Bokdrol in die pad
R119.00Bokdrol in die pad is ’n versameling van gedigte wat oor die emosie en die lewe gaan. Daar is kabouterlesse en arend motiewe ingeskryf. Jy gaan lees van die rooimiersoldaat en hoe die bokdrol voel. Dis gebaseer op ’n warboel van emosie wat in ’n unieke styl boodskappies van die hart na die leser oordra. Elke gedig is ’n blik wat ek het op die lewe. Sorg dat jy soos die wingerdstok aan God vashou, dan hoef jy jou nie te vergryp aan onwaarskynlike pilare nie. Sien die mooi eerste raak, want daar is genoeg ander mense wat die sleg uitwys. Vergewe om jouself vry te maak en los die straf in God se hand. Hy is regverdig. Moenie toelaat dat ander mense wan jou gedagtewêreld ’n tronk maak nie, dis nie hul wat daar moet leef nie… Dis jy.
Yt my oeg
R119.00Yt My Oeg handel oor die alledaagse dinge wat ons as mens ervaar in ons persoonlike lewens sowel as in ons liefdeslewe. Dis nie ‘n mooi-woorde tipe bundel wat net heuning om die lesers se monde wil smeer nie. Hierdie bundel sal jou laat bietjie self ondersoek – dit sal jou laat dink oor wat regtig belangrik is in die lewe en ook wat eintlik die klein dingetjies is wat saak maak in jou liefdeslewe. Dit is geskryf in die Afri-Kaapse skryfstyl waar ek gebruik maak van digterlike vryheid maar die gedigte is universeel en geloofwaardig.
If life wasn’t hard, you would never grow
R119.00If you’re feeling low due to life’s pressures, grab this book, find your favorite spot, and immerse yourself in its pages. If tears come, let them flow—you’ll appreciate it later. This book aims to mend your soul, reconnect you with love and peace, both with God and within yourself. Most importantly, forgive and release the past.
Die eenvoudige ek 2
R119.00Wees Jy net Jy
Karen wil deur die digbundel Die Vrou inspireer en bou. Dit is maklik om jouself te verloor maar die Eenvoudige Ek verstaan die uitdagings, die trane, teleurstelling, twyfel en pyn. Daar is baie dinge waarvoor jy dankbaar kan wees. Een van daardie dinge is die onophoudelike sterktes van ‘n vrou.
Die eenvoudige ek
R119.00Die bundel begin met “genade” en eindig met “die beginner”. Hoe sluit die twee bymekaar aan? Om te besef dat alles waardeur jy as mens gekom het was net deur genade. Baie mense gee op en baie mense twyfel maar genadiglik maak jy dit deur alles, ongeag. Die beginner dui daarop dat die toerusting wat jy benodig is binne jou. Dis ‘n nuwe begin vir jou, want die deurlopende lees van die bundel bring jou tot hierdie punt van hoop, liefde, vreugde en vrede. Jy het ‘n nuwe visie, nuwe krag, nuwe wysheid en ‘n nuwe liefde vir jouself.
Ligvoets
R69.00 – R119.00Price range: R69.00 through R119.00In ‘n wêreld van emosies en delikate wisselwerkinge, bied hierdie bundel ‘n ontroerende blik op liefde, verlies en die selfontdekking wat tussenin lê. Deur poëtiese woorde en sterk beelde, word die leser uitgenooi om stil te staan by die skoonheid in breekbaarheid en die krag van geloof en hoop, selfs wanneer die lewe sy donkerste draaie neem.
Fluisteringe van die hart
R119.00Fluisteringe van die Hart – Gerhardus Keen, ‘n digter wie se woorde lank sal bly talm nadat die bladsye van hierdie boek toegemaak is. Dié digbundel is ‘n opvolg op Gerhardus Keen se eerste digbundel, “Reis Deur My Gedagtes”. Beide digbundels bevat ‘n versameling van Gerhardus Keen se gedigte, geskryf in beide Afrikaans en Engels. Met ‘n talent om die essensie van menslike emosie vas te vang, weerspieël Gerhardus Keen se poësie die skoonheid en kompleksiteit van die lewe in al sy vorms.
Wentelflenters
R49.00 – R109.00Price range: R49.00 through R109.00Wentelflenters is ’n magtige reis deur tyd, geloof, geskiedenis en die broosheid van menswees. Hennie Jones verweef die
skepping, verlies, oorlog, en liefde tot ’n epiese poëtiese kroniek wat oor eeue strek – van Eden se tuin tot die
moderne wêreld se verwoesting en hoop. Elke gedig is ’n flenters van die groter wenteling van lewe en dood, lig en
duisternis, waar die digter worstel met God, mens, herinnering en erfdeel. Met beeldryke taal en klankvolle ritme vang
Jones die onmeetlike omvang van menslike pyn en oorlewing vas. Dis ’n bundel wat nie net gelees nie, maar diep ervaar
moet word – ’n oortuigde smeekgebed, ’n geskiedenis van siele wat steeds soek na betekenis, vergifnis en vrede in die
wentelende chaos van bestaan.
Jesus gee om
R109.00Elkeen van ons het een of ander tyd in ons lewe bemoediging nodig. Trientjie Malan se digbundel Jesus gee om, is bedoel vir daardie dae wanneer die lewe te veel druk op jou plaas. Dit is ‘n handsak-grootte bundeltjie wat jy byderhand kan hou.
