Viazma (Grootdruk)

R269.00

Pascal Benz se lewe verander wanneer sy ontdek dat haar ma se dood nie ’n ongeluk was nie. Jare lank het sy met die verlies saamgeleef, maar nou begin die waarheid stadig na vore kom. Haar ma het iets ontdek wat sy nooit moes geweet het nie: ’n geheime netwerk rondom Viazma, ’n afgeleë inrigting waar weerlose mense vir wrede eksperimente gebruik word.
Wanneer iemand toegang tot Pascal se huis kry, haar dophou en boodskappe los, besef sy dat die verlede haar ingehaal het. Sy weet wie daarvoor verantwoordelik kan wees – en sy weier om stil te bly.
Terwyl haar liefde vir Enoch haar anker bied, betree Pascal ’n wêreld van gevaar, bedrog en verraad. Maar Viazma se donker gange hou geheime wat selfs sy nie verwag het nie.

Huwelik op Kontrak (Groot Druk)

R289.00

Ricardo Basson het alles wat geld kan koop – status, luukse motors, ’n ongenaakbare reputasie en ’n lewe sonder
verantwoordelikhede. Tot sy pa ’n besluit neem wat sy wêreld ruk: hy móét trou. En nie net met enige vrou nie, maar met
Clarissa Lötter – ’n saggeaarde, nederige meisie uit ’n eenvoudige bestaan, wat jare lank net van ’n beter lewe kon
droom. Vir Clarissa is die huwelik haar kans om veiligheid en ’n toekoms vir haar en haar pa te skep. Vir Ricardo is
dit ’n ketting wat hom bind aan ’n vrou wat hy skaars ken… of wil ken.

Tussen Gister se woorde

R289.00

2025 se onthou is die sagte fluisteringe van die verlede wat in ons harte bly voortleef. Dit is die lig wat deur die
krake van tyd skyn, die oomblikke wat ons vorm en die stories wat ons saambind. In hierdie digbundel word herinneringe
nie net bewaar nie — hulle word herleef, hervertel en met nuwe betekenis gevul deur die stemme van verskeie digters.
Elke gedig in hierdie versameling dra ’n stukkie van ’n lewe: ’n kinderlag wat nog eggo, ’n verlore liefde wat steeds
brand, ’n huis wat lankal net in drome bestaan. Herinneringe kan troos bring of pyn ontbloot, maar bo alles herinner
dit ons aan wie ons was en wie ons geword het. Deur woorde word die onsigbare sigbaar, en deur poësie word die verlede
’n lewende teenwoordigheid. Hierdie bundel is ’n weefsel van ervarings en emosies — soms broos, soms kragtig, altyd
eerlik. Dit nooi die leser om stil te word, om terug te kyk en om hul eie herinneringe tussen die reëls te vind. Mag
elke gedig ’n spieël wees waarin jy jouself herken, en ’n venster waardeur jy ander se wêrelde kan betree. Want in
herinneringe lê die kern van ons menswees — en in poësie vind dit ’n stem wat nooit stil word nie.

As maskers val (Grootdruk)

R289.00

Toe joernalis Eloise Roos na Gansbaai gestuur word om gerugte van perlemoensmokkelary rondom die magtige sakeman Justin Hudson te ondersoek, verwag sy ’n gevaarlike storie — nie ’n man soos Matthew Hudson nie. Onder die dekmantel van ’n biografieprojek kry Eloise toegang tot die Hudson-huis, waar luuksheid, invloed en geheime agter elke glimlag skuil. Hoe langer sy daar bly, hoe moeiliker raak dit om waarheid van voorgee te onderskei. Want alles dui daarop dat iets donker onder die oppervlak broei. Terwyl haar hart haar in een rigting trek en haar instinkte in ’n ander, besef Eloise dat sy nie net ’n storie ondersoek nie — sy stap reguit in die middel van ’n web van leuens, gevaar en verborgenheid in. Wanneer maskers begin val, is die waarheid gevaarliker as wat sy ooit kon dink … en die prys daarvan dalk haar hart.

Die Maan Huil Bloed (Groot Druk)

R299.00

Toe Trudie van den Broek onverwags hoor dat sy die dogter is van ’n onbekende Portugese vader, verander haar lewe
onherroeplik. Sy erf nie net ’n groot plaas aan die voet van die Soutpansberge nie, maar ook ’n duister geheim wat soos
’n gif deur geslagte vloei. Kort ná haar vriendin se geheimsinnige dood ontvang sy ’n bloedbevlekte waarskuwing: “Vat
jou goed en trap.” Wat begin as ’n reis om haar erfenis te ontdek, ontaard in ’n nagmerrie van moord, bedrog en wraak.
Iets of iemand waak oor Mount Nest — en die maan huil bloed oor almal wat daar kom.

Rose vir Olivia (Groot Druk)

R299.00

Olivia se huwelik lyk perfek van buite – ’n aantreklike dokter as man, ’n suksesvolle lewe en ’n toekoms wat belowend lyk. Maar agter geslote deure begin krake wys. Charl se besitlikheid, sy geheime en sy behoefte aan aandag dreig om alles te vernietig waarvoor sy geveg het. Wanneer Olivia probeer verander om haar man se liefde terug te wen, besef sy stadig maar seker dat sy besig is om haarself te verloor. Hoe ver is sy bereid om te gaan om haar huwelik te red – en teen watter prys? Intussen veg Rudi om sy vrou, Lara, uit die greep van verslawing te red, terwyl hul liefde stadig verbrokkel onder die gewig van verlies en pyn. Twee huwelike. Twee gevegte. Een waarheid: liefde alleen is nie altyd genoeg nie. Wanneer die waarheid uiteindelik uitkom, moet elkeen besluit – veg hulle verder, of stap hulle weg?

Paradys (Grootdruk)

R299.00

Riccardo Caselli is in ’n ernstige geloofstryd gewikkel na die dood van sy verloofde ’n jaar gelede. Hy dink daaraan om te bedank, maar sy medeleraar – ook sy beste vriend – praat hom om om Paradys toe te gaan en in te staan vir die predikant wat in die hospitaal is na ’n hartaanval. Teen sy sin stem Riccardo in, maar raak tog betrokke by Paradys se mense. Die mooie Berné Krige, wie se hande vir niks verkeerd staan nie, kruip sommer gou onder sy vel in. Hy loop hom ook vas in Berné se jonger suster, Jeandri, met haar bont hare, skokkende kleredrag en swak taalgebruik wat níks reg wíl doen nie. Al word hy gewaarsku om nie betrokke te raak by Paradys se swartskaap en moeilikheidmaker nie, kom hy gou agter; onder daardie rebelse dop is ’n mens waarvan niemand in Paradys weet nie. Nadat Jeandri in ’n ongeluk was, laai Riccardo haar af by tant Fina – Paradys se kluisenaar wat predikante háát. Kan Riccardo Vir Jeandri hervorm sodat sy aanvaarbaar sal wees vir Paradys? En sal hy tant Fina kan oortuig dat alle predikante nie dieselfde is nie? Ferdinand se hulp word ingeroep, maar Ferdinand verloor sy hart op die beeldskone Cinelle de Groen. Hoe kan daar ooit ’n gelukkige einde wees wanneer Berné besef dat Cinelle die suster is wie sy so haat en dat sy vir Riccardo gaan verloor?

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Misty Mountain (Large Print)

R309.00

High above the mist-covered valleys of the Blue Mountains, Gillian Mankin believes she has finally found peace as the young General Manager of the luxurious Misty Mountain Retreat. But tranquility shatters when an elite Navy SEAL team arrives for covert training exercises — led by the dangerously compelling Lieutenant Commander Charlie Cooper. From the moment their eyes meet, an undeniable connection ignites between them. Yet Charlie carries the scars of failed missions, betrayal, and secrets buried deep within the chaos of war. When suspicious guests arrive at the retreat using forged identities, Gil is thrust into a deadly web of espionage, terrorism, and hidden agendas. As danger closes in around Misty Mountain, she and Charlie must decide whether they can trust each other — and whether love is worth risking everything for.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Liefste perskedief (Grootdruk)

R309.00

Anika Herbst is die sonstraal van Geluksdal – vrolik, spontaan en altyd gereed vir ‘n nuwe avontuur. Ná ‘n droomvakansie keer sy terug huis toe, net om haarself binne ure in die grootste moeilikheid denkbaar te bevind: ‘n val uit ‘n perskeboom, ‘n verstuite enkel, en ‘n onverwagte botsing met haar nuwe buurman. Jos Joubert het na Geluksdal gekom om sy verlede agter te laat. As die nuwe skoolhoof probeer hy orde in sy lewe herstel, maar niks kon hom voorberei op die vurige rooikop wat sy rustige bestaan op sy kop gaan keer nie. Tussen misverstande, skerp woordewisselings, ‘n klein seuntjie met ‘n kettie en ‘n dorp wat graag inmeng, groei daar stadig iets wat geen van hulle verwag het nie. Maar kan twee mense wat so verskillend is, leer om mekaar se harte te vertrou? Liefste Perskedief is ‘n hartroerende liefdesverhaal vol humor, warmte, tweede kanse en karakters wat jou hart sal steel.

 

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dertien vir geluk (Grootdruk)

R309.00

Sommige glo Vrydag die dertiende bring ongeluk… maar wat as dit die dag is waarop jou lewe begin verander?Rudolf Brink het vroeg geleer dat geluk nie vir almal bestem is nie. Ná ‘n kinderjare vol pyn, verlies en skuld bou hy vir homself ‘n lewe waarin daar geen plek vir liefde is nie. As gerespekteerde dokter glo hy dat emosies net seermaak – en dat sy hart veiliger is agter hoë mure. ‘n Hartroerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele genesing en die ontdekking dat ware geluk soms op die mees onverwagte dag op jou wag.

Volmaan oor die Vaalrivier (Grootdruk)

R309.00

Tussen die Vaalrivier, wilde diere, ou wonde en nuwe liefde moet Wolf en Anneline uiteindelik besluit of hulle bereid is om alles te waag vir iets wat geen van hulle kan koop of beheer nie.
Want soms begin die grootste liefde juis waar twee mense besluit om nooit op mekaar verlief te raak nie.
Sy wou sy plaas hê. Hy wou haar nooit hê nie. Maar die liefde het ander planne gehad.

Die kneg van Verbeeck Boerdery (Groot Druk)

R319.00

Tersia Vermeulen het ‘n droom: om ‘n volbloed-perdeboer te wees. As gekwalifiseerde veearts weier sy om agter ‘n
lessenaar vasgevang te word — sy vermom haarself as ‘n man en neem ‘n pos aan op die mees gesogte stoetery in die land.
Maar Kobus Verbeeck, die hardekwas eienaar, het geen liefde vir vroue op sy plaas nie, en glo nie dat hulle hul plek
tussen perde in die werf ken nie. Tog is Tersia vasberade om hom anders te wys. Te midde van stugte bevele, vurige
perde en verdagte oë, begin ‘n stille respek tussen die twee vorm. Sal Tersia se geheime haar ondergang wees, of sal
haar kennis en passie haar red?

Tyd van die Leeu (Groot Druk)

R319.00

In Tyd van die Leeu, deur Sybie Kleynhans, volg ons die lewe van Gerhard Brandt, ’n stoere Vrystaatse boer met ’n
donker verlede en ’n hart vol geheime. Wanneer sy geliefde, Chiara, ‘n Italiaanse magnaat met groot ambisie, besluit om
hulle romantiese idille vir ‘n wêreld van luuksheid en besigheid op te gee, word Gerhard gedwing om sy prioriteite te
hersien. Terwyl spanning tussen hulle toeneem, word hulle lewens ingewikkeld deur die dreiging van kriminele invloede
en politieke spanning binne ’n geheimsinnige beweging…

Karoo Liefde (Groot Druk)

R319.00

Mia de Waal se lewe stort in duie wanneer sy haar man se verraad ontdek – op dieselfde dag wat sy uitvind sy is
swanger. Met ’n gebroke hart, twee tasse en ’n bietjie kontant vlug sy na die Karoo om oor te begin. In Graaff-Reinet
waag sy dit om haar eie blommewinkel oop te maak, vasbeslote om op haar eie bene te staan en vir haar ongebore baba ’n
toekoms te skep. Herman le Roux is ’n boer met sy eie krisis. ’n Ongewone testament plaas hom voor ’n onmoontlike
keuse: trou binne ’n beperkte tyd, of verloor alles waarvoor hy en sy ouma geswoeg het. Wanneer Herman en Mia se paaie
onverwags kruis, ontstaan ’n plan wat albei se probleme kan oplos…

1 … 13 14 15