EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ou liefde roes nie

Price range: R39.00 through R139.00

Die lewe het vir Mari lelike kurwes gegooi. Sy besluit om na al die ongelukkige jare in die stad, terug te keer na haar plattelandse tuisdorp, waar sy hoop sy weer vrede sal vind. Maar haar planne om ‘n stil lewe te lei, word omvergegooi wanneer Japie Basson, haar ou skoolliefde, onverwags by haar voordeur opdaag. Dieselfde Japie wat haar hart as jong meisie, in seweduisend stukkies gebreek het.
Die soet kom saam met die bitter toe sy besef dat sy na alles, steeds lief is vir hierdie man!. Hulle spandeer ’n aand saam, en soos die noodlot dit bepaal, sy raak swanger. Nie net met een baba nie, maar drie!
Wat volg is ’n verhaal vol nostalgie, humor en emosie. Die storie ontvou met onthullings oor die verlede en dinge wat nie altyd volgens plan verloop nie. Gaan Japie haar bystaan met die swangerskap en deel word van Mari en die drieling se lewens, of gaan hy die pad vat en wéér haar hart breek?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Olga

Price range: R39.00 through R139.00

Vandat sy kan onthou is Saul in haar lewe. Sy het nooit kon uitvind of hy regtig eers haar pa is nie. Hy het haar soos ’n hond behandel, in die huis aan ’n ketting vasgemaak wat haar net genoeg ruimte toegelaat het om die nodige te doen. Maande lank het sy beplan om weg te loop en hier sit sy nou op die trein, op pad na vryheid. Sy bid vir die eerste keer in haar lewe. “As U wel bestaan, wees asseblief saam met my.”

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Karla

Price range: R39.00 through R139.00

“Mamma! Mamma!” gil Karla op haar hardste. “Juan wil nie my pop gee nie! Jy is gemeen Juan. Ek hoop jou kop ontplof, jy dink in elk geval te veel van jouself.” Juan lag, dis vir hom prettig as daardie groen ogies so blits. Wie weeet wat die toekoms inhou vir Karla.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ella

Price range: R39.00 through R139.00

Ella se lewe was op dreef toe ‘n ramp haar tot stilstand ruk en sy terug moes keer huis toe om na haar ouma om te sien. Wat sy egter nie verwag het nie, is dat die lewe nog ? paar verrassings en vreemde draaie vir haar ingedagte het. Sy word onwillekeurig ingetrek by die lewens van die twee Pastano-broers. Kom stap saam deur die lewens van Ella, Lex, en Lilo.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hartedief

Price range: R39.00 through R139.00

Johan Steyn het sy speurwerk deeglik gedoen. Karen Steenkamp, het beslis ’n misdaad gepleeg. Sy het sy hart gesteel. Sy kollegas het nie verniet die naam Bulldog aan hom toegedig nie, waar hy byt laat los hy nie maklik nie, en vir haar, gaan hy beslis nie laat wegkom nie!
Maar haar gewese verloofde, ’n narsis, het ’n belofte aan haar gemaak dat indien hy haar nie kan kry nie, sal geen ander man haar kry nie. Die belofte doen hy dan ook gestand.
Gaan Karen se kopbesering haar permanent blind laat? Wie is die romanskrywer wat onder die skuilnaam A&P skryf waaroor sy ma so liries raak?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Storms van liefde

Price range: R39.00 through R139.00

Elsabé en Marnus se verhouding begin toe hy haar saamnooi plaas toe.
Vanaf die begin word misverstande tussen hulle, hul grootste vyand. Sy raak lief vir hom, tog wil sy nie haar vryheid prysgee nie.
Hulle paaie skei totdat die noodlot hulle, deur omstandighede buite hul beheer, weer saamgooi op haar broer se plaas.
Kan ‘n ongeluk, waar die sy die dood in die oë moet kyk en hulle liefde vir mekaar, hul weer herenig?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Môre kan te laat wees

Price range: R39.00 through R109.00

Wanneer Tertia en Frik se lewe omgekeer word deur verskeie rusies en Tertia hom toesnou sy haat hom, laat dit Frik met ’n verslae gemoed wanneer hy die Boeiing bestyg, Soos altyd, los hy probleme agter as hy agter die stuurwiel van die lugreus inskuif.
Tertia besef sy het te vêr gegaan en probeer hom telefonies bereik sonder sukses tot sy die nuus hoor.
Is môre dalk te laat vir Frik en Tertia?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Oornag

Price range: R49.00 through R109.00

Daar is dadelik ‘n sterk aantrekkingskrag tussen haar en die uiters aantreklike Zack. Hulle ontwikkel ‘n diep konneksie wanneer Elaine ‘n onvergeetlike naweek saam met Zack op sy plaas deurbring.
Met haar terugkeer na realiteit, vind sy haarself by ‘n kruispad? Gee sy alles op waaraan sy al so lank bou, of moet sy die liefde, warmte en begrip wat sy by Zack ervaar met albei hande aangryp?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 … 11 12