Vrolike versie-alfabet
Price range: R59.00 through R129.00So speel-speel leer kindertjies die alfabet, van A tot by die zebra Z, met soveel hope pret, die basis van ons taal, so leer ons die kleinspan die alfabet.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

So speel-speel leer kindertjies die alfabet, van A tot by die zebra Z, met soveel hope pret, die basis van ons taal, so leer ons die kleinspan die alfabet.
Op die plaas sorg drie hane vir groot opwinding, veral die wit haan wat sommer gou baklei. Iemand sien sy humeur en besluit om pret te hê – maar hoekom skrik Haan so vir ’n hemp op die gras? Intussen wil Dollie gaan swem sonder om na Ouma of Haan te luister – gaan sy haar les leer voor sy in die moeilikheid beland? En hoekom raas die alarm elke oggend so vreeslik? Ron en Rudie gaan ondersoek instel … as hulle dapper genoeg is!
Op ’n dag gaan Struisie en sy maats – Donsie, Chuckey, Dirkie en Prins William, vir ’n stap langs die rivier. Donsie waag dit in die water, maar beland in groot moeilikheid! Paniek slaan toe … wie kan Donsie help?
Prins William en die Affêre met die Bye is ‘n storie oor Prins William die Kalf, Chuckey die Boerbok, Donsie die Gans, Dirkie die Donkie en Struisie die Volstruis. Chuckey wil graag die nuwe inwoners op die plaas verwelkom, en sy vriende stap saam met hom. Chuckey kry ‘n blink plan om vir die volstruise ‘n geskenk te vat. Dit lei tot ‘n noue ontkoming met bye. Hulle vlug net betyds, maar arme Prins William is nie so gelukkig nie. Kom kuier saam met Chuckey en sy vriende en sien wat met Prins William gebeur. Kon hulle dit regkry om die geskenk aan die volstruise te gee, of was al die moeite tevergeefs?
Maats, kom deel in Xandri se atletiek-avonture en gaan saam met haar op haar avontuur-reis en leer ‘n waardevolle les om vreemdelinge nie te vertrou nie. Maak saam met haar nuwe maats met Sepie die seeperdjie en Dolfie die dolfyn wat haar red uit die monster-tande van Herman Haai.
Kom kleur jou verbeelding in met stories wat jy sal onthou.
Klankeboekie vir Graad 3 neem jong lesers op ’n prettige taalreis waar woorde lewe kry. Deur kort, kleurvolle stories ontdek kinders hoe klanke werk en hoe woorde gevorm word. Elke bladsy fokus op ’n spesifieke klank, met herkenbare situasies en speelse taal wat lees begrip en selfvertroue bou.
Van ’n visarend tot ’n stout boetie en ’n slim slang – hierdie boek maak leer lekker en betekenisvol. Dit help kinders om klanke raak te sien, woorde te herken en hul leesvaardighede stap vir stap te versterk.
KOM SPEEL SAAM OUMA! is ’n kinderboekie saamgevat met al die pret en lekker speletjies wat ek as ouma saam met my vier kleinkinders kan geniet.
Om ’n ouma te wees, is ’n groot VOORREG en ’n HEERLIKE ervaring. Aan die Here spreek ek my dank uit vir goeie gesondheid om hierdie kosbare speeltyd en hul kinderlike opgewondenheid met hulle te deel.
Met hierdie boekie wil Tina Jooné graag vir elke kind met ‘n gestremdheid ‘n waardevolle les of twee gee. Hulle te motiveer om nooit moed op te gee nie, maar om te steun op familie en vriende. Daar is so baie manière om die lewe vir jouself makliker te maak. Leef elke dag voluit, moenie wegkruip nie en hou aan droom. As jy kan droom…kan jy enige iets doen!
Boelie en Fransie is twee dapper boeties wat by hulle ouma in ’n klein huisie in die woud bly. Hulle moet vir Ouma medisyne by die dokter gaan haal. Maar ai, as jy nie luister nie, kan daar snaakse dinge gebeur! Voor hulle kan sê “hoenderhok”, dwaal hulle van die pad af en beland sommer reguit in ’n grillerige grot … saam met ’n snaakse, honger monster!
Kan hulle slim planne maak om te ontsnap? Sal hulle ooit weer by Ouma uitkom? En wat op aarde het rooipeper, ’n spinnekop en ’n towerboek daarmee te doen?
Die Towergrot is ’n prettige, spanningsvolle avontuur vol towerkrag, dapper planne en hope lag en opwinding! Kom stap saam deur die mistige woud en ontdek dat slimkoppe en dapper harte altyd wen!
Tekkie en Skoen raak moeg om net heeltyd in ’n donker kas te lê en besluit dit is tyd vir ’n bietjie avontuur. Na smeekbede aan Veter om vir hulle die kas oop te sluit, glip hulle by die voordeur uit.
Hulle besluit om na die park te gaan. Onderweg ontmoet hulle Sandaal, wat hulle waarsku om versigtig te wees.
By die park ontmoet hulle ’n man genaamd Stewels, wat hulle na sy huis nooi vir tee en gemmerkoekies. Stewels lyk heel gaaf en hulle loop saam met hom na sy huis toe. Maar, o wee! Stewels het toe duistere planne met arme Tekkie en Skoen.
Wat wil Stewels met Tekkie en Skoen doen en gaan Gom, Naald en Gare dit regkry om die twee te help ontsnap uit die donker kamer vol stukkende skoene?
Hierdie avontuur begin hoog in die berge van Lesotho, waar ’n koppige koning, ’n dapper prinses en ’n groot geheim alles op sy kop keer. Aspoestertjie wil net ’n gewone tiener wees, maar haar hart behoort aan Drommelswaer – die seun wat haar pa as onwaardig beskou. Wanneer hy in die tronk beland en sy verban word, lyk alles verlore … tot sy die ewe rebelse prinses, Sneeuwitjie, ontmoet.
Saam waag hulle dit teen reëls, krone en grootmense se foute – en ontdek dat moed soms beteken om jou kroon af te haal en jou hart te volg.
Twee prinsesse. Een waaghalsige plan. ’n Mandjie “oogappels” en ’n gewaagde ontsnapping is ’n storie oor vriendskap, liefde en om vir die regte ding op te staan – selfs al is jy net dertien.
Kobus Minnie neem die jongspan op reis deur hierdie boekie met van ons ou gunsteling-sprokies Rooikappie en die wolf en ander verhale. In Rooikappie en Wolf word kinders geleer van gehoorsaamheid.Die lekker lewe by die dam leer kinders om nie te mors nie, elke storie het les te leer.
Kom saam met Kobus Minnie op ‘n verbeeldingstog vandag.
Kinders groei speel-speel op en ons as ouers moet rym en vers gebruik om die kind te stimuleer tot ryke woordeskat en kreatiwiteit. Elna van Zyl bring in hierdie boekie Rympies vir Klein Duimpies kleuterpret soos min.