Die vrou wat ek lief het
Price range: R99.00 through R239.00Nita verval in dwelms, en as dit nie vir die getroue Sofia was, die vrou wat hierdie twee kindertjies in die Kallis-huishouding versorg het, het dinge dalk nog meer skeefgeloop vir hierdie twee kinders. Sy vind hulle in ʼn woonstel in ʼn agterstraat. Honger, alleen en met geen teken van hul moeder. Sy red hul lewens deur die Mitera Sentrum vir die versorging van kinders te kontak, en te sorg dat hulle daarheen geneem word.
Dit is hier waar hulle onderskeidelik deur die Baros- en Monoupolis-egpare aangeneem word. Albei word groot in ʼn omgewing waar hul net liefde en ondersteuning kry. Maar die lewe se kurfballe vir hierdie twee kinders is nóg nie verby nie.
