Adult
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

As die wiel draai

Price range: R79.00 through R219.00

Rykdom, mag en status behoort nie liefde te bepaal nie – maar in die wêreld van die Guerrero-familie is dit presies hoe
dinge werk. Wanneer Ewald Guerrero teen sy dominante ma, Jolene, in opstand kom en sy hart aan die nederige Isabella
Valastro gee, word ’n ketting van verraad, intrige en pyn aan die gang gesit. Isabella word gedwing om die man wat sy
lief het te verlaat, ter wille van sy erfporsie – onbewus daarvan dat haar vertrek onherroeplike gevolge gaan hê…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wedloop van die Hart

Price range: R99.00 through R249.00

In 1994, lank voor selfone en kitsboodskappe, kruis twee mense se paaie tydens ’n eenvoudige oggenddraf – en niks verloop weer volgens plan nie. Carlana Marais is jonk, lewenslustig en vasberade om haar eie reëls te maak, selfs al beteken dit om haar pa se streng beskerming uit te daag. Dirk Fourie is ’n man met ’n verlede wat hom hard en ongenaakbaar gemaak het, en ’n hart wat hy lankal toegesluit het. Wat begin as botsende persoonlikhede en skerp woorde, ontwikkel stadig in iets dieper – ’n wedloop tussen vrees en vertroue, pyn en genesing. Maar spoke uit Dirk se verlede en Carlana se onverskrokkenheid dreig om alles te ontspoor. Wedloop van die hart is ’n roerende liefdesverhaal oor tweede kanse, innerlike krag en die moed om weer lief te hê, selfs wanneer die hart nog bang is om te hardloop.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Skaaptjops vir Sonja

Price range: R89.00 through R169.00

Sonja Smit het genoeg gehad van toe-oog-afsprake en mislukte mans. Na ʼn reeks rampspoedige ontmoetings het sy vrede
gemaak met haar enkelbestaan – tot ʼn toevallige gesprek voor die vleisrak haar lewe onherroeplik verander. Jac, ʼn aantreklike apteker met ʼn sin vir humor en ʼn hart vol seer, bring weer lig in haar dae. Wat begin as ʼn skerts oor skaaptjops en pap, groei stadig in iets dieper – ʼn tweede kans op liefde. Maar die verlede, familie se verwagtinge en jaloerse skaduwees dreig om die nuwe geluk te kelder. Kan Sonja die moed vind om weer lief te hê, of sal sy toelaat dat vrees haar tweede kans steel? Met humor, warmte en eerlike emosie skets Skaaptjops vir Sonja ʼn herkenbare storie oor liefde ná verlies, en die wonder van nuwe beginne op die mees onverwagte plekke.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Op soek na ware geluk

Price range: R129.00 through R349.00

Wanneer dokter Chantey Bruwer in die rustige Karoo-dorpie Kroondal aankom, is dit met die hoop om haar hartseer en die skaduwees van haar verlede agter te laat. Haar nuwe pos by die hospitaal bied ’n kans om oor te begin – ver van die seer wat sy in Kaapstad agterlaat.

Maar Kroondal is nie so stil soos dit lyk nie. Van haar eerste dag af bots sy met dokter Berto van Schalkwyk – aantreklik, uiters bekwaam, en oortuig dat sy nie in sy wêreld inpas nie. Tog is daar ’n vonk tussen hulle wat albei sukkel om te ignoreer. Terwyl sy probeer om haar plek in die gemeenskap te vind, begin Chantey besef dat die verlede haar dalk nie so maklik gaan los nie… en dat liefde soms op die mees onverwagte plekke skuil.

Kan sy regtig weer vertrou? En sal sy uiteindelik vind waarna sy regtig soek – ware geluk?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Pedale van papier

Price range: R99.00 through R269.00

Pedale van Papier val onder biografieë en memoires oor seksuele mishandeling, en bring ‘n ware, emosioneel aangrypende verhaal van trauma, oorlewing en hoop. Dit is geskik vir lesers van inspirasie, ware verhale en temas rondom misbruik en herstel

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Totdat die hart vergewe

Price range: R99.00 through R299.00

Kan liefde ’n tweede kans kry wanneer die seer van die verlede nog vars is?’
Maar hoe langer hulle gedwing word om saam te wees, hoe moeiliker word dit om die ou gevoelens te ignoreer.
Soms moet ’n mens eers deur die seer van gister werk voordat die hart weer kan liefhê.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Waar Liefde weer Blom (Grootdruk)

R249.00

Jacoba het eens geglo sy het die liefde van haar lewe gevind. Maar die man op wie sy verlief geraak het, het mettertyd haar grootste nagmerrie geword. Op ’n plaas waar vrees, vernedering en mishandeling deel van haar daaglikse bestaan geword het, moes sy en haar drie seuns leer om stil te bly en te oorleef. Tot die dag aanbreek waarop Jacoba besef sy kan nie langer so leef nie. Met haar kinders aan haar sy, waag sy die onbekende in – op soek na veiligheid, vrede en ’n nuwe begin. Maar kan ’n gebroke hart ooit weer liefhê? Wanneer Dewald onverwags deel van haar lewe word, ontdek Jacoba dat liefde nie altyd seermaak nie. Soms bring dit genesing, hoop en ’n tweede kans. Terwyl ou wonde stadig begin heel, leer sy dat selfs ná die donkerste storm weer blomme kan blom.

Sending Woestynwolf (Grootdruk)

R169.00

Wanneer ’n mediese tent in die Sudanese woestyn deur ’n aanval getref word, verander dokter Anja Siebert en haar kollegas se wêreld in ’n nagmerrie. Dokters word ontvoer, onskuldige mense vermoor en ’n seuntjie, Yara, verloor sy ma. Te midde van die chaos word ’n reddingsoperasie van stapel gestuur deur kaptein Gustav Minnaar en sy spesiale magte-span.
Vir Libbie Perreira is die verlede skielik weer lewendig. Die man vir wie sy eens lief was, staan nou aan die ander kant van die geweer.

Onwillige skenker (Grootdruk)

R169.00

Luitenant Erik Rossouw, verbonde aan Moord en Roof Spesiale Eenheid – Kaapstad, sit met die hande in die hare. Verskeie moorde word in en om Kaapstad gepleeg waar organe geoes word en die moordenaars los geen leidrade nie. Gaan luitenant Erik Rossouw en sy span die moordenaars vastrek – en die majoor tevrede stel wat baie hoë eise aan hom stel – voor ’n volgende slagoffer met sy lewe betaal?
Die antwoorde lê tussen die omslag van ONWILLIGE SKENKER.

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die stem van ons Eerste liefdes

Price range: R99.00 through R199.00

Elke mens onthou ʼn eerste liefde
Hierdie is nie net ʼn bundel oor eerste liefdes nie; dit is ʼn viering van die oomblikke wat ons gevorm het, ons laat lag het, ons laat huil het en ons geleer het dat sommige liefdes nooit werklik verdwyn nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sing vir my ‘n droom

Price range: R99.00 through R199.00

Amanda Visser is tevrede met haar stil lewe van studies en haar geheime skrywersdroom. Liefde is nie op haar agenda nie – tot sy Ben Calitz, die talentvolle jong sanger, een aand in ’n klub sien. Wat begin as ’n toevallige ontmoeting, word vinnig ’n intense verbintenis wat albei se wêrelde op sy kop draai.

Tussen studiesdruk, ’n kritiese ma, en die uitdagings van ’n lewe in die kollig, moet Amanda en Ben besluit: kan hulle liefde die storms van die lewe trotseer, of bly dit net ’n mooi droom?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tussen verlies en asemhaal

Price range: R99.00 through R189.00

Tussen Verlies en Asemhaal is nie ’n mooi storie met netjiese antwoorde nie. Dis ’n rou, eerlike reis deur geweld, verwerping, stilte, liefde, verslawing en die diep verlange om net êrens te behoort. Daniel Pretorius vertel van ’n lewe vol rondswerf, wegkruip en probeer oorleef in ’n wêreld wat hom dikwels laat voel het hy is verkeerd. Van ’n seun wat moes leer om sy eie asem terug te vind tussen trauma, geheimhouding en verlies. Dis ’n verhaal van: gebroke families, verbode liefde, Hillbrow se lig en donker, die letsels van woede, en die klein, hardnekkige hoop wat nooit heeltemal doodgaan nie. Brutaal eerlik. Soms seer, maar altyd menslik. Want selfs tussen verlies … bly ’n mens asemhaal.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Rose vir Olivia (Groot Druk)

R299.00

Olivia se huwelik lyk perfek van buite – ’n aantreklike dokter as man, ’n suksesvolle lewe en ’n toekoms wat belowend lyk. Maar agter geslote deure begin krake wys. Charl se besitlikheid, sy geheime en sy behoefte aan aandag dreig om alles te vernietig waarvoor sy geveg het. Wanneer Olivia probeer verander om haar man se liefde terug te wen, besef sy stadig maar seker dat sy besig is om haarself te verloor. Hoe ver is sy bereid om te gaan om haar huwelik te red – en teen watter prys? Intussen veg Rudi om sy vrou, Lara, uit die greep van verslawing te red, terwyl hul liefde stadig verbrokkel onder die gewig van verlies en pyn. Twee huwelike. Twee gevegte. Een waarheid: liefde alleen is nie altyd genoeg nie. Wanneer die waarheid uiteindelik uitkom, moet elkeen besluit – veg hulle verder, of stap hulle weg?

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Karoo Liefde

Price range: R99.00 through R229.00

Mia de Waal se lewe stort in duie wanneer sy haar man se verraad ontdek – op dieselfde dag wat sy uitvind sy is swanger. Met ’n gebroke hart, twee tasse en ’n bietjie kontant vlug sy na die Karoo om oor te begin. In Graaff-Reinet waag sy dit om haar eie blommewinkel oop te maak, vasbeslote om op haar eie bene te staan en vir haar ongebore baba ’n toekoms te skep. Herman le Roux is ’n boer met sy eie krisis. ’n Ongewone testament plaas hom voor ’n onmoontlike keuse.  Wanneer Herman en Mia se paaie onverwags kruis, ontstaan ’n plan wat albei se probleme kan oplos – ’n huwelik sonder beloftes van liefde. Maar die Karoo hou nie van half waarhede nie.  Karoo Liefde is ’n roerende verhaal van tweede kanse, genesing en liefde waar jy dit die minste verwag.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Adult
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Skaakmat

Price range: R99.00 through R359.00

Eliana Moore beland vasgevang in die invloedryke Malan-familie se glansryke, maar verstikkende wêreld. Agter luukse
hotelle, internasionale jag-ekspo’s en ’n sogenaamd onberispelike familienaam skuil manipulasie, beheer en stil
wreedheid. Wanneer sy verlief raak op Cameron Malan, erfgenaam van ’n magtige jagryk, word sy onwetend ’n pion in ’n
groter magspeletjie. Cameron moet kies tussen familieplig en die vrou wat sy hart onherroeplik verander het. Terwyl sy
dominerende moeder alles in haar vermoë doen om beheer te behou, word Eliana se geloof, selfwaarde en volharding tot
die uiterste beproef.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Audio Book EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Moorman

Price range: R149.00 through R389.00

Rupert Murdoch is ʼn moordenaar. ʼn Sluipmoordenaar in ’n donker wêreld waar opdragte gegee word sonder vrae, en skuldgevoelens geen plek het nie. Wanneer Murdoch nie moor nie, is hy Brian McKenna wat op ondenkbare wyses poog om die
bloed van sy hande te was. Ná jare van moord en verraad erf hy onverwags ’n plaas in Limpopo – ’n stukkie grond waar stilte en sonlig hom moontlik ’n nuwe begin kan bied. Op Wolwefontein wag meer as net stilte. Hanri, die vrou wat onwetend sy donker wêreld binnewandel, word sy veilige hawe na wie hy telkens terugkeer. Maar vrede is ’n luukse wat min mense hom gun. Die verlede, in die gedaante van die beeldskone, maar dodelike, Suzanne volg hom soos ’n skaduwee. Murdoch word die teiken van die stelsel wat hom geskep het. Dié keer slaan die moordenaar terug. En wanneer moord, wraak en liefde begin saamvloei, moet hy besluit: kan ’n moorman ooit in die lig leef? Moorman is ’n meedoënlose, spanningsvolle roman wat die grense tussen skuld en geregtigheid, passie en gevaar, ondersoek. Dit is nie vir sensitiewe lesers nie – maar vir dié wat dapper genoeg is om in die donker te kyk.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 2 3 … 15