Vuurmaakgoed
R139.00Vuurmaakgoed is nie net ’n digbundel nie – dis ’n vuurmaakplek. Hier ontmoet woorde vlam, sintuig, pyn en troos. Skigter se stem is rou en eerlik, sonder pretensie, sonder opsmuk net woorde wat tref en bly. Met digtersblik én ’n lag in die keel, neem hy jou van ‘n slapgat tot ‘n veldbrand, van die ou tikmasjien tot Ingridbaai. Hierdie bundel is vir elke leser wat voel, wat onthou, wat smag – nie vir professore of kokkedore nie, maar vir gewone mense met ’n liefde vir Afrikaans. Hier sing woorde soos tarentale, en klou herinneringe soos wurgvye. Maak jou eie vuur aan met hierdie bundel – woel, pak, steek aan en laat die vonke spat. Want tussen rook en roet wag daar hitte, waarheid en ’n stem wat jy lank sal onthou.
