Die avontiere van Kerneels Fourie

R199.00

Ontmoet Kerneels Fourie – ’n klein hondjie met ’n groot persoonlikheid en nog groter avonture! Van sy eerste dag in sy nuwe huis tot sy snaakse ontmoetings met Chappieskat, die “koel ouers” en ’n wêreld vol vreemde mense-goeters, vertel Kerneels sy storie op sy eie unieke manier. Met sy skewekop-kyk, snaakse redenasies en onweerstaanbare eerlikheid, neem hy lesers saam op ’n reis vol lag, chaos en liefde. Maar wees gewaarsku – hierdie is nie ’n gewone storie nie. Dis vertel in egte hondetaal, waar alles nét ’n bietjie anders klink en baie meer pret is! Tussen modder-avonture, dam-uitstappies en klein stoutighede leer Kerneels ook wat dit beteken om deel van ’n familie te wees. ’n Hartroerende en skreeusnaakse storie wat wys: Soms sien ’n hond die wêreld baie beter as mense.

Die dassies van Mosselbaai

R229.00

Welkom by die sonwarm rotse van Mosselbaai, waar die klein dassies groot avonture beleef! Ontmoet vir Jan Dassie – ’n dapper pappa wat alles sal doen om sy gesin veilig te hou. Saam met sy drie nuuskierige kleintjies, Sarel, Sannie en Hester, wag daar elke dag nuwe verrassings… en soms ’n bietjie gevaar ook! Van ’n skrikwekkende ontmoeting met ’n groot haai, tot ’n hartroerende les oor vriendskap wanneer ’n vreemde hasie hul pad kruis – en selfs ’n seer tandjie wat ’n belangrike geheim oor gesondheid leer – elke storie is propvol avontuur, pret en wysheid. Die Dassies van Mosselbaai is ’n warm, liefdevolle versameling stories wat jong lesers sal laat lag, saam laat voel en sommer ook iets besonders leer oor omgee, moed en geloof. Kom speel saam … die dassies wag vir jou.

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 1

Price range: R79.00 through R199.00

Welkom by Olienhoutdam, waar NIKS ooit normaal is nie! Hier verdwyn sokkies in geheimsinnige wasmasjiene, skilpaaie hou
toesig oor vuil borde, en ’n inkvis met ’n professor-graad verskyn sommer skielik op OumaRi se vensterbank. Wanneer
Jors, Marries, Michie en Chelly by hulle ouma gaan kuier, is daar nooit stilte nie – net planne, ploffende
pannekoekwedstryde, spookstoepstories en ’n roomys-reënboog of twee…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 2

Price range: R69.00 through R199.00

Welkom terug by Olienhoutdam, waar ’n gewone dag vinniger ontspoor as ’n skilpad op ’n skaatsplank! Jors, Marries,
Michie en Chelly dink hulle is slim genoeg om die Inkvisklub rustig aan die gang te hou … maar met Professor Tentaklus,
die wêreld se mees praatgierige inkvis, is “rustig” ’n woord wat sommer uit die woordeboek geskrap kan word. Hier wag
geheimsinnige briefies, eksperimente wat ontplof en ’n nuwe klomp geheime wat net wag om oopgekrap te word…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 3

Price range: R79.00 through R199.00

Welkom terug by die Inkvisklub, waar tentakels, koekies en planne altyd deurmekaar raak! In hierdie derde avontuur leer
Jors, Michie, Marries, Chelly, en selfs Peanut, dat die lewe vol verrassings is: van sout-muffins wat soos ’n
wetenskap-eksperiment smaak, tot geheime dagboeke, prinsesplanne en jakkalsmaskerpieknieke onder die sterre. . Maar dis
nie net chaos en giggel nie – saam met Professor Tentaklus, die inkvis met ’n bril en ’n hart (dalk drie!), ontdek die
klub hoe klein woorde soos “asseblief” en “dankie” magiese kragte het, hoe vriendelikheid soos ’n vuurhoutjie ander se
harte aansteek, en hoe selfs ’n stilte-skool jou meer kan leer as ’n lawaaierige dag…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Inkvisklub Deel 4

Price range: R59.00 through R199.00

Welkom by Professor Tentaklus en Die Inkvisklub – die wildste, snaaksste en mees tentakel-tastiese klub onder die son!
Hier is elke dag ’n avontuur: van visdamreddings en melkskommel-oorloë tot broccoli-ontploffings en geheime
Tsunami-planne. Michie, Chelly, Jors en Marries – saam met die briljante maar soms dramatiese Professor Tentaklus en
natuurlik OumaRi – wys jou dat die lewe nooit vervelig is as jy dapper genoeg is om te lag, te droom en soms ‘n bietjie
te mors nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die kneg van Verbeeck Boerdery (Groot Druk)

R319.00

Tersia Vermeulen het ‘n droom: om ‘n volbloed-perdeboer te wees. As gekwalifiseerde veearts weier sy om agter ‘n
lessenaar vasgevang te word — sy vermom haarself as ‘n man en neem ‘n pos aan op die mees gesogte stoetery in die land.
Maar Kobus Verbeeck, die hardekwas eienaar, het geen liefde vir vroue op sy plaas nie, en glo nie dat hulle hul plek
tussen perde in die werf ken nie. Tog is Tersia vasberade om hom anders te wys. Te midde van stugte bevele, vurige
perde en verdagte oë, begin ‘n stille respek tussen die twee vorm. Sal Tersia se geheime haar ondergang wees, of sal
haar kennis en passie haar red?

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die laaste vlug

Price range: R79.00 through R159.00

Elri se wêreld het sewe maande gelede in vlamme opgegaan – saam met die Cessna wat haar man, Adriaan, en hul seun Luke se lewens geëis het. Nou bly sy en haar oorlewende tweelingseun, Jaco, agter in ‘n huis vol herinneringe en onuitgesproke pyn. Terwyl Jaco hom al hoe meer in homself onttrek, probeer Elri sin maak van haar eie verlies. Sy hou vas aan roetine, aan beheer, aan wat oor is. Totdat ‘n paar ontstellende groen oë haar pad kruis. Alex – haar ongeskikte, aantreklike buurman – dwing haar om weer te voel. Om weer te leef. Om dalk weer lief te hê. Maar hoe beweeg ‘n mens aan sonder skuld? Hoe maak jy jou hart oop as dit reeds gebreek is? En kan twee gebroke gesinne saam weer heel word?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die lag in jou oë (Groot Druk)

R179.00

Rita Botha vlug uit ’n verlede vol oordeel, stilte en seer, op soek na ’n nuwe begin. In ’n onbekende dorp, by ’n eenvoudige skool en in ’n klein tuinwoonstel, begin sy stadig weer asemhaal. Hier ontmoet sy mense wat haar nie ken vir wat ander oor haar gesê het nie, maar vir wie sy ís: ant Hartjie met haar oop hart, Pieter met sy stil krag, en vreemdelinge wat onverwags lig bring.   Terwyl Rita haarself stukkie vir stukkie herontdek, moet sy ook die spoke van haar verlede in die oë kyk – ’n huwelik wat haar gebreek het, ’n dogter wat haar verwerp, en ’n geloof wat as wapen gebruik is. Die lag in jou oë is ’n aangrypende verhaal van verlies en genesing, van tweede kanse en die moed om weer te leef. Soms begin vryheid met iets eenvoudig: om net weer te lag.

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Lewe en sy Skeure

Price range: R89.00 through R169.00

Die lewe en sy skeure is ’n hartroerende verhaal wat diep delf in die broosheid én krag van ’n gewone gesin. Frans en Alexa probeer met liefde en vasberadenheid hul twee seuns grootmaak te midde van alledaagse uitdagings, onverwagse gevare en die blywende seëninge wat net ’n gesin kan bring. Wanneer ’n vreemdeling onverwags hul lewens binnewaai, word hul vrese opnuut wakker—maar ook onverwagte hoop. Die verhouding tussen klein Leon en die eensaam ou man ontvou as ’n stille getuienis van liefde wat grense oorbrug en die mensdom herinner aan eenvoud, goedheid en genade. Maar dan tref tragedie. ’n Oomblik verander alles—’n stil straat, ’n skreeuende rem, en twee klein fietsies wat nooit weer dieselfde sal wees nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Maan Huil Bloed (Groot Druk)

R299.00

Toe Trudie van den Broek onverwags hoor dat sy die dogter is van ’n onbekende Portugese vader, verander haar lewe
onherroeplik. Sy erf nie net ’n groot plaas aan die voet van die Soutpansberge nie, maar ook ’n duister geheim wat soos
’n gif deur geslagte vloei. Kort ná haar vriendin se geheimsinnige dood ontvang sy ’n bloedbevlekte waarskuwing: “Vat
jou goed en trap.” Wat begin as ’n reis om haar erfenis te ontdek, ontaard in ’n nagmerrie van moord, bedrog en wraak.
Iets of iemand waak oor Mount Nest — en die maan huil bloed oor almal wat daar kom.

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Prototipe

Price range: R99.00 through R179.00

Adri glo sy het haar droomman gevind. Karel is sjarmant, aantreklik en selfversekerd – die perfekte prototipe van ’n man. Haar familie is egter nie oortuig nie. Iets in sy oë, iets in sy besitlikheid, laat waarskuwingsligte flikker. Wat begin as ’n sprokiesromanse met rose en hartjies, verander stadig in ’n web van beheer, manipulasie en emosionele geweld. Karel begin Adri van haar familie vervreem, haar selfvertroue afbreek en haar wêreld al kleiner maak. Die liefde wat sy as veilig beleef het, word ’n gevangenskap sonder tralies. Wanneer die eerste klap val, besef Adri dat sy nie met ’n droomman getrou het nie – maar met ’n vreemdeling agter ’n masker. Sal sy die krag vind om los te breek? Of sal sy bly glo aan die beeld wat sy self help bou het?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Skim van Donkervallei

Price range: R69.00 through R169.00

Wanneer die liggaam van Bull de Beer se gewese vrou, Sadidja, in die donker van Donkervallei ontdek word, word sy
wêreld weer eens aan skerwe geruk. Die voormalige speurder, gebreek deur jare se trauma en skuld, word onverwags die
hoofverdagte in ’n moord wat veel dieper sny as die wraak van ’n verwerkte huwelik. Terwyl korrupsie, bedrog en ’n
ongesiene vyand sy lewe binnesluip, doen Bull wat hy die beste ken—hy soek na die waarheid, selfs al moet hy deur die
mees verraderlike skaduwees stap. ’n Donker netwerk van bose magte, ’n geheimsinnige vrou wat té veel weet, en ’n naam
wat oral soos ’n fluistering opduik: die Skim….

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Soet van Vergifnis

Price range: R99.00 through R299.00

Wanneer Karen Erasmus haar vierde jaar aan die universiteit betree, het sy geen idee dat haar lewe binnekort op sy kop gedraai gaan word nie. ’n Jong dosent, Ludolf Durant, herinner haar aan haar verlede — en aan pyn wat sy diep probeer begrawe het. Maar dit is Jasper Roux, met sy onweerstaanbare glimlag en gevaarlike sjarme, wat homself in haar lewe in forseer en sy voel of sy op wolke loop. Hy gooi haar hele lewe omver en dit is dan wanneer sy moet kies tussen lojaliteit, liefde en leuens Wanneer die onbereikbare Ludolf ingryp, bots waarheid en hartstog.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die stasiemeester se seun

Price range: R89.00 through R189.00

Die Stasiemeester se Seun is ’n aangrypende versameling gedigte en herinnerings wat lesers neem na ’n tyd van
stoomtreine, klein dorpe en groot drome. Vanuit die stofpaaie en blombeddings van ’n plattelandse spoorwegstasie ontvou
verhale van ’n seun wat leer kyk, luister en onthou — en uiteindelik skryf. Met ’n fyn oog vir detail en ’n diep liefde
vir landskap en mens, word die alledaagse omskep in poësie: die ritme van branders, die stilte van die woestyn, die
geur van veld en die warmte van verlange…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Walvisspeurder

Price range: R99.00 through R229.00

Ná haar ouers se egskeiding verhuis Sonya Langenhoven na Hermanus, waar sy op ’n ou dagboek en geheime uit haar ouma se verlede afkom. Terwyl sy die verdwyning van die walvisnavorser dr. Corine Marais ondersoek, ontdek sy ’n gevaarlike waarheid wat steeds beskerm word. Tussen walvisse en bedreigende magte besef Sonya dat die verlede nie so maklik begrawe bly nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 2 3 7