Teach your kid Maths (ages 4-6)
R139.00Sy het ‘n facebook blad “Teach Your Kid” waar sy gevolg kan word. Haar liefde vir kinders en haar groot verbeelding is ‘n kombinasie wat talle kinderstories tot gevolg gehad het.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Sy het ‘n facebook blad “Teach Your Kid” waar sy gevolg kan word. Haar liefde vir kinders en haar groot verbeelding is ‘n kombinasie wat talle kinderstories tot gevolg gehad het.
Sy het ‘n facebook blad “Teach Your Kid” waar sy gevolg kan word. Haar liefde vir kinders en haar groot verbeelding is ‘n kombinasie wat talle kinderstories tot gevolg gehad het.
Andri het as kind al gedroom van juffrou word en is al van kindsbeen af lief vir skryf en diere. Een van die stories in haar reeks oor Zazi is ‘n storie “Eddie die Eekhoring se verlore akker”:
Dit het begin herfs word in die dieretuin en die blare het ’n mooi donkerrooi, geel en bruin kleur begin kry. Die diere wat in die dieretuin gebly het, het daagliks kos gekry by die mense wat in die dieretuin gewerk het.“Hierdie akkers is darem maar heerlik,” het Attie die Apie vir sy maatjie Zazi gesê.
Zazi antwoord vir Attie: “Ek weet nie hoe jy van ’n akker kan hou nie, Attie, dit is vreeslik bitter.” …
Haar liefde vir kinders en haar groot verbeelding is ‘n kombinasie wat talle kinderstories tot gevolg gehad het. Haar stories is dikwels vol lewenslesse en haar eie grootste lewensles is “As die son nie vandag skyn nie sal hy môre weer skyn en as hy nie dan skyn nie, sal hy volgende week of volgende jaar skyn: skyn sal hy skyn”. Dit is ook die boodskap van haar storie “Die son wat nie wou skyn nie” wat deel is van die bundel. Geniet die bundel! Die doel daarvan was om kinders genot te verskaf, maar ook lewenslesse te leer.
Kom stap saam deur die bladsye van hierdie boek. Ontdek die ver paaie van die verlede. Ontdek die avontuurlike paaie van die hede. Ontdek die onseker paaie van die toekoms. Kom, stap saam.
Ontmoet vir Vettie. Net Vettie. ʼn Gewone seun vol lewenslus, geite en goete.
Die breinkind van Ds Kallie Fourie, afgetrede Leraar van die Baptiste Kerk.
As eerstejaar student het hy met ʼn kinderbediening in Brakpan begin – dit is hier waar Vettie “geskep” is. Hierdie verhale van Vettie het ʼn groot inslag in die kerk gehad en was hoog in aanvraag. Klein en ook veral groot, het dikwels aangedring op ʼn storie oor Vettie.
Vir die afgelope 50 jaar was verhale en dramatiese vervolgverhale oor Vettie ʼn gereelde deel van eredienste. Daar is altyd gepoog om by elke verhaal ʼn geestelike toepassing by te voeg. As u dus hierdie bundel sou opneem en lees, bid ek dat u dit sal geniet en die seën sal kan put uit die boodskap daaragter.
The inside scoop on the Krugersdorp appointment murders.
Instead of writing the story, she became the story. Outcast. She is Marizka, a journalist with a keen nose for a story. He is Le Roux, one of six suspects responsible for 11 gruesome murders in one of the most bizarre crime stories to hit South Africa.
Mina Goosen se gedigte dek ’n verskeidenheid onderwerpe van die lewe en ook haar liefde vir die lewe soos sy dit sê: Die lewe is ʼn lied, kyk om jou rond en kyk wat die lewe bied, jy sal die lewe so geniet.
In die 1970’s begin Rina, ’n stadsmeisie, haar lewe as bruid van Johan op die plaas Damaron in Suidwes-Afrika. Sy vind geluk, liefde en aanvaarding, en hul seun, Albert, word gebore. Maar Johan word grens toe gestuur en keer terug – gebroke in liggaam en gees. Rina moet alleen sterk staan. Haar geloof word beproef en sy begin ’n pad van pyn en aanvaarding. Sal sy weer ware geluk vind, of bly sy gevange in herinneringe aan die liefde wat was?
Hartsverlange is nie jou gewone roman nie. Dit vertel die verhaal van ‘n gesin soos ons dit in ons lewens ervaar, die realiteit, die hegte gesinslewe tussen ouers en kinders en die onderonsies tussen kinders. Die titel Hartsverlange laat ‘n mens wonder in die begin maar soos die wel en wee van die gesin aangaan, kom die hartsverlange na vore.
Tina was in ‘n motorongeluk en in ‘n koma … Gaan Tina se lewe ooit weer dieselfde wees as voor die ongeluk?
Karoo, die digbundel is ‘n nostalgiese woordreis met gedigte waar die leser die Karoo se stilte, natuurskoon en mense gaan beleef. Dit is ‘n samevatting van Karoo gedigte, stories en foto s deur die jare met verskeie gedigte oor die Groot en Klein Karoo.
Die nagedagtenis van ’n geliefde moet altyd voortleef in ons harte, glimlagte en dade. Met elke herinnering word opnuut ’n vuurtjie van liefde aangesteek in ons harte wat deurskemer na on glimlagte en sal uitloop op ons dade.
Ek is ‘n Karoo kind wat van kindsbeen af opgegroei het in sy stilte en natuurskoon. As kind het ek grootgeword tussen twee familie plase, Wilgerbos en Lammerkraal in die Prins Albert omgewing. My familie het ‘n groot rol gespeel in die vaslegging van die liefdesfondament vir die Karoo. Hul sterk geloof het ook vir my gehelp oor baie lewensberge.
Met hierdie twee bundels sluit ons die Reis deur 2020 af, alhoewel Covid 19 nog steeds deel van ons lewe is. Woorde bring soveel vertroosting in enige vorm in ‘n gedig.. So leer ons baie uit digters se woorde wat hulle deurgemaak het in die tyd van seer en geluk.Tog is die nag se draai iets wat ek begeer die eenwees met myself… waar die woorde soms verbygaan soos Icarus se vlugwaar die hemelpoorte oopmaak en mis oor ons daal hang ek my gebreekte psalms aan elke nagstraal want ek weetdit word gehaal om na te luister as my prewel opwaarts gaanen rus ek in die wete ons lewe het omgedraai.
NAWOORD
Met hierdie twee bundels sluit ons die Reis deur 2020 af, alhoe-wel Covid 19 nog steeds deel van ons lewe is. Woorde bring soveel vertroosting in enige vorm in ‘n gedig.. So leer ons baie uit digters se woorde wat hulle deurgemaak het in die tyd van seer en geluk.Tog is die nag se draai iets wat ek begeer die eenwees met myself… waar die woorde soms verbygaan soos Icarus se vlugwaar die hemelpoorte oopmaak en mis oor ons daal hang ek my gebreekte psalms aan elke nagstraal want ek weetdit word gehaal om na te luister as my prewel opwaarts gaanen rus ek in die wete ons lewe het omgedraaiHiermee ook ‘n groot dankie aan Marsofine Krynauw wat bereid was om die bundels saam te stel, aan elke digter wat die Reis deur 2020 waargemaak het.
‘n Vakansie in die Drakensberge breek aan waarna die gesin so uitgesien het.
Wat kan dan nou verkeerd gaan?
Kom ervaar ‘n wintersnag in die Drakensberge saam met die gesin en vind uit wat so vreesaanjaend kan wees.
Kinders groei speel-speel op en ons as ouers moet rym en vers gebruik om die kind te stimuleer tot ryke woordeskat en kreatiwiteit. Elna van Zyl bring in hierdie boekie Rympies vir Klein Duimpies kleuterpret soos min.