Waar harte saam praat
R149.00Duetbundel deur twee digters wat hul gedagtes saam in een bundel laat vloei.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Duetbundel deur twee digters wat hul gedagtes saam in een bundel laat vloei.
“Net Vir jou” is ‘n bundel vol woorde uit Solly se hart. Hierdie bundel gedagtes en gedigte is net vir jou.
In Genade Vlerke word my lewe word bymekaar gemaak net soos broodkrummels.
‘n Digbundel wat spreek tot in jou hart.
In hierdie opvolg bundel bring sy ‘n bundel gedigte vir kleintjies, jongmense en self vir die grootmense. En in haar gedig Gekleurde Mandjie, vergelyk sy die lewe met ‘n gekleurde mandjie: Die aardse spieël bring voorwaar ‘n mooie prentjie mee…Dis ‘n pragtige mandjie, gekleurd, gevleg en met presisie geweefDit is wat die beeld vertel van skoonheid, en hoe jy leef…Tog daar agter is daar meer wat skuilWeggebêre in die dieptes van die hart en wie kan die waarde peil?Want waarteen word die inhoud gemeet?Soos die mandjie netjies gevleg met beskermende pik as kleed,-só vertoon die uiterlike, – skoon en altyd waardig Trots!
Hiér skryf ek dít wat ek voel, dit wat ek sien en hoor, dit wat saakmaak …dit wat ek beleef… in Afrikaans; ons mooi moedertaal!
Daar is soveel opwinding in die lewe!Tog ook bittere seer. Soveel eensaamheid,soveel bekommernis, soveel gebeure wat jou letterlik na jou asem laat snak! Elke dag voel ek ryklik geseënd om deel te wees van soveel spesiale lewens-reisigers opmy lewenspad.Baie dankie dat jy deel is daarvan!
Die mens is nooit gevrywaar teen pyn en lyding nie – was nog nooit. Mens verwag tog in ‘n mate as jy ‘n Christen is, ‘n gladder bootvaart. Tog het ons almal ons struikelblokke, heuwels en selfs berge om te oorkom. Kom saam met my op ‘n reis deur sommige van die slegste, maar ook beste dae van my lewe. Gooi vir ‘n rukkie die masker weg en vereenselwig met pyn, maar terselfde tyd ook met hoop. Daar is altyd hoop solank jy nog die asem van jou lewe het om jou storie te skryf.
Geniet die reis.
My liefde vir skryf kom van Graskop. Ek is deur `n juffrou voorgestel aan boeke en vir my geleer dat `n boek jou beste vriend is. Omdat `n boek altyd daar is vir jou. Jou op `n reis te neem na verre lande en avonture..Onder die liefdesboog is saamgestel uit my versameling gedigte. Skryf is soos `n kind, dit groei soos elke skrywer deur hulle lewe groei. Soms ook maar stoei. My skryf styl is anders omdat ek vir mense skryf. Ek skryf vir hulle seer, hulle liefde verlies en goeie van elke dag
Johan Heyns se gedigte kom uit ‘n era voor 1994, toe Suid-Afrika, een van die beste klein weermagte in die wêreld gehad het, wat in lewensnood vir vrede geveg het… Ten slotte salueer ek vir Johan Heyns vir sy passie vir soldaat wees en omgee, vir die skep van ‘n digbundel as nalatenskap in diens van ons Volk!
Don Quichot is ’n baie emosionele bundel waar Johan hom vergelyk met Don Quichot en jy lees dit in sy vers: As kind was Don Quichot lief om te speel in die skaduwees van die dorp se windmeul… Maar dan sluit hy die vers af met: Don Quichot was onder die indruk gewees, die windmeul was ʼn reus, die windmeul sou hom teen die kop slaan, Don Quichot het my op sy plek laat staan, so kry ek ʼn drag slae, nou is ek met die maan gepla, die ridder is Don Quichot, en ek bly die simpel sot.
Hierdie is een van daardie bundels waar die woorde in jou kop bly draai en jy dalk self iets van die woorde in jou eie lewe raaksien.
Hierdie boek begin in digvorm en verken Jesus se pyn en liefde vir Israel, Sy verwerping as Bruidegom en Sy lyding tot by die kruisiging en verder. Dit beeld ook Sy ervaring van die hedendaagse Kerk en menslike swaarkry uit, met die troos dat elke seisoen ’n einde het. Die tweede deel bevat lewensgedigte geskryf oor jare, dikwels onder God se leiding. Die laaste deel is ’n storie-joernaal van ’n reis saam met die outeur se eerste vrou, wat in 2019 oorlede is.
Die titel vang my oog en dit laat my wonder… Is ons nie elkeen maar ’n pelgrim op reis deur die woud van ons lewe nie? Ons beleef soveel seisoene en emosionele reise elke dag. In hierdie bundel stap jy saam met Chris Jansen deur sy lewe.
‘n Pelgrim op reis kan verdwaal maar kom altyd weer tuis.
Ek leef my droom uit en ek speel daarin met woorde. Dit is wie ek is. Mag elkeen my speeltyd met woorde geniet soos ek dit geniet het om die stilwees in my te vind. Ons lewe gaan so gou verby en daar is min dinge wat ons kan nalaat soos woorde..
sou die nag sonder son my met ‘n slakkepas groet
en my oë se kyk die sterre loop soek
volg jy die swart-en-wit…
die skaakmat in my oë want
sewentig maal sewe het ek geleef
as my nag se mantel meteens in twee sal skeur
soek my waar jy my sal vind
tussen die maan en sterre
woorde is my liefdespel
waarmee ek daar sal speel
tot ons eendag… miskien weer sal sien
In die vensters van jou siel wil ek net saggies kom rus in jou geurige liefdeskelk lê veilig in jou tere liefde omvou.
Hierdie diep deurleefde Afrikaanse dagstukke reik uit na lesers wat soek na genesing, hoop en innerlike rus. Deur rou eerlikheid, geloofsbelydenis en verwondering oor God se hande werk die skrywer om perspektief, vergifnis en selfaanvaarding te bring in ‘n wêreld vol uitdagings.
Vuurmaakgoed is nie net ’n digbundel nie – dis ’n vuurmaakplek. Hier ontmoet woorde vlam, sintuig, pyn en troos. Skigter se stem is rou en eerlik, sonder pretensie, sonder opsmuk net woorde wat tref en bly. Met digtersblik én ’n lag in die keel, neem hy jou van ‘n slapgat tot ‘n veldbrand, van die ou tikmasjien tot Ingridbaai. Hierdie bundel is vir elke leser wat voel, wat onthou, wat smag – nie vir professore of kokkedore nie, maar vir gewone mense met ’n liefde vir Afrikaans. Hier sing woorde soos tarentale, en klou herinneringe soos wurgvye. Maak jou eie vuur aan met hierdie bundel – woel, pak, steek aan en laat die vonke spat. Want tussen rook en roet wag daar hitte, waarheid en ’n stem wat jy lank sal onthou.
Vir my is ʼn gedig ʼn kunswerk met ’n potlood of ’n pen, waarmee jy die uitspansel, die reënboog, ’n emosie of onthou op papier vaslê. Ek het die volgende iewers raak gelees: ʼn Digter is iemand wat hartstogtelik verlief is op die taal. Dit is so waar…