Sara Seekat

R189.00

O, nee! Iets vreesliks is aan die gebeur in die see! Bottels, blikkies, vislyne en selfs motorbande dryf oral rond. Die
see is siek – dis die groot SB-epidemie! Gelukkig is Sara Seekat en haar beste maat Sanna nie bang vir ’n bietjie
avontuur nie. Wanneer diere siek, vasgekeer en hartseer by die seehospitaal aankom, besluit die twee vriendinne: genoeg
is genoeg! Hulle maak ’n dapper plan om al die rommel uit die see te kry – en om dit sommer reg by die mense terug te
besorg! Want hoekom moet seediere ly oor mense se morsigheid? Kom duik saam met Sara en Sanna deur borrels, seewier en
golwe vol opwinding. Ontdek hoe klein seekatte ’n groot verskil kan maak en leer hoekom dit so belangrik is om ons
planeet skoon te hou…

Slim word in die groot skool

R209.00

Kom saam met Nelis Haas en sy beste maat, Arrie Skilpad, wanneer hulle hul eerste jaar in die wonderlike woudskool
aanpak. Hier leer hulle nie net lees, skryf en somme doen nie – o nee! Hulle ontmoet pratende blare, ’n juffrou met ses
pote en vier vlerke, ’n miskruier wat hulle uit ’n moeilike situasie red, en ’n verkleurmannetjie wat dalk net ’n
bietjie té gretig is om sy kultoertjie te wys. En dan is daar natuurlik die geheimsinnige klip … waarin iets roer …
Iets baie oud … en baie honger! Maar nie alles is altyd maklik nie …

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Reisigers na Eergister

Price range: R99.00 through R199.00

Toe die Van Rensburg-gesin vir ’n rustige vakansie na Egipte vertrek, het hulle nooit kon droom dat hulle deur ’n
geheimsinnige tydgleuf na 2000 v.C. sou reis nie. Skielik bevind hulle hulself tussen Farao’s, konings en priesters –
in ’n wêreld waar magie en gevaar hand aan hand gaan. Wat begin as ’n familie-avontuur, verander in ’n stryd om
oorlewing én om die verlede self te verstaan. Wanneer die jong Zoë die lewe van die Farao red, verander die gesin se
lot onherroeplik. Maar tussen intriges, siektes en ’n vreemde profetiese kat, ontdek hulle dat hulle dalk met rede na
hierdie tyd gestuur is. Sal hulle hul pad terug na hul eie eeu vind – of bly hulle vasgevang in die raaisel van
eergister?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 4

Price range: R59.00 through R199.00

Welkom by Professor Tentaklus en Die Inkvisklub – die wildste, snaaksste en mees tentakel-tastiese klub onder die son!
Hier is elke dag ’n avontuur: van visdamreddings en melkskommel-oorloë tot broccoli-ontploffings en geheime
Tsunami-planne. Michie, Chelly, Jors en Marries – saam met die briljante maar soms dramatiese Professor Tentaklus en
natuurlik OumaRi – wys jou dat die lewe nooit vervelig is as jy dapper genoeg is om te lag, te droom en soms ‘n bietjie
te mors nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 3

Price range: R79.00 through R199.00

Welkom terug by die Inkvisklub, waar tentakels, koekies en planne altyd deurmekaar raak! In hierdie derde avontuur leer
Jors, Michie, Marries, Chelly, en selfs Peanut, dat die lewe vol verrassings is: van sout-muffins wat soos ’n
wetenskap-eksperiment smaak, tot geheime dagboeke, prinsesplanne en jakkalsmaskerpieknieke onder die sterre. . Maar dis
nie net chaos en giggel nie – saam met Professor Tentaklus, die inkvis met ’n bril en ’n hart (dalk drie!), ontdek die
klub hoe klein woorde soos “asseblief” en “dankie” magiese kragte het, hoe vriendelikheid soos ’n vuurhoutjie ander se
harte aansteek, en hoe selfs ’n stilte-skool jou meer kan leer as ’n lawaaierige dag…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 2

Price range: R69.00 through R199.00

Welkom terug by Olienhoutdam, waar ’n gewone dag vinniger ontspoor as ’n skilpad op ’n skaatsplank! Jors, Marries,
Michie en Chelly dink hulle is slim genoeg om die Inkvisklub rustig aan die gang te hou … maar met Professor Tentaklus,
die wêreld se mees praatgierige inkvis, is “rustig” ’n woord wat sommer uit die woordeboek geskrap kan word. Hier wag
geheimsinnige briefies, eksperimente wat ontplof en ’n nuwe klomp geheime wat net wag om oopgekrap te word…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 1

Price range: R79.00 through R199.00

Welkom by Olienhoutdam, waar NIKS ooit normaal is nie! Hier verdwyn sokkies in geheimsinnige wasmasjiene, skilpaaie hou
toesig oor vuil borde, en ’n inkvis met ’n professor-graad verskyn sommer skielik op OumaRi se vensterbank. Wanneer
Jors, Marries, Michie en Chelly by hulle ouma gaan kuier, is daar nooit stilte nie – net planne, ploffende
pannekoekwedstryde, spookstoepstories en ’n roomys-reënboog of twee…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Geheim van die Kinders van die Maan

R169.00

“Geheim van die Kinders van die Maan” beskryf die avonture wat die Pretorius-gesin beleef na `n vliegtuigongeluk wat hulle weerloos in die diepe Kalahariwoestyn laat. Op hulle soeke na hulp vir hulle beseerde vader, word die twee Pretorius tieners deur die San gered en hulle ondervind die fassineerende lewenswyse en geheime van hierdie merkwaardige volk en die unieke wyse wat hulle met die natuur saamleef. Verder, beskryf die boek die opwindende gebeure en gevare wat die kinders moes trotseer, hoe hulle deur barbare ontvoer is, hoe hulle `n skatkamer ontdek het en ook hoe hulle op verrasende wyse ontsnap het en gered is. Die boek verskaf, deurgans, prikkelende, heilsame maar ook leersame leesstof wat beide ons jonger tiener seuns en dogters sal geniet.

 

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Towergrot

Price range: R59.00 through R119.00

Boelie en Fransie is twee dapper boeties wat by hulle ouma in ’n klein huisie in die woud bly. Hulle moet vir Ouma medisyne by die dokter gaan haal. Maar ai, as jy nie luister nie, kan daar snaakse dinge gebeur! Voor hulle kan sê “hoenderhok”, dwaal hulle van die pad af en beland sommer reguit in ’n grillerige grot … saam met ’n snaakse, honger monster!

Kan hulle slim planne maak om te ontsnap? Sal hulle ooit weer by Ouma uitkom? En wat op aarde het rooipeper, ’n spinnekop en ’n towerboek daarmee te doen?

Die Towergrot is ’n prettige, spanningsvolle avontuur vol towerkrag, dapper planne en hope lag en opwinding! Kom stap saam deur die mistige woud en ontdek dat slimkoppe en dapper harte altyd wen!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Avonture van Katlina

Price range: R59.00 through R159.00

Maak gereed om saam met Katlina die wêreld van die buitengewone te betree

In hierdie unieke versameling van 14 kortverhale volg ons die avonture van Katlina n pikswart kat met geheime vermoëns en ‘n hart vol wysheid. Saam met haar jong metgesel, Klaas, betree hulle n wêreld vol raaisels, vriendskappe, boelies, geheime grotte en selfs ‘n begraafplaas met ‘n diep verborgen waarheid. Katlina is nie sommer net ‘n troeteldier nie sy kan spel, tel, tik en selfs die diepste emosies aanvoel. Elke storie neem jong lesers op n reis van ontdekking, empatie en die mag van onwaarskynlike vriendskap.

Hierdie boek is ideaal vir kinders n jongmense wat hou van avontuur, misterie en karakters wat die hart aanraak.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hunty Book 4 Operation Vipers

Price range: R99.00 through R259.00

Buckle up and get ready for another adrenaline-pumping adventure with *Operation Viper*, the fourth installment in Steve Murray’s The Boy Jet Fighter Pilot series. If you’ve been following Michael and his fearless aviation-mad family, this book takes the excitement to new heights—literally! In true Murray fashion, Operation Viper blends adventure, heart, and a love for flying into a story that’s hard to put down. It’s a must-read for young readers with big dreams and a thirst for action. Fasten your seatbelt—this mission is one wild, exhilarating flight!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Chuckey en Vriende Boek 2

Price range: R55.00 through R129.00

Op ’n dag gaan Struisie en sy maats – Donsie, Chuckey, Dirkie en Prins William, vir ’n stap langs die rivier. Donsie waag dit in die water, maar beland in groot moeilikheid! Paniek slaan toe … wie kan Donsie help?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ek is slimmer

Price range: R59.00 through R139.00

Krisjan Kriek dink hy’s slim, maar Sebastiaan Slang glo niemand kan by hom kers vashou nie! Die twee hou mal weddenskappe – van wegkruipertjie in die huis tot ’n gomvalletjie-speletjie wat heeltemal skeefloop. Selfs die kuikens en muise raak betrokke wanneer Sebastiaan onverwags ’n kuikentjie red! Wie is regtig die slimste op die plaas? Kan hierdie twee teëstanders dalk vriende word? ’n Heerlike storie vol streke, avontuur en pret wat jou laat lag en jou hart warm maak!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

My Klankeboekie 1

R109.00

Andri Roeder is ‘n gekwalifiseerde Voorskoolse en Graad R onderwyseres, met ondervinding in grondslagfase onderrig. Die aanleer van klanke vorm ‘n belangrike grondslag in leesvaardigheid. Deur hierdie boekie kry die grondslagfase leerling die geleentheid om sy leesvaardigheid te vorm en verbeter. Daarmee saam het elke kort klanke storietjie ook ‘n inkleurprentjie vir ekstra genot.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Teach your kid Maths (ages 4-6)

R139.00

Sy het ‘n facebook blad “Teach Your Kid” waar sy gevolg kan word. Haar liefde vir kinders en haar groot verbeelding is ‘n kombinasie wat talle kinderstories tot gevolg gehad het.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 2 5