EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tuiskoms (Groot Druk)

Price range: R109.00 through R249.00

Tuiskoms neem die leser op ’n sagte, eerlike reis deur herinneringe, verlies, liefde en die eenvoudige oomblikke wat ’n mens se lewe vorm. In hierdie bundel van persoonlike sketse loop die skrywer terug deur die stofpaaie van haar jeug, die warmte van familie, die pyn van afskeid en die vreugde van klein oorwinnings. Sy ontbloot die hart se skaduwees en lig, en wys hoe elke dag se stories – van ’n oggendkoffie tot ’n berg vol stilte – ’n mens help verstaan wie jy is en waar jy hoort. Met ’n stem wat sag praat maar diep tref, nooi die skrywer jou om saam met haar te sit op ’n Namib-grasveld, om saam met haar te lag oor kindwees, en saam met haar te huil oor die dinge wat mens nie altyd kan sê nie. Dit is ’n bundel oor tuiskoms – nie net na ’n plek nie, maar na jouself.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Spaghetti en slaaiblare

Price range: R79.00 through R209.00

Hierdie bundel is gebore uit daardie ruimtes – tussen spaghetti wat nooit gekook het nie, en slaai wat skielik genoeg
was. Dit is verhale van mense wat wag, kies, vergeet, of eenvoudig opgee. Van drome wat skemer word, en realiteite wat
vreemd eenvoudig is. Van verwagting wat nie eindig in triomf nie, maar in ’n ander soort vrede. Spaghetti en Slaaiblare
is nie net kos nie. Dis simbolies. Dis die spanning tussen warm en koud, tussen belofte en aanvaarding. Dis wat gebeur
wanneer jy ophou roer, en net kyk. Dis hoe jy leer om te eet wat jy het — en nie met wat jy verwag het nie.

 

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Turksvye en Tameletjie

Price range: R99.00 through R199.00

Description:
’n Versameling stories, gedagtes en skrywes wat soos ’n turksvy, soms stekerig en uitdagend, en tameletjie, soet en aanhoudend, jou hart en siel sal roer.
In Turksvye en Tameletjie vat ’n vrou met ’n wil van haar eie, jou saam op ’n reis vol eerlikheid, humor en diep introspeksie. Sy is nie perfek nie, maar sy is eg en onverbeterlik.
Hierdie bundel is vir die dromers wat anders wil wees, die opregte soekers na integriteit en die mense wat verstaan dat ware kragte in die sagtheid met ’n ruggraat van staal lê.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Oswald, Lenney and Blainey on a leash

Price range: R119.00 through R279.00

Oswald, Lenney and Blainey on a Leash is a heartwarming, richly layered memoir that follows three extraordinary lives shaped by circumstance, struggle, and serendipity. From Oswald, a clown born of hardship and resilience in the Cotswolds, to Lenny, a misunderstood child in rural Canada, and Abbo, a boy from Kampala whose life is transformed by an unlikely bond with a Shoebill Stork, this tale celebrates the triumph of spirit over adversity. Through personal tragedy, cultural divides, and the healing power of laughter and loyalty, their stories intertwine in unexpected ways. At its heart, this is a story about belonging, purpose, and the beautifully flawed journey toward becoming one’s true self. It is a tribute to memory, imagination, and the quiet magic found in the ordinary. A gentle mix of memoir, whimsy and nostalgia, this book invites readers into a world where difference is embraced, and love wears a painted smile.

 

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wesoewer

Price range: R79.00 through R189.00

Welkom by Wesoewer — ’n unieke oord vir oues en jonges.
Wesoewer is geleë langs die Skurwe Berge en onder loom die beeldskone Bosluisrivier: tuiste van vlermuise, skerpioene, rotte, spinnekoppe en spoke. Dit lyk alles vreedsaam maar onder draai die duiwel rond! Wesoewer is ’n boek van 30+ kortverhale van die doen en late van 220 kothuisies en karavane en dit is ’n asemophou en lekkerlag-boek. Daar kan visgevang word in die rivier maar min vis word gevang want die sjerrie en papsakke word mildelik geniet. Ons kan mos vir ons selwers lag, of kan ons?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Vars uit Oesbekistan

Price range: R79.00 through R159.00

Vars uit Oesbekistan neem jou op ’n reis na die hart van Sentraal-Asië — deur die oë van ’n Suid-Afrikaanse musiekonderwyser wat in die onstuimige dae van die Covid-pandemie sy tasse gepak en ’n nuwe lewe in Oesbekistan aangepak het. In hierdie bundel vol humor, heimwee en verwondering deel Emile Minnie sy unieke perspektief op die Oesbek kultuur. ’n Boek vir elkeen wat al ooit gewonder het hoe dit voel om alles agter te laat, en die onbekende aan te durf.

Emile Minnie gesels oor die Oesbek-taal en kultuur:

 

Woordeskat voorlesing:

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Klokkies en Granaatjies

Price range: R69.00 through R179.00

Klokkies en Granaatjies is ’n geurige, ryk versameling mengelmoeskardoes van kortverhale wat diep menslik is – vol vrae, genade en geloof, wat die fyn krake in mense se harte oopvou.  Jy gaan hier mense ontmoet wat twyfel, wonder, weer probeer. Vroue wat sukkel om hul plek te vind. Oumas wat rook en raad gee. Kinders wat hoop bring. En ’n paar karakters wat dalk te na aan die werklikheid voel om net fiksie te wees.

Mari Ströh se stem is eerlik en eg, dikwels met ’n tikkie stoutigheid, altyd met ’n stewige hartklop van geloof, en ’n diep menslikheid wat by jou gaan bly lank nadat jy die boek neergesit het.

Dis stories vir wanneer jy verlang na die eenvoud van gister, toe die lewe nog ’n bietjie stadiger was, toe ’n beker koffie en ’n stukkie koek op die stoep nog genesing gebring het. Elke verhaal fluister: jy is nie alleen nie. En dalk, net dalk, is dit die mooiste waarheid van alles.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tussen Lyne

Price range: R89.00 through R209.00

Hierdie bundel is nie net ’n versameling gedigte nie — dis ’n reis deur die digter se hart, haar kleure, haar lyne. Van kindwees tot nou, van droom tot werklikheid, van hartseer tot hoop. Elke bladsy vertel ’n storie — party in woorde, party in beelde. Dié bundel is ’n kreatiewe versmelting van kuns en poësie, met stukkies van die skrywer self tussenin: haar vrae, haar geloof, haar menswees.
Tussen Lyne is elegant en veelduidig. Dit wek die gevoel dat daar meer is as wat op die oppervlak gesien of gelees word. Die gedigte is rou en reguit, party vol beeldspraak en simboliek – maar altyd eg.
Of jy self al tussen lyne moes leef, of net wil hoor hoe dit daar klink, gaan jy in hierdie bundel iets vind wat met jou praat. Dis vir elkeen wat al gewonder het, gesoek het, geglo het – of net ’n mooi vers of beeld wil ontdek.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PDF
Hot
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die Vlam

Price range: R69.00 through R109.00

Toe Frans en Madelein na Londen vlieg vir hul dogter se troue, het hy nie geweet sy hele lewe gaan verander nie. Die ontmoeting met die beeldskone Anne bring gevoelens na vore wat hy lank begrawe het. Tussen herinneringe, familieband en pynlike afskeid, vind Frans homself in ’n onverwagte tweestryd van liefde en lojaliteit. ’n Hartroerende kortverhaal oor die broosheid van die lewe – en die krag van tweede kanse.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Vrees as Metgesel

Price range: R99.00 through R359.00

In Vrees as Metgesel neem die skrywers jou op ’n spanningsvolle reis deur stegies van misdaad, raaisels en die onbekende. Hierdie keur van 38 kortverhale delf in die donker dieptes van die menslike psige – waar skuld, geheime en wraak soos skaduwees teen die mure fluister.
Van dorpsplekke met bloedbevlekte verlede tot tydreise vol misterie, van geheime biblioteke tot moord onder die silwer maan, is elke verhaal ‘n unieke speurtog wat lesers aan die raai hou tot die laaste sin.
In Vrees as Metgesel word jy saam met ’n reeks speurders, gewone mense én geheimsinnige figure ingesleep in stories waar niks is soos dit lyk nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Nou wat storie jy vandag

Price range: R139.00 through R329.00

Met n skryfstyl wat liries, humoristies en deurspek is met volkseie vertelkuns, bring Cierenberg n vars stem na die Afrikaanse kortverhaalkuns. Dit is n bundel wat mens nie net lees nie, jy beleef dit.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tot Oneindig Einde kry

Price range: R49.00 through R109.00

Tot oneindig einde kry is ’n storie van liefde, tweede kanse en die
dapper besluit om jou hart oop te maak, al is die pad vorentoe
onseker.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Anna Patat se Jewels

Price range: R59.00 through R159.00

Die temas sluit die menslike gees, familiebande, plattelandse eenvoud, en die onvergeetlike humor in gewone situasies in. Karakters soos Hester en Sypa word liefdevol beskryf, terwyl tradisionele en kontemporêre Suid-Afrikaanse leefstyle harmonieus ineengestrengel word. Die verhale is ‘n mengsel van skerp humor, lewenswyshede en nostalgiese oomblikke, en bied iets vir elke leser wat van karaktergedrewe verhale hou.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ou liefde roes nie

Price range: R39.00 through R139.00

Die lewe het vir Mari lelike kurwes gegooi. Sy besluit om na al die ongelukkige jare in die stad, terug te keer na haar plattelandse tuisdorp, waar sy hoop sy weer vrede sal vind. Maar haar planne om ‘n stil lewe te lei, word omvergegooi wanneer Japie Basson, haar ou skoolliefde, onverwags by haar voordeur opdaag. Dieselfde Japie wat haar hart as jong meisie, in seweduisend stukkies gebreek het.
Die soet kom saam met die bitter toe sy besef dat sy na alles, steeds lief is vir hierdie man!. Hulle spandeer ’n aand saam, en soos die noodlot dit bepaal, sy raak swanger. Nie net met een baba nie, maar drie!
Wat volg is ’n verhaal vol nostalgie, humor en emosie. Die storie ontvou met onthullings oor die verlede en dinge wat nie altyd volgens plan verloop nie. Gaan Japie haar bystaan met die swangerskap en deel word van Mari en die drieling se lewens, of gaan hy die pad vat en wéér haar hart breek?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Kaalvoetdrome se Onthou

Price range: R99.00 through R229.00

God se roepstem beur deur die hart van ? Namakwaland-kaalvoetkind, gevoed met xhouroe-koring, xhaba-brood, xhom-vleis en biesmelk. ? Kind met drome, toe haar drome nog nie drome was nie. Wat weet jy tog van drome in jou kleintyd? Haar liefde vir skryf tamboer en spook in haar hart. Hoekom?
Dis Sy roepstem en gawe wat uit haar hart wil ontsnap. Hy bring Sy woorde op vlerke, sý moet dit gee, vir hulle wie smag na Sy juk, maar tevergeefs in wanhoop bly wag. Sy kosbare woorde bloei in haar hart, sy gee dit aan jou: Daar is HOOP. Dankie, Here, vir die onthou van kaalvoetdrome wat bloei en groei nes die Namakwalandse blommetjies, wat gedy op die verkwikkende genade van ons Skepper.
Kaalvoetdrome Ek verlang na kaalvoetdrome wat roepstem uit my hart oor grou verledes oud oorlê deur seisoene draal maar steeds in my flonkernes sterretjies ver en blink in die stille donker as my drome kaalvoet wink.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Melodie van die Winterwind

Price range: R39.00 through R139.00

Gretha Meyer is alleenlopend en bietjie lugtig vir die liefde nadat sy alreeds deurgeloop het en deur die liefde verraai is. Dan ontmoet sy onverwags een wintersaand die verdwaalde Gerhard met sy ietwat Amerikaanse aksent, na baie jare in die buiteland. Sy reël ‘n staptog vir haar stapklub en Gerhard besluit om saam te gaan. Hy bring ’n paar mense saam wat vreemdelinge vir die klub is, en haar lewe word skielik bedreig op die roete waarna sy so lank uitgesien het!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 2 8