Slagveld van haar hart
Price range: R129.00 through R369.00Wat word van Keara Holm? Kry sy ooit weer die geleentheid om terug te gaan na haar geliefde Namakwaland en Goedgeluk? Bly haar lewe ’n slagveld, of wen sy op die einde die oorlog?
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Wat word van Keara Holm? Kry sy ooit weer die geleentheid om terug te gaan na haar geliefde Namakwaland en Goedgeluk? Bly haar lewe ’n slagveld, of wen sy op die einde die oorlog?
“Slampamperpad” is eintlik ‘n gedeeltelike outobiografie in vermomming. Dis ‘n onsistematies-gerangskikte beskrywing van ‘n stuk lewensverloop met groot ruimtes tussen-in. Dit wyk gedurig af van die tipies-outobiografiese verwysing na die self, en sluit ander se lewens in, ander se ervarings, ander se sienings. Meeste lesers mag dalk saamstem dat die genre ‘n tipe verwerkte reisbeskrywing is. Die roete is erg kronkelend, maar gelukkig darem besprinkel met skeute humor om elke draai.
Kom saam met Nelis Haas en sy beste maat, Arrie Skilpad, wanneer hulle hul eerste jaar in die wonderlike woudskool
aanpak. Hier leer hulle nie net lees, skryf en somme doen nie – o nee! Hulle ontmoet pratende blare, ’n juffrou met ses
pote en vier vlerke, ’n miskruier wat hulle uit ’n moeilike situasie red, en ’n verkleurmannetjie wat dalk net ’n
bietjie té gretig is om sy kultoertjie te wys. En dan is daar natuurlik die geheimsinnige klip … waarin iets roer …
Iets baie oud … en baie honger! Maar nie alles is altyd maklik nie …
Die vonke spat toe Derrick Stassenheimer, geswore vrouehater en grootbaas van die koöperatiewe reus, Heimers-Industrieë, Melda daarvan beskuldig dat sy Dewald misbruik.
Dan gebeur daar onverwags ’n insident tussen Derrick en Melda. Dit het ’n reeks kettingreaksies tot gevolg, wat die Stassenheimer-huishouding tot in sy fondamente skud.
Weereens bevind Melda haar in ’n benarde posisie en slaan op die vlug, maar hierdie keer is haar hart in die gedrang.
Die noodlottige ongeluk van Melda Malan se ouers het die klein Bolandse dorpie geruk. Nou rus dit op haar tenger skouers om na haar kleinboet, Janneman, om te sien.
Die omvang van alles word egter ? paar weke later ontbloot toe die ouditeure deur haar prokureur-pa se boeke gaan. Derduisende rande van kliënte se trustgelde is verduister, en sy, Melda, staan skielik in die beskuldigde bank. Die praktyk en die huis word verkoop om die skuld te delg, wat Melda en haar agtjarige boetie in ’n uiters benarde posisie laat. Alhoewel sy onskuldig bevind word deur die hof, skinder die dorpsmense agter bakhande. Vasbeslote om vir haar en Janneman ? nuwe lewe te skep, vlug hulle ver genoeg weg van Bergstroom af na Johannesburg, waar nog geen mens ooit gehoor het van Wynand Malan en sy skelmstreke nie.
“Die lewe gee ons ruimte om dit te vul met gedagtes van onthou wanneer ons vereensaamd voor die oudag staan.
Maar dit gee ook aan ons die voorreg om dit te kan dit uithaal en herleef en daarom is daar geen lewe sonder betekenis nie. Jou keuses wat jy maak, bepaal jou lewe of jou lot”
Die aangrypende woorde van Heleen Malherbe wat tussen die lyne van elke bladsy vasgevang is gee hoop aan soveel ander vasgevang in die lewe se soms bose kringloop van keuses.
Die skrywer weef ‘n aanskoulike, evokatiewe tapisserie van emosie en landskap, wat opregte oomblikke met spanningsvolle kinkels kombineer. Deur diep introspektiewe prosa en lewendige beskrywings word die leser ingetrek in ‘n wêreld van verlange, tradisie en rebellie, wat die verhaal beide nostalgies en kragtig onmiddellik maak.
’n Spannende misdaadroman waarin kaptein Francois Roux ’n psigopaat met ’n korrupte en sedelose lewe ontbloot. Met die hulp van ’n ondersoekende joernalis ontrafel hulle die geheime agter die dood van ’n jong vrou en bring geregtigheid ten spyte van die persoonlike opofferinge. ’n Donker verhaal van manipulasie, media, en die menslike prys van waarheid.
Kosie, ‘n brose
weeshuiskind, worstel sy hele lewe lank met verwerping, vernedering en ‘n onvergeetlike jeug. In ‘n klein
dorpsgemeenskap moet hy sy plek volstaan te midde van kwaai herinneringe, vooroordele en sy eie worsteling met
selfwaarde. Maar kan hy uiteindelik bevry word van die verlede se houvas?
’n Blokkie toegedraaide Beacon-sjokolade verskyn een oggend ongesiens op Wouter se lessenaar. Daarna kry hy elke dag ’n blokkie sjokolade met ’n leidraad versteek in die omhulsel, wat hom behoorlik aan die wonder hou. Van wie is die sjokolade en hoe kom dit op sy lessenaar?
Hy begin soek na die geheime sjokolade-meisie, maar beland in doodloopstraat nadat hy al die kantoordames geëlimineer het. Hoe kan ‘n onskuldige blokkie sjokolade sy lewe dan eensklaps so ontwrig?
In hierdie fiktiewe verhaal ry Alexa die lewe se op-en-af wipplank sodat ons minder alleen voel in ons eie realiteit van die lewe se gebeurtenisse. Sy gryp na haar geloof deur alles wat sy beleef: finansiële probleme, huweliksprobleme en selfs ʼn geliefde aan die dood afstaan. Sy kom leer ons van die herstel en heelmaak wat ons net by God kan vind – veral in huwelike en intimiteit. Mag hierdie geestelike roman vir volwassenes jou gemoed lig maak, jou laat voel ander verstaan, asook hoop gee in tye wat jy gedink het daar is geen hoop.
Anje sukkel met die komplekse verhouding tussen haar en haar pa, wat haar impulsiewe besluite kritiseer en haar gedurig herinner aan haar verlede. Wanneer Mark Wessels haar pad kruis, ontwikkel hul verhouding stadig, met baie konfrontasies en misverstande. Dit dwing haar om moeilike besluite te neem en die waarheid van haar geheim onder oë te sien. Sal sy die moed kry om haar geheim te deel met die mense wat dit moet weet, of sal dit maar altyd haar skaduwee bly?
Die verhaal is ’n diep roerende reis van selfaanvaarding, vergifnis en die soeke na ware liefde te midde van die storms van die lewe.
Wanneer die vyftienjarige Lila na die Karoo gestuur word om by haar ouma te bly, voel dit vir haar soos ballingskap. Sy is gewoond aan die stad se neonligte, harde musiek en konstante beweging – nie aan stilte en oop vlaktes nie. Maar die Karoo hou geheime vas: ou stories, verborge grotte en ’n joernaal wat van generasies se kennis getuig. Met elke dag leer Lila dat stilte nie net leeg is nie – dit is ’n spieël. Haar ouma, ’n kruiedokter met ’n sagte wysheid, help haar om te ontdek dat die aarde se stem meer sê as die stad se geraas. Tog bring die stilte ook vrae waarvoor Lila nog nie gereed is nie. Somer in die Karoo is ’n verhaal van familie, erfenis en genesing – waar ’n jong meisie moet kies of sy haar hart oopmaak vir dit wat die verlede fluister, en of sy in haar eie donker skadu’s bly vassteek.
Wanneer seisoene verskil, vind ‘n hart verfrissing en vreugde in beloftes en herinneringe wat soos somerreën neerdaal. In ‘n wêreld gevul met uitdaging en emosionele dieptes, verken die gedigte lewensreis, veerkragtigheid en hoop, al deurdring hulle hartseer en verlange met die skoonheid van eenvoud en deernis. Elke vers bring die leser nader aan die menslike siel, vol warmte, krag en stille oorwinning.
Pa het altyd gesê lag is die enigste manier om die lewe se oppe en affe te hanteer.Soms word mens egter gekonfronteer met dinge totaal buite jou beheer, dinge wat die grond onder jou voete uitneem. ʼn Bitter moeilike jaar by die werk, siekte en dood … Ek kon kies – sink of skryf, lag of huil.
Hierdie bundel is gebore uit daardie ruimtes – tussen spaghetti wat nooit gekook het nie, en slaai wat skielik genoeg
was. Dit is verhale van mense wat wag, kies, vergeet, of eenvoudig opgee. Van drome wat skemer word, en realiteite wat
vreemd eenvoudig is. Van verwagting wat nie eindig in triomf nie, maar in ’n ander soort vrede. Spaghetti en Slaaiblare
is nie net kos nie. Dis simbolies. Dis die spanning tussen warm en koud, tussen belofte en aanvaarding. Dis wat gebeur
wanneer jy ophou roer, en net kyk. Dis hoe jy leer om te eet wat jy het — en nie met wat jy verwag het nie.