Renosterspruit
Price range: R129.00 through R317.00Wat begin het as ’n reeks van drie boeke, word Renosterspruit 1, 2 en 3 na publieke aanvraag in een boek uitgegee as ’n uiters spanningsvolle reis waarop die leser getrakteer word op alles wat ’n goeie spanningsverhaal vereis.
Rudi en Janneman, twee boesemvriende, werk albei vir dieselfde sekerheidsmaatskappy. Tydens een nagskof bevind hulle hulself by ’n ou, spookagtige winkelsentrum. Die vreemde gebeure by die winkelsentrum loop uit op ’n verhaal wat oor jare strek. Die twee jongelinge begin hulle avontuur as opwindingsoekers en eindig uiteindelik as volwaardige polisiebeamptes van Renosterspruit.
Met ontvoerings, moorde, vreemde karakters en ’n misterieuse bylmoordenaar, beloof hierdie spanningsverhaal om die lesers deurentyd op die punt van hulle stoele te hou.
