EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wentelwinde

Price range: R149.00 through R379.00

Februarie 1962. n Jong man klim op n trein by Otjiwarongo met n le beursie, n kop vol vrae en n hart swaar van keuses. Hennie Jones is vasgevang tussen die dorre spore van Rooiplaat en die onbekende strate van Pretoria. Dis n tyd van oorgang, van hoop n van opoffering. Is drome genoeg om te ontsnap aan armoede en onkunde? Kan n mens loskom van jou verlede of neem jy dit saam, verpak tussen padkos en beloftes? Terwyl die trein suidwaarts kreun, wentel Hennie se gedagtes om wat was, wat is, en wat moontlik nog kan wees. Onder die oppervlak broei groter waarhede oor identiteit, herkoms en menswaardigheid in n land wat self op n kruispad staan. Wentelwinde is n roerende verhaal van afskeid en aankoms, van innerlike stryd en vasberadenheid. Met sy ryk beeldspraak en genuanseerde karaktertekening bring Hennie Jones n eerlike blik op jongwees, drome en die swaarte van keuses in n veranderende wêreld.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Huisie langs die pad

Price range: R79.00 through R179.00

Hierdie verhaal skets die ervarings van ʼn kind wat die gebeure werklik deurleef het. Name van mense en plekke is verander om te verseker dat dit nooit as ʼn vingerwysing of ʼn aksie teen enige een gebruik kan word nie. Feitlik al die rolspelers in hierdie lewensdrama is nou al die ewigheid in. Ek bid dat hulle almal genade gevind het en hul saak met Vader reggemaak het voor hulle hierdie lewe verlaat het. Mag hierdie vertellings daartoe bydra dat dit wat hier beskryf word, nooit weer met enige ander kind gebeur nie. Kinders is weerloos. Hulle is onskuldig. Hulle behoort aan die Vader. Wee die een wat sy hand in haat, nyd of woede teen ʼn kind sou lig. Dit sal nie ongesiens en ongestraf verbygaan nie. Hier kom sekerlik die waarheid wat ons in die Woord leer, naamlik dat die wraak ons nie toekom nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Gister is Verby (Oudio Boek)

R105.00

Hierdie verhaal van verlossing en transformasie is ‘n aangrypende verhaal van hoe die krag van liefde en hoop die grootste tragedies kan oorwin. Anneke Bester is ‘n ma en gelukkige vrou wie se lewe vir altyd verander word wanneer haar gesin in ‘n wrede motorongeluk van haar weggeneem word.

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Waar die Wilgers Dans

Price range: R99.00 through R289.00

San-Mari se vasberadenheid om die waarheid te ontrafel, lei haar op n gevaarlike pad, waar familiegeheime en onverwagte onthullings haar wêreld skud. Teen die agtergrond van die wynlande se prag ontvou ‘n storie van verlies, liefde en ‘n onbreekbare band tussen broer en suster. Kan San-Mari vrede vind met die verlede, of wag daar nog donker onthullings?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Stasie huis no 5

Price range: R59.00 through R149.00

Die lief en leed van ‘n spoorweg-gemeenskap wat die lewe van anderkant die treinspoor ken.
‘n Hartroerende verhaal van Drien en Sarie en hulle verbete baklei teen die wrede werklikheid van verkragting, molestering en aanranding. Sal die mense van Stasiehuis no 5 weer vrede vind?
Kom lees hierdie boeiende verhaal en ervaar die swaarkry van anderkant die spoorlyn.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ek gaan stad toe

Price range: R59.00 through R179.00

Vir ʼn boerseun van die platteland is dit een ding om jong perde in te breek, die bakkie uit die modder te sleep, en Sondae jou kerkklere skoon te hou tot na kerk. Maar dis ʼn ander ding om jou potjie te gaan krap in die stad se gedruis waar verkeer nooit tot ruste kom nie. Hierdie kortverhaalbundel vertel die staaltjies van die mense op die platteland. Dit herinner ons aan die reuk van Old Spice en die smaak van kerrie-skaapafval. Dit kom roep daardie nostalgiese gebeure van eenvoud op en vra onderliggend die vraag: “Wat het ons regtig nodig in die lewe?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hartbeeshuisie op ‘n plaas in Afrika

Price range: R99.00 through R249.00

Hierdie verhaal speel af teen die ruwe agtergrond van ’n ongetemde Afrika en volg ’n volk se pad deur oorlog, verlies en oorlewing. Vanaf die Groot Trek tot die gruwels van die Anglo-Boereoorlog en konsentrasiekampe, word vroue se moed en opoffering beklemtoon. Te midde van geweld, trauma en dood, staan hul pyn as monumente van onreg. Maar uit die as verrys ’n volk weer—gebroke, maar vasbeslote om voort te leef en hul plek in die geskiedenis te hervestig.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die pad oor kleinbegin

Price range: R149.00 through R399.00

Dan is daar Elma Theron, die onderwyseres. Gaan dit Pierre wees, of dalk Dawie? En wat sê Yolande daarvan? En waar pas Leon Brits, die jong landboustudent en Yolande se eintlike vriend, in die prentjie? Maar baie belangrik; wie is Eleanor?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 2