande, skerp woordewisselings, ‘n klein seuntjie met ‘n kettie en ‘n dorp wat graag inmeng, groei daar stadig iets wat geen van hulle verwag het nie. Maar kan twee mense wat so verskillend is, leer om mekaar se harte te vertrou? Liefste Perskedief is ‘n hartroerende liefdesverhaal vol humor, warmte, tweede kanse en karakters wat jou hart sal steel.

 

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Skoonlief en die rockster (Grootdruk)

R189.00

Heinrich Malan, beter bekend as die berugte rockster Lincoln Ray, is gewoond aan die kollig, skandale en die onophoudelike aandag van aanhangers. Wanneer hy gedwing word om as gaskunstenaar by die gesogte Mejuffrou Ultima-kompetisie op te tree, verwag hy ‘n week vol oppervlakkigheid en irritasie. Andolene Myburgh is alles behalwe die tipiese skoonheidskoningin. As joernalis en boekliefhebber neem sy slegs deel aan die kompetisie omdat haar tweelingsuster haar oorreed het. Sy verlang na stilte, eenvoud en haar gewone lewe. Wanneer hulle paaie onverwags kruis langs ‘n rustige stroompie, ontdek hulle albei dat eerste indrukke gevaarlik misleidend kan wees. Agter die wilde rockster skuil ‘n man met ‘n sagte hart, en agter die rooikop skoonheid ‘n vrou wat weier om deur voorkoms alleen beoordeel te word. Maar kan liefde blom wanneer die wêreld voortdurend kyk, oordeel en inmeng? Of sal roem, geheime en verskillende lewens hulle uitmekaar dwing voordat hul verhaal werklik kan begin? ‘n Hartroerende liefdesverhaal vol romanse, humor, musiek en onverwagte tweede kanse.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Droomstories uit die Towerbos

R299.00

Welkom in Towerbos – ’n betowerende plek waar elke aand ’n nuwe droom begin. In hierdie warm en hartroerende versameling stories ontmoet jy dapper vlermuise, vriendelike engele, vrolike muise, slim seesterre en baie ander wonderlike karakters wat die nag vol magie maak. Elke storie neem jong lesers op ’n sagte avontuur vol vriendskap, moed en hoop. Soms leer ’n klein vuurvliegie hoe om ’n lig in die donker te wees. Soms ontdek ’n hasie dat ware wonders in nuwe vriendskappe lê. En soms wys ’n tandmuis of ’n klein bytjie dat selfs die kleinste helde ’n groot verskil kan maak. Droomstories uit Towerbos is perfek vir slaaptyd-stories wat hartjies rustig maak, verbeelding laat vlieg en kinders herinner dat hulle kosbaar, veilig en geliefd is. Maak jou ogies sag toe, luister na die fluistering van die bos … en laat die droomavonture begin.

As maskers val (Grootdruk)

R289.00

Toe joernalis Eloise Roos na Gansbaai gestuur word om gerugte van perlemoensmokkelary rondom die magtige sakeman Justin Hudson te ondersoek, verwag sy ’n gevaarlike storie — nie ’n man soos Matthew Hudson nie. Onder die dekmantel van ’n biografieprojek kry Eloise toegang tot die Hudson-huis, waar luuksheid, invloed en geheime agter elke glimlag skuil. Hoe langer sy daar bly, hoe moeiliker raak dit om waarheid van voorgee te onderskei. Want alles dui daarop dat iets donker onder die oppervlak broei. Terwyl haar hart haar in een rigting trek en haar instinkte in ’n ander, besef Eloise dat sy nie net ’n storie ondersoek nie — sy stap reguit in die middel van ’n web van leuens, gevaar en verborgenheid in. Wanneer maskers begin val, is die waarheid gevaarliker as wat sy ooit kon dink … en die prys daarvan dalk haar hart.

Paradys (Grootdruk)

R299.00

Riccardo Caselli is in ’n ernstige geloofstryd gewikkel na die dood van sy verloofde ’n jaar gelede. Hy dink daaraan om te bedank, maar sy medeleraar – ook sy beste vriend – praat hom om om Paradys toe te gaan en in te staan vir die predikant wat in die hospitaal is na ’n hartaanval. Teen sy sin stem Riccardo in, maar raak tog betrokke by Paradys se mense. Die mooie Berné Krige, wie se hande vir niks verkeerd staan nie, kruip sommer gou onder sy vel in. Hy loop hom ook vas in Berné se jonger suster, Jeandri, met haar bont hare, skokkende kleredrag en swak taalgebruik wat níks reg wíl doen nie. Al word hy gewaarsku om nie betrokke te raak by Paradys se swartskaap en moeilikheidmaker nie, kom hy gou agter; onder daardie rebelse dop is ’n mens waarvan niemand in Paradys weet nie. Nadat Jeandri in ’n ongeluk was, laai Riccardo haar af by tant Fina – Paradys se kluisenaar wat predikante háát. Kan Riccardo Vir Jeandri hervorm sodat sy aanvaarbaar sal wees vir Paradys? En sal hy tant Fina kan oortuig dat alle predikante nie dieselfde is nie? Ferdinand se hulp word ingeroep, maar Ferdinand verloor sy hart op die beeldskone Cinelle de Groen. Hoe kan daar ooit ’n gelukkige einde wees wanneer Berné besef dat Cinelle die suster is wie sy so haat en dat sy vir Riccardo gaan verloor?

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sterrevegters Boek 7 Die oorlog

Price range: R109.00 through R229.00

Boek 7 is die laaste boek van die Sterrevegters-reeks. Terwyl oorlogswonde nog vars brand, bots lojaliteit, vrees, liefde en lotsbestemming in ’n avontuur vol gevaarlike planete, geheimsinnige magte en asemrowende sterrereise. Caydor, Serilda en Roald ontvang ’n opdrag wat alles verander: Beskerm die kinders, vertrou die magte … en bring Arnikin terug. Arnikin vind uit hy het drielingseuns, wat elkeen die mag-Rommozor beskik. Hy probeer Balanka oortuig om die driejarige seuns as Magkrygers op te lei, maar sy weier. Nadat Arnikin die dood veroorsaak het van een van die seuns, vlug Balanka met die ander twee seuns. Ver verby die bekende sterrestelsels, na die gevaarlike Kaiyatorra planetoïede-gordel, waar hulle buite bereik van Arnikin en die Donkermag sal wees. Maar kan iemand wat deur die Donkermag gevorm is ooit werklik vry wees?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Lang pad na selfaanvaarding

Price range: R109.00 through R249.00

Lang pad na selfaanvaarding is ’n eerlike en diep persoonlike reis deur ’n lewe vol vrae, seer, geloof en uiteindelike hoop. Van ’n moeilike begin by geboorte, ’n kinderjare van eensaamheid en die voortdurende soeke na aanvaarding, tot die uitdagings van volwassenheid en die emosionele storms wat die lewe bring – hierdie verhaal neem die leser saam op ’n pad van selfontdekking. Teen die agtergrond van ’n veranderende wêreld en persoonlike krisisse, leer Ellibet om haar eie stem te vind en die stilte rondom innerlike stryd te verbreek. Met eerlikheid, humor en geloof deel sy haar verhaal sodat ander kan weet: jy is nie alleen nie. Hierdie boek is vir elkeen wat al ooit gewonder het of hulle goed genoeg is – en wat die moed soek om hul eie waarde te ontdek. Soms begin genesing eenvoudig met die eerste stap op ’n lang pad na selfaanvaarding.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Bakhandstories

R209.00

Bakhandstories is ‘n versameling van gedigte, kort stories en satires van vier skrywers wat jou neem op ‘n kreatiewe Damakustog deur die hoogtes en pleine van die menslike psige. Hulle pluk sterre uit die kosmos en wys die leser die omvangrykheid van die mens se denkvermoë, selfs verby ruimte en tyd. Die skrywer neem jou op ‘n binne-menslike epiese tog van liefhê, verlies, donker, lig en lag, want dis deel van lewe. Op selfsoortgelyke wyse as die Skepper, poog die skrywers om die leser in te trek in ‘n wêreld van orde en chaos en aan te moedig om die balans te vind tussen hierdie twee fundamentele prinsiepe van ons menslike realiteit.

1 3 4 5 30