Malankolie
R169.00Elke letter, elke woord, elke sin het die seer uitgeloop waar die trane dit afgewas het, daarom is hierdie bundel my terapie digbundel in elke woord.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Elke letter, elke woord, elke sin het die seer uitgeloop waar die trane dit afgewas het, daarom is hierdie bundel my terapie digbundel in elke woord.
Tydens die Corona Virus (Covid 19) sit dit jou aan die dink. Dit is waar ‘n mens besef hoe kosbaar is die mense in jou lewe en watter betekenis hulle vir jou gee. Soms het ek myself afgevra… as my oupa en ouma of selfs my pa nog geleef het, hoe sou hulle hierdie Corona Virus (Covid 19) hanteer het? Daarom is hierdie digbundel baie spesiaal vir my soos die mense wat deel is (was) in my lewe, aan wie ek die gedigte (digbriewe) opgedra het waar ek alreeds van hulle in my vorige digbundel(s): Malankolie, Introspeksie en Pelgrimsreis opgedra het wat ek ook in hierdie digbundel ingebring het. Dit is asof jy deur ‘n fotoalbum van woorde sonder foto’s van my eie mense deurblaai.
My gedigte handel hoofsaaklik oor elkeen van ons se alledaagse liefde, leed, hartseer en vreugde. Ingesluit is ook ander se pyn wat ek deur my oë en hart beleef het, ons wonderskone land met sy uiterstes waarin ons Skepper ons geplaas het. Laaste maar nie die minste nie, ons onbeskryflike Skepper en die uitspansel wat ons nie kan verwoord of verstaan nie. Dankie aan elke leser, mag julle ook vrede, vreugde en vertroosting in my woorde vind.
Die lewe is inderdaad mooi as ons dit net kan raaksien deur al die seer van ‘n verwronge lewe.
Die toekoms is nie iets wat voorspel kan word nie. Dit is iets wat gemaak moet word en dit is ‘n belangrike lewensles te leer.
Ek ken ‘n plek waar die bloekombome dans, waar hul my kindweesgeheime in fluisterstem verskans, daar waar die Marico in ʼn kommetjie rus en die berge die hemel passievol kus. Die skrywer se liefde vir Afrikaans en poësie kan gesien word in haar werk, alles wat in haar persoonlike lewe gebeur, mense, omstandighede, die see, berge en bos is alles dinge wat haar inspireer om te skryf. Sy is veral lief vir die bosveld en beskryf haarself as ʼn Bosveld-eva.
As mure kon praat wat sou hulle sê wat sou hul fluister sou hul taal universeel dalk geheime deel of sou hulle verwronge verhale van die lewe vertel.
Emmersvol is ’n digbundel wat die leser nooi om stil te staan by die klein en groot oomblikke van die lewe – die
vreugdes, die verlange, die vrae en die geloof. Johanita Viljoen skep beelde vol kleur, geure en emosie wat jou
herinner aan die skoonheid van die natuur, die warmte van liefde en die krag van hoop. Met gedigte wat wissel van ligte
verwondering tot diep geestelike insig, bied die bundel ’n oorvloed van troos en inspirasie. ’n Waarlik hartvolle
versameling – ’n emmer vol woorde wat oorloop van geloof, liefde en lewe.
Soms is ons gedagtes en denke soos asem op die wind
Stephanie describes herself as poet:
She’s made of flowers and paint on a sunny day, songbirds and words reserved for a rainbow day. She loves her coffee and brushes but beware of her red wine days, poetry books and blankets cover her toes yet exposed are the scars…A reminder, of just how strong she had to be.
Gedigte is selde die werk van ’n ligsinnige verstand en word al lank geassosieer met wat die meeste in die lewe saak maak—verhoudinge, liefde, geestelikheid, die natuur en die betekenis van die lewe. In Die ABC van Emosies, neem Kobus jou op ‘n gedigte-reis deur die lewe. Hy skryf oor die lewe, die ouderdom, die mooi en die seer.
met gedigte
skilder ek weggesteekte seer emosies
dis my sielsasem
wat deur my are vloei
Herman en Ina poog met hierdie skrywe om nie net met ‘n keur van verhale ontspannings en leesgenot te verskaf nie, want elke verhaal word vergesel deur ‘n gedig. Man en vrou vul mekaar aan deur die ink uit hul penne saam te vloei.
Hul liefde vir skep met woorde vloei saam in verhale soos Die Kind Van die Boorman wat Ina vertel en Herman volg met ‘n gedig in volmaakte duet.
Hierdie bundel spreek die lewe aan, die seisoene waardeur elke mens moet gaan. Die besef kom dan; sonder ons Vader leef ons in skadu van tyd.
Gee my ‘n nuwe môre “Here U ken my stukkend wees, U weet ek is moeg om te leef. Gister se seer genees dit o, Heer. Ek ken net haat, verdien ek hierdie smaad? Mense wat hulle rûe op my draai, slegs U wat my nie alleen laat nie. Net U is oor met wie ek kan praat, ek het nie die reg op genade nie, ek weet ek verdien dit nie, maar ek staan op my knieë, ek bid uit my uit; asseblief o, liewe Heer, sal U in U genade tog besluit mý uitkoms te gee. Ek smeek om ‘n nuwe môre Heer!
‘n Keur uit die gedigte van Sybie Kleynhans
50 voor 40 is ‘n samestelling van 50 van my gedigte (Afrikaans en Engels). Die temas van die gedigte wissel van geloof- en morele kwessies, tot lewenservaringe (hetsy my eie of die van iemand anders). Elkeen van hierdie gedigte is geïnspireer deur of gebaseer op ware gebeure of persone.