Paradys (Grootdruk)

R299.00

Riccardo Caselli is in ’n ernstige geloofstryd gewikkel na die dood van sy verloofde ’n jaar gelede. Hy dink daaraan om te bedank, maar sy medeleraar – ook sy beste vriend – praat hom om om Paradys toe te gaan en in te staan vir die predikant wat in die hospitaal is na ’n hartaanval. Teen sy sin stem Riccardo in, maar raak tog betrokke by Paradys se mense. Die mooie Berné Krige, wie se hande vir niks verkeerd staan nie, kruip sommer gou onder sy vel in. Hy loop hom ook vas in Berné se jonger suster, Jeandri, met haar bont hare, skokkende kleredrag en swak taalgebruik wat níks reg wíl doen nie. Al word hy gewaarsku om nie betrokke te raak by Paradys se swartskaap en moeilikheidmaker nie, kom hy gou agter; onder daardie rebelse dop is ’n mens waarvan niemand in Paradys weet nie. Nadat Jeandri in ’n ongeluk was, laai Riccardo haar af by tant Fina – Paradys se kluisenaar wat predikante háát. Kan Riccardo Vir Jeandri hervorm sodat sy aanvaarbaar sal wees vir Paradys? En sal hy tant Fina kan oortuig dat alle predikante nie dieselfde is nie? Ferdinand se hulp word ingeroep, maar Ferdinand verloor sy hart op die beeldskone Cinelle de Groen. Hoe kan daar ooit ’n gelukkige einde wees wanneer Berné besef dat Cinelle die suster is wie sy so haat en dat sy vir Riccardo gaan verloor?

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sterrevegters Boek 7 Die oorlog

Price range: R109.00 through R229.00

Boek 7 is die laaste boek van die Sterrevegters-reeks. Terwyl oorlogswonde nog vars brand, bots lojaliteit, vrees, liefde en lotsbestemming in ’n avontuur vol gevaarlike planete, geheimsinnige magte en asemrowende sterrereise. Caydor, Serilda en Roald ontvang ’n opdrag wat alles verander: Beskerm die kinders, vertrou die magte … en bring Arnikin terug. Arnikin vind uit hy het drielingseuns, wat elkeen die mag-Rommozor beskik. Hy probeer Balanka oortuig om die driejarige seuns as Magkrygers op te lei, maar sy weier. Nadat Arnikin die dood veroorsaak het van een van die seuns, vlug Balanka met die ander twee seuns. Ver verby die bekende sterrestelsels, na die gevaarlike Kaiyatorra planetoïede-gordel, waar hulle buite bereik van Arnikin en die Donkermag sal wees. Maar kan iemand wat deur die Donkermag gevorm is ooit werklik vry wees?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Bakhandstories

R209.00

Bakhandstories is ‘n versameling van gedigte, kort stories en satires van vier skrywers wat jou neem op ‘n kreatiewe Damakustog deur die hoogtes en pleine van die menslike psige. Hulle pluk sterre uit die kosmos en wys die leser die omvangrykheid van die mens se denkvermoë, selfs verby ruimte en tyd. Die skrywer neem jou op ‘n binne-menslike epiese tog van liefhê, verlies, donker, lig en lag, want dis deel van lewe. Op selfsoortgelyke wyse as die Skepper, poog die skrywers om die leser in te trek in ‘n wêreld van orde en chaos en aan te moedig om die balans te vind tussen hierdie twee fundamentele prinsiepe van ons menslike realiteit.

Afrikaans
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Toevalspoor

Price range: R129.00 through R349.00

’n Verlore rooi plastiekmotorfiets. ’n Oomblik van toeval. ’n Lewe lank se gevolge. Wanneer Fanus de Wet in sy laat sestigs in ’n versorgingsoord beland ná ’n gewelddadige plaasaanval en die verlies van sy vrou, glo hy sy lewe is verby. Maar ’n kartondoos vol ou herinneringe—’n brief, ’n ring, ’n dagboek en ’n vervaagde foto—ruk die verlede oop. Veral die klein, rooi motorfiets op daardie foto, ’n eenvoudige speelding wat jare gelede in ’n oomblik van jeug en impuls die pad van twee seuns gekruis het. Wat destyds soos ’n onskuldige voorval in die reën van 1973 gelyk het, sou oor dekades heen ’n spoor van toevallighede, pyn, skuld en ongesproke waarhede trek. Terwyl Fanus gedwing word om sy herinneringe te herleef, kom hy tot die besef dat die verlede nooit werklik verby is nie—dit wag net vir die regte oomblik om weer sy stem te laat hoor. Toevalspoor is ’n aangrypende roman oor die fyn draad tussen lot en keuse, oor die letsels van geskiedenis en die krag van vergifnis. Want soms begin die grootste lewensverhale met die kleinste toevallighede.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Stad van Goud

Price range: R109.00 through R219.00

In die laat jare van die dertigste eeu, vergaan die aarde. ‘n Handjievol superintelligentes word die Kunsmatige Intelligensie van al die eeue. Hulle is onverganglik en alles oorheersend. Gus se Ouma is in beheer en goud word teen ‘n tempo van die kwynende aaarde gesteel en na ‘n onbekende planeet gestuur. Die STAD van goud word ontwikkel. Die mens se smagting en gulsigheid na rykdom sal nooit verdwyn nie. Vanaf die planeet word ruimtetuie aarde toe gestuur om die laaste goud te kom haal. Alhoewel van robotte gebruik gemaak word, stuur Ouma Klara en haar span mense terug aarde toe. Twee onsterflike wesens na die Suide en twee na die Noorde. Gus is die enigste oorlewende van die ou wêreld. As hy besef dat Ouma weg is en hy alleen sal moet oorleef, ontdek hy die rede hoekom hy onder die rug van die Draak in ‘n grot moes skuil. Hy ontdek die vewoeste aarde en heers daaroor; totdat die silwer ruimtetuig in sy omgewing land …. Maar in ’n wêreld waar mag en rykdom bepaal wie oorleef, is kennis die gevaarlikste skat van almal. Gus staan voor ’n keuse: wegkruip en oorleef … of die waarheid ontdek wat die mensdom se lot vir altyd kan verander.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ant Fifi en ander stories

Price range: R99.00 through R179.00

In die klein dorpie Kleindorp, waar almal mekaar ken en niks ooit regtig stil gebeur nie, leef Ant Fifi haar lewe op haar eie, baie unieke manier. Met haar skerp tong, eerlike hart en onverwagte maniere om probleme op te los, raak sy keer op keer vasgevang in die mees onverwagte situasies – van Corona-toetse en dominees tot verkeerde toilette, spietkops en selfs spoke. Saam met die goedbedoelende maar half deurmekaar Giepie en die altyd planmakende Sors, word elke dag ’n avontuur vol chaos, lag en soms net-net oorlewing. Maar onder al die humor en skreeusnaakse oomblikke lê ’n warm hart, ’n verlange na behoort en ’n dorpslewe wat nie so eenvoudig is soos dit lyk nie. Ant Fifi en ander stories is ’n bundel wat jou laat lag, laat onthou en jou laat wens jy ken self iemand soos Ant Fifi.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

As die pad vurk

Price range: R109.00 through R229.00

Twee seuns sit langs die Vaalrivier en maak ’n bloedeed: wat ook al die lewe bring, hulle sal altyd mekaar se broers bly. Maar die lewe het ander planne. Wanneer Donald Mackay skielik sy ouers in ’n tragiese ongeluk verloor, stort sy wêreld in duie. Die familieplaas verdwyn, sy toekoms word onseker en die mense wat hy vertrou, draai teen hom. In die skadu van verlies en verraad ontdek hy egter ook iets onverwags — ’n intense liefde wat grense, ouderdom en gevaar trotseer. Terwyl geheime ontvou en geweld al nader kruip, besef Donald dat elke keuse ’n prys het. In ’n land waar die wêreld vinnig verander, staan hy voor ’n vurk in die pad: vlug van sy verlede… of veg vir alles wat van hom gesteel is. Soms verander een besluit ’n hele lewe. En soms begin die ware stryd eers wanneer die pad vurk.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Tuiskoms

Price range: R99.00 through R159.00

Die Tuiskoms is ’n aangrypende verhaal oor familie, geheime en die moed om die waarheid te konfronteer – selfs wanneer dit jou hele wêreld verander. Roeline se skryfstyl is sensitief, eerlik en emosioneel deurleef. Sy skep geloofwaardige karakters en verweef familiegeheime met diep menslike temas soos verlies, identiteit en vergifnis. Haar stories ontvou geleidelik en hou die leser vasgevang totdat die laaste waarheid uiteindelik aan die lig kom.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tussen doringdraad en kosmos

R209.00

Drienie Joubert-Kelly se liefde vir Afrikaans en poësie kan gesien word in haar werk, alles wat in haar persoonlike lewe gebeur, mense, omstandighede, die see, berge en bos is alles dinge wat haar inspireer om te skryf. Sy is veral lief vir die bosveld en beskryf haarself as ń Bosveld – Eva hoor jy hoe my drome baljaarwaar die kosmosblomme uitbundig lagwant my denke is ń skildery van lentekleure waar weerspieëlings die grasveld kol-kol verkenen my woorde soos tolbos aan ‘n hakiesdraad verstrengel

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Digter van Drome

Price range: R99.00 through R169.00

Digter van Drome is ’n versameling gedigte wat die hart se diepste fluisteringe vasvang — van liefde en verlies tot geloof, herinnering en hoop. Met beelde wat soos lig oor landskappe speel en emosies wat rou en eerlik deur elke vers vloei, neem hierdie bundel die leser op ’n reis deur die siel van ’n dromer. Die digter se stem is tegelyk sag en kragtig: soms ’n gebed, soms ’n kreet, soms ’n stille omhelsing van dit wat was en dit wat nog kan wees. Elke gedig dra ’n stukkie waarheid … oor menswees, oor seerkry, oor die skoonheid wat steeds tussen die krake blom. Hier is woorde wat troos bring, wat herinner, wat genees. Hier is drome wat bly leef, selfs wanneer die wêreld stil raak.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die dassies van Mosselbaai

R229.00

Welkom by die sonwarm rotse van Mosselbaai, waar die klein dassies groot avonture beleef! Ontmoet vir Jan Dassie – ’n dapper pappa wat alles sal doen om sy gesin veilig te hou. Saam met sy drie nuuskierige kleintjies, Sarel, Sannie en Hester, wag daar elke dag nuwe verrassings… en soms ’n bietjie gevaar ook! Van ’n skrikwekkende ontmoeting met ’n groot haai, tot ’n hartroerende les oor vriendskap wanneer ’n vreemde hasie hul pad kruis – en selfs ’n seer tandjie wat ’n belangrike geheim oor gesondheid leer – elke storie is propvol avontuur, pret en wysheid. Die Dassies van Mosselbaai is ’n warm, liefdevolle versameling stories wat jong lesers sal laat lag, saam laat voel en sommer ook iets besonders leer oor omgee, moed en geloof. Kom speel saam … die dassies wag vir jou.

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Nooit is nimmer eindig lank

Price range: R109.00 through R199.00

Hayley het haar verlede doelbewus agtergelaat. Ná ’n verraad wat haar hart in stukke geruk het, het sy ’n nuwe lewe in ’n klein dorpie begin bou—ver weg van die mense en herinneringe wat haar eens alles beteken het. As arbeidsterapeut fokus sy haar energie daarop om ander te help genees, al weet sy self hoe diep wonde kan sny. Maar die verlede het ’n manier om jou weer in te haal. Wanneer Lennard onverwags voor haar deur verskyn ná jare van stilte, word Hayley gedwing om die waarheid te konfronteer wat sy so lank probeer begrawe het. Was alles wat sy geglo het werklik waar? Of was daar geheime en manipulasie agter die skynbare verraad wat haar lewe verander het? Terwyl ou emosies weer opvlam en lank verborge waarhede na die oppervlak begin kom, moet Hayley besluit of sy die moed het om weer te vertrou. Want soms is die pad na genesing nie om weg te hardloop nie—maar om die verlede in die oë te kyk. En dalk te ontdek dat ware liefde nooit werklik verdwyn nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Prototipe

Price range: R99.00 through R179.00

Adri glo sy het haar droomman gevind. Karel is sjarmant, aantreklik en selfversekerd – die perfekte prototipe van ’n man. Haar familie is egter nie oortuig nie. Iets in sy oë, iets in sy besitlikheid, laat waarskuwingsligte flikker. Wat begin as ’n sprokiesromanse met rose en hartjies, verander stadig in ’n web van beheer, manipulasie en emosionele geweld. Karel begin Adri van haar familie vervreem, haar selfvertroue afbreek en haar wêreld al kleiner maak. Die liefde wat sy as veilig beleef het, word ’n gevangenskap sonder tralies. Wanneer die eerste klap val, besef Adri dat sy nie met ’n droomman getrou het nie – maar met ’n vreemdeling agter ’n masker. Sal sy die krag vind om los te breek? Of sal sy bly glo aan die beeld wat sy self help bou het?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Woordvlug

Price range: R99.00 through R229.00

In Woordvlug neem Marietjie Espach die leser op ’n reis deur die diepste kamers van die hart—waar liefde bly fluister, verlies stil skree, en hoop telkens weer opstaan. Hierdie bundel is ’n versameling van eerlike, rou en terselfdertyd troosryke gedigte wat handel oor familie, afskeid, geloof en die onvermydelike verloop van tyd. Met fyn waarneming en ’n sagte, deernisvolle stem word alledaagse oomblikke omskep in betekenisvolle ervarings—van die see se asemhaling tot die stilte van herinneringe wat nooit verdwyn nie. Hier is woorde vir elke leser wat al moes loslaat, verlang, of weer leer glo het. Dit is nie net ’n bundel nie—dit is ’n plek waar die siel kan rus, waar pyn erken word, en waar liefde, selfs ná alles, bly voortbestaan.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sake van die Hart (Groot Druk)

R189.00

Wanneer die selfversekerde prokureur Sue-Ann Bekker ’n saak aanvaar wat haar tot op haar emosionele breekpunt druk, besef sy gou hierdie is nie net nóg ’n hofstryd nie. Dewaal Kok is vasbeslote om sy pa se onskuld te bewys—maar die waarheid is gevaarliker as wat enigeen verwag het. Terwyl geheime ontvou en leuens ontmasker word, word Sue-Ann gedwing om nie net teen die regstelsel te baklei nie, maar ook teen haar eie hart. Dewaal is alles waarvoor sy haar lewe lank gevlug het—sterk, onvoorspelbaar en gevaarlik naby aan haar emosies. Soos die saak sy klimaks bereik, raak dit duidelik dat iemand bereid is om alles te doen om die waarheid begrawe te hou. Maar in ’n wêreld van verraad en passie, kan liefde oorleef… of sal dit alles vernietig?

Liefde op ‘n leë doek (Groot Druk)

R169.00

Marna glo nie meer in maklike geluk nie. Sy leef van tydelike werkies en hou haar ware passie – skilder – veilig agter toe deure. Tot ’n verkeerde eerste indruk haar pad kruis met die aantreklike en geheimsinnige advokaat, Hanno Weideman. Wat begin as ’n ongemaklike misverstand, ontbrand gou in ’n spel van skerp woorde, geheime bewondering en onverklaarbare aantrekkingskrag. Maar wanneer Marna se kunswerke onverwags in die kollig beland, en haar trots en hart albei op die spel kom, moet sy besluit: beskerm sy haarself… of waag sy alles vir liefde? Hanno is gewoond daaraan om beheer te hê – in die hof én in die lewe. Maar Marna is nie ’n saak wat hy kan wen nie. Sy is ’n uitdaging wat sy hart stadig maar seker begin oorheers. Tussen kuns, misverstande en groei ontdek hulle dat liefde soms die mooiste meesterstuk is… wanneer jy die moed het om dit te skilder.

1 6 7 8 30