Hoe Paaie Draai
R239.00Dirk van Zyl, is ’n digter wat verhalende gedigte na ons bring. Die stories wat ons so elke dag in ons lewe ondervind, wat jy in ritme kan lees … die waarheid ontbloot deur ’n digter se oë en pen. Die waarheid wat seermaak.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Dirk van Zyl, is ’n digter wat verhalende gedigte na ons bring. Die stories wat ons so elke dag in ons lewe ondervind, wat jy in ritme kan lees … die waarheid ontbloot deur ’n digter se oë en pen. Die waarheid wat seermaak.
Die Bedelaar is n geestelike, fiktiewe verhaal van Teddie, wat op die rand van die samelewing wandel. ‘n man wie se lewe verwoes is deur pyn, verliese en verlore drome. Kersfees bring nie meer vreugde nie, net ‘n gedempte herinnering aan wat eens was. Terwyl Teddie deur die strate van die stad swerf, sukkel hy nie net met aanvaarding nie, maar met die spook van sy verlede wat hom bly agtervolg. Dit is ‘n storie van hoop en verlossing te midde van wanhoop, van ‘n man wat sy menswaardigheid probeer behou wanneer alles anders verdwyn. My hoop is dat Teddie ons elkeen net weer bewus maak dat elke geskape mens, God se liefde verdien.
Andri Roeder is ‘n gekwalifiseerde Voorskoolse en Graad R onderwyseres, met ondervinding in grondslagfase onderrig. Die aanleer van klanke vorm ‘n belangrike grondslag in leesvaardigheid. Deur hierdie boekie kry die grondslagfase leerling die geleentheid om sy leesvaardigheid te vorm en verbeter. Daarmee saam het elke kort klanke storietjie ook ‘n inkleurprentjie vir ekstra genot.
Sy het ‘n facebook blad “Teach Your Kid” waar sy gevolg kan word. Haar liefde vir kinders en haar groot verbeelding is ‘n kombinasie wat talle kinderstories tot gevolg gehad het.
Sy het ‘n facebook blad “Teach Your Kid” waar sy gevolg kan word. Haar liefde vir kinders en haar groot verbeelding is ‘n kombinasie wat talle kinderstories tot gevolg gehad het.
Hoekom Bywoner as die Meyers stinkryk is? Waarom boer hulle op ‘n koopplaas ver van hulle erfgrond? Skud u leesvere reg vir ‘n nostalgiese storie oor plaaslewe, hede en verlede. Verhoudings, liefde, vreugde, teleurstelling, angs, verraad en moord. Versmelt met die lewe van ‘n rotsvaste boer en sy eggenote, Alexis. Briljant, mooi en spelerig, die spil waarom die storie draai.
Die ruwe Kalahari word die agtergrond vir diep gesinsbande, wraak en onverwagte liefde, alles verweef in ‘n dramatiese en spanningsvolle verhaal.
God se roepstem beur deur die hart van ? Namakwaland-kaalvoetkind, gevoed met xhouroe-koring, xhaba-brood, xhom-vleis en biesmelk. ? Kind met drome, toe haar drome nog nie drome was nie. Wat weet jy tog van drome in jou kleintyd? Haar liefde vir skryf tamboer en spook in haar hart. Hoekom?
Dis Sy roepstem en gawe wat uit haar hart wil ontsnap. Hy bring Sy woorde op vlerke, sý moet dit gee, vir hulle wie smag na Sy juk, maar tevergeefs in wanhoop bly wag. Sy kosbare woorde bloei in haar hart, sy gee dit aan jou: Daar is HOOP. Dankie, Here, vir die onthou van kaalvoetdrome wat bloei en groei nes die Namakwalandse blommetjies, wat gedy op die verkwikkende genade van ons Skepper.
Kaalvoetdrome Ek verlang na kaalvoetdrome wat roepstem uit my hart oor grou verledes oud oorlê deur seisoene draal maar steeds in my flonkernes sterretjies ver en blink in die stille donker as my drome kaalvoet wink.
Wanneer Nia Vermoot se ouers spoorloos verdwyn na ’n vakansievlug, gryp sy ’n geheimsinnige kans aan om die waarheid uit te vind. ’n Internet-boodskap lei tot ’n vreemde huwelik met die geheimsinnige Adam van Eeden, wie se gesig altyd bedek is. Kort ná die seremonie word sy saam met hom na ’n afgeleë eiland geneem, waar vreemde gebruike geheime verberg. Daar ontdek sy die ware rede vir haar teenwoordigheid – en die onheilspellende verbintenisse tussen Adam, ’n verminkte vrou en die stil Ula.
Die oomblik breek aan dat hy moet erken wie sy familie is, en hy word deur haar ouers verwerp. Jankie is egter nie bereid om tou op te gooi nie – totdat sy tot die ontstellende besef kom dat daar ’n familieverwantskap tussen hulle mag wees.
Daar is dadelik ‘n sterk aantrekkingskrag tussen haar en die uiters aantreklike Zack. Hulle ontwikkel ‘n diep konneksie wanneer Elaine ‘n onvergeetlike naweek saam met Zack op sy plaas deurbring.
Met haar terugkeer na realiteit, vind sy haarself by ‘n kruispad? Gee sy alles op waaraan sy al so lank bou, of moet sy die liefde, warmte en begrip wat sy by Zack ervaar met albei hande aangryp?
Die skrywer weef ‘n aanskoulike, evokatiewe tapisserie van emosie en landskap, wat opregte oomblikke met spanningsvolle kinkels kombineer. Deur diep introspektiewe prosa en lewendige beskrywings word die leser ingetrek in ‘n wêreld van verlange, tradisie en rebellie, wat die verhaal beide nostalgies en kragtig onmiddellik maak.
‘n Aangrypende verhaal van liefde, verlies en die keuses wat ‘n familie maak. Die opvolg van Keuses
Sy het ‘n facebook blad “Teach Your Kid” waar sy gevolg kan word. Haar liefde vir kinders en haar groot verbeelding is ‘n kombinasie wat talle kinderstories tot gevolg gehad het.
Die storie bied ‘n kombinasie van avontuur, emosionele drama en ‘n tikkie romanse, waar die dinamiek tussen die vrye gees van die boemelaar en die gestruktureerde lewe van die dame kernkomponente vorm.
Die skrywer se skryfstyl is rou, emosioneel en diep meesleurend. Dit vang die komplekse emosies van die karakters vas, van Zelri se kwesbaarheid en krag tot die spanningsvolle konfrontasies. Die vertelling weef intense drama en spanning met oomblikke van refleksie en emosionele diepte, wat dit ‘n boeiende en hartlike lees maak.