EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ek is Piet

Price range: R99.00 through R279.00

Wie is Piet? Vir die meeste mense is hy net nóg ’n boemelaar – vuil, mank en sonder ’n adres. Mense kyk weg, trek hul neuse op en stap vinniger verby. Niemand vra vrae nie. Niemand wil sy storie hoor nie. Maar elke mens dra ’n verlede saam. Terwyl Piet sukkel om met ’n besmette wond, honger en vernedering te oorleef, ontvou daar stadig ’n verhaal van verlore drome, gebroke verhoudings en keuses wat ’n lewe onherroeplik verander het. Die wêreld sien net die man langs die straat, maar agter die vuil baard en verslete klere skuil ’n mens met ’n naam, ’n geskiedenis…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Gister is Verby (Oudio Boek)

R105.00

Hierdie verhaal van verlossing en transformasie is ‘n aangrypende verhaal van hoe die krag van liefde en hoop die grootste tragedies kan oorwin. Anneke Bester is ‘n ma en gelukkige vrou wie se lewe vir altyd verander word wanneer haar gesin in ‘n wrede motorongeluk van haar weggeneem word.

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Stemme uit ʼn Vervloë Verlede

Price range: R109.00 through R309.00

Elsa de Waal dra al jare lank aan ’n geheim – die storie van haar man, Henk, die arm bywonerseun uit Suidwes wat deur swaarkry, vernedering en oorlog moes veg om sy plek in die lewe te vind. Sy liefde vir Elsa was sy redding, maar ook sy ondergang. Nou, aan die einde van haar lewe, weet Elsa sy kan nie sterf sonder om die waarheid oor Henk te vertel nie – oor hoe verkeerde keuses sy lewe gekos het. Wanneer die jong skrywer Jasper Muller uiteindelik instem om haar dagboeke te lees, word hy onherroeplik ingetrek in Henk en Elsa se lewens – twee mense vasgevang tussen liefde en plig, skuld en vergifnis.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

The Silver Bracelet

Price range: R119.00 through R299.00

Spanning centuries and continents, ‘The Silver Bracelet’ is a gripping historical saga of one South African family’s enduring courage, secrets, and sacrifice. From the battlefields of Isandlwana and Delville Wood to covert missions and supernatural encounters, the Paul Adendorff bloodline carries a mysterious heirloom, an ancient Zulu bracelet that binds generations in destiny and danger.

As young Junior begins to uncover the truth behind his family’s past, he is drawn into a legacy far older and more powerful than he imagined. Haunted by war, guided by ancestral spirits, and pursued by those who would kill to unlock the bracelet’s secrets, the Pauls must fight to protect what is theirs.

Rich in South African history, infused with mysticism, and brimming with action, ‘The Silver Bracelet’ is a powerful tale of honour, family, and the unseen forces that shape our lives.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Oupa, dis Donker

Price range: R129.00 through R319.00

Giel Woest, ’n voormalige skoolhoof, word valslik van verkragting beskuldig deur sy kleindogter, Christelle, en vervreem van sy familie. Ná sy tronkstraf verdwyn hy na Port St Johns, waar hy ’n wese, Inge, uit die see red. Terwyl hy vir haar sorg, begin sy dogter Petro vermoed dat Christelle gelieg het en gaan soek na haar pa. Hierdie aangrypende verhaal handel oor skuld, vergifnis, gesinsvervreemding en die soeke na heling—én oor ’n kind wat dalk vir Giel ’n tweede kans op liefde bied.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die pad oor kleinbegin

Price range: R149.00 through R399.00

Dan is daar Elma Theron, die onderwyseres. Gaan dit Pierre wees, of dalk Dawie? En wat sê Yolande daarvan? En waar pas Leon Brits, die jong landboustudent en Yolande se eintlike vriend, in die prentjie? Maar baie belangrik; wie is Eleanor?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wentelwinde

Price range: R149.00 through R379.00

Februarie 1962. n Jong man klim op n trein by Otjiwarongo met n le beursie, n kop vol vrae en n hart swaar van keuses. Hennie Jones is vasgevang tussen die dorre spore van Rooiplaat en die onbekende strate van Pretoria. Dis n tyd van oorgang, van hoop n van opoffering. Is drome genoeg om te ontsnap aan armoede en onkunde? Kan n mens loskom van jou verlede of neem jy dit saam, verpak tussen padkos en beloftes? Terwyl die trein suidwaarts kreun, wentel Hennie se gedagtes om wat was, wat is, en wat moontlik nog kan wees. Onder die oppervlak broei groter waarhede oor identiteit, herkoms en menswaardigheid in n land wat self op n kruispad staan. Wentelwinde is n roerende verhaal van afskeid en aankoms, van innerlike stryd en vasberadenheid. Met sy ryk beeldspraak en genuanseerde karaktertekening bring Hennie Jones n eerlike blik op jongwees, drome en die swaarte van keuses in n veranderende wêreld.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hartbeeshuisie op ‘n plaas in Afrika (Groot Druk)

R349.00

Afrika, wild en ongetem, ’n volk se soeke na vrede in ’n land duur gekoop met bloed en swaarkry. Vanaf die eerste
sweepslag van die Groot Trek, die vrees onder net ’n tentseiltjie in die donker nag met die geluide van dawerende
voetvalle van die Zoeloe-impis. Klein mensies, nog nie eers gelewe nie, aan die voete gevat en met een swaai teen die
wawiel geslaan. Met dowwe geluid van skedels wat bars…

1 2