Welcome To Malherbe Publishers
Welcome to Malherbe Uitgewers, where dreams take flight and stories come to life. Our journey began with a simple yet profound belief: that every individual harbors a dream worth sharing. Whether clearly articulated or long-forgotten, these dreams have the power to inspire and transform.
At Malherbe Uitgewers, we celebrate the legacy of storytelling, cultivating imagination, enriching minds, and elevating words to excellence. Our story is one of passion, perseverance, and the enduring power of dreams. Join us as we continue to turn dreams into reality, one page at a time. READ MORE…
Why Choose Us
Editing
Complete and professional review of your entire manuscript.
Proofing
Spelling, grammar, punctuation and formatting of your manuscript.
Cover Designs
Designing covers that creatively embody the essence of your book.
Marketing
Boosting your book’s visibility and sales through strategic marketing.
Distribution
Ensuring wide distribution across multiple channels and formats.
Rights Management
Managing and licencing book rights including foreign, audio and digital.
Our Newest Arrivals
Los gedagtes
R119.00Los Gedagtes deur Karien Croucamp is ’n eerlike versameling gedigte wat die rou waarheid van liefde, verlies, verlange en selfontdekking vasvang. Met eenvoudige maar diep trefkrag neem hierdie bundel die leser op ’n reis deur gebroke harte, stiltes wat skree, en hoop wat stadig weer blom. Elke gedig voel soos ’n fluistering uit die siel – soms sag en teer, soms seer en onverbloemd. Die temas van afskeid, moederliefde, gemis en innerlike groei word herhaal soos seisoene wat kom en gaan. Tog bly daar altyd ’n liggie brand: die moontlikheid van môre, van genesing, van jouself weer vind. Hierdie bundel is vir elkeen wat al liefgehad en verloor het. Vir elke hart wat nog leer om weer te glo. Los Gedagtes is nie net woorde op papier nie – dit is emosies wat asemhaal
Die Lewe en sy Skeure
Price range: R89.00 through R169.00Die lewe en sy skeure is ’n hartroerende verhaal wat diep delf in die broosheid én krag van ’n gewone gesin. Frans en Alexa probeer met liefde en vasberadenheid hul twee seuns grootmaak te midde van alledaagse uitdagings, onverwagse gevare en die blywende seëninge wat net ’n gesin kan bring. Wanneer ’n vreemdeling onverwags hul lewens binnewaai, word hul vrese opnuut wakker—maar ook onverwagte hoop. Die verhouding tussen klein Leon en die eensaam ou man ontvou as ’n stille getuienis van liefde wat grense oorbrug en die mensdom herinner aan eenvoud, goedheid en genade. Maar dan tref tragedie. ’n Oomblik verander alles—’n stil straat, ’n skreeuende rem, en twee klein fietsies wat nooit weer dieselfde sal wees nie.
Ek is Piet
Price range: R99.00 through R279.00Wie is Piet? Vir die meeste mense is hy net nóg ’n boemelaar – vuil, mank en sonder ’n adres. Mense kyk weg, trek hul neuse op en stap vinniger verby. Niemand vra vrae nie. Niemand wil sy storie hoor nie. Maar elke mens dra ’n verlede saam. Terwyl Piet sukkel om met ’n besmette wond, honger en vernedering te oorleef, ontvou daar stadig ’n verhaal van verlore drome, gebroke verhoudings en keuses wat ’n lewe onherroeplik verander het. Die wêreld sien net die man langs die straat, maar agter die vuil baard en verslete klere skuil ’n mens met ’n naam, ’n geskiedenis…
Die Walvisspeurder
Price range: R99.00 through R229.00Ná haar ouers se egskeiding verhuis Sonya Langenhoven na Hermanus, waar sy op ’n ou dagboek en geheime uit haar ouma se verlede afkom. Terwyl sy die verdwyning van die walvisnavorser dr. Corine Marais ondersoek, ontdek sy ’n gevaarlike waarheid wat steeds beskerm word. Tussen walvisse en bedreigende magte besef Sonya dat die verlede nie so maklik begrawe bly nie.
BELEEF die lewe met LUPUS
Price range: R99.00 through R249.00Wat gebeur wanneer jou liggaam begin veg teen jou, maar jou gees weier om op te gee? Beleef die lewe met Lupus is ’n eerlike, roerende verhaal van ’n vrou wat leer leef met ’n chroniese outo-immuunsiekte – en steeds kies om voluit te leef. Van ’n skielike diagnose op ’n jong ouderdom tot jare van pyn, moegheid en emosionele stryd, neem sy die leser saam op ’n reis van verlies, aanvaarding en nuwe hoop. Met rou eerlikheid en diep geloof vertel sy van dae van wanhoop, maar ook van stille oorwinnings en onverwagte seëninge. Hierdie boek is nie net vir mense met lupus of chroniese siektes nie, maar vir elkeen wat al moes leer aanpas, stadig moes leef en weer moes glo. Dis ’n getuienis van genade, deursettingsvermoë en die krag om – ten spyte van alles – die lewe steeds te beleef.
From Bloemfontein to Bargème
Price range: R109.00 through R359.00From the dusty plains of Bloemfontein to the timeless hilltop village of Bargème in France, From Bloemfontein to Bargème, is a deeply personal journey across continents, cultures and memory. Through vivid recollections and reflective storytelling, Kobus de Villiers traces the winding path of a life lived beyond expectations — from a childhood shaped by the rhythms of the Free State to extraordinary travels through Europe, Africa and beyond. With honesty and gentle humour, he explores identity, belonging and the restless urge to seek more than the life that was mapped out for him. Each chapter unfolds like a carefully preserved photograph: moments of love, loss, adventure, military service and quiet reflection woven into a tapestry of experience. Along the way, landscapes become characters, memories blur with imagination, and the question of home evolves into something far greater than geography. This memoir is not only a travelogue but a meditation on time, heritage and the stories that shape us…
Moord rym nie
Price range: R89.00 through R219.00Sewe vreemdelinge. ’n Afgeleë kasteel teen ’n misbedekte berg. En limerieke wat in bloed geskryf word. Toe die land in inperking gaan, aanvaar De Wet Coetzee ’n oënskynlik onskuldige uitnodiging om die afgesonderde Reed-kasteel te gaan oppas. ’n Kans om weg te kom. ’n Kans om weer te skryf. Maar skaars het die gaste hul kamers betrek, of ’n donker rympie wag op elkeen — ’n waarskuwing oor skuld wat nie afgewas kan word nie. Wanneer die eerste limeriek in bloed teen ’n muur verskyn, besef hulle: iemand speel nie speletjies nie. Elke vers ontbloot ’n geheime sonde. Elke rym voorspel ’n dood. Afgesny van die buitewêreld. Geen ontsnapping. Geen hulp. En wanneer De Wet die enigste oorlewende is, begin die ware vraag: Wie het die limerieke geskryf? En wat as die digter nog lank nie klaar is nie?
Vuurklip
R239.00Vuurklip bevat ‘n keur van die skrywer se beste preke as ‘n predikant, maar bied ook sielkundige perspektiewe op verskillende lewenskwessies. As ‘n predikant en gekwalifiseerde sielkundige, bied hierdie boek sielkundige perspektiewe vir teologiese vrae op ‘n vars en praktiese manier wat die leser help om uitdagings van die lewe die hoof te bied op ‘n Christelike en praktiese wyse.
Hoewel die boek praktiese antwoorde bied, is daar ‘n onderliggende nostalgiese vertelling oor kinderherinneringe en die ontdekking van ’n tonteldoos. Soos die vuurklip altyd ’n vonk kan lewer, bied die Woord van die Here voortdurend lig en leiding—ongeag die omstandighede, dag of nag.
Popular Authors
View our popular authors from the greatest South Africa books of all time.
Best Selling Books
Gulpflerrie en ander Seksstories
Price range: R79.00 through R229.00Die drie boustene van ’n suksesvolle verhouding is liefde, vertroue en kommunikasie. Gulpflerrie skep vir paartjies die geleentheid om spontaan oor hulle seksuele behoeftes te kommunikeer. Seks is ’n belangrike aspek van enige gesonde verhouding. Paartjies met ’n goeie sekslewe is gewoonlik gelukkiger en voel nader aan mekaar as ander paartjies. As vroue meer fantaseer oor seks en mans meer ingestel raak op hulle maats se seksuele bevrediging, sal almal meer liefde WIL maak.
In Gulpflerrie word ook lewenslesse aan die leser deurgegee, soos in “Thaise vakansieklimaks:” ‘Only when you are no longer afraid, you can begin to enjoy life” en Kahlil Gibran: “Wanneer die liefde roep, moet jy dit volg.”
The real housewives of Southport
Price range: R69.00 through R159.00When Marion Faure and her husband retire to the quiet coastal village of Southport, she expects peaceful days, sea air,
and a simple life. What she doesn’t expect is loneliness—or the hilarious, fearless group of women she will soon call friends. After forming an informal coffee club, “The Real Housewives of Southport” quickly become a tight-knit circle of sharp-tongued, big-hearted ladies who love their community as fiercely as they tease one another. But when they uncover a crooked developer’s plan to buy up beachfront homes through intimidation, sabotage, and back-door deals, these ordinary women turn into an unlikely force of justice. Armed with wit, wine, and a mischievous sense of adventure, the group launches “Project Stronzo”—a bold, risky mission to expose corruption and protect the village they love. Heartwarming, laugh-out-loud funny, and filled with sisterhood, this charming tale celebrates friendship, courage, and the power of a united community.
Vars uit Oesbekistan
Price range: R79.00 through R159.00Vars uit Oesbekistan neem jou op ’n reis na die hart van Sentraal-Asië — deur die oë van ’n Suid-Afrikaanse musiekonderwyser wat in die onstuimige dae van die Covid-pandemie sy tasse gepak en ’n nuwe lewe in Oesbekistan aangepak het. In hierdie bundel vol humor, heimwee en verwondering deel Emile Minnie sy unieke perspektief op die Oesbek kultuur. ’n Boek vir elkeen wat al ooit gewonder het hoe dit voel om alles agter te laat, en die onbekende aan te durf.
Emile Minnie gesels oor die Oesbek-taal en kultuur:
Woordeskat voorlesing:
My Goliat vir altyd
Price range: R89.00 through R219.00Die drie en twintig jarige Amy bly in Gauteng en bevind haar in ʼn posisie waar sy nie langer kan bly nie. Haar bekende pa toer in Nederland en sy wend haar na die moderne tegnologie vir ʼn oplossing. Sy klik impulsief op ’n profiel met die naam Goliat. ’n Eenvoudige boodskap verander haar lewe: “Trou met my asseblief?” Wat begin as ’n ontsnapping, word gou iets dieper. Ruan, die rustige boer met ’n geheime plan, wil hê sy nuwe vrou moet hom leer ken vir wie hy is – nie vir die rykdom wat agter sy naam skuil nie. Maar twee mense uit verskillende wêrelde dra albei geheime, en die waarheid kan hul liefde bou… of vernietig. Tussen die plaas, drome en teleurstellings, ontdek Amy dat haar Goliat nie net ’n man van krag is nie, maar ook een met ’n brose hart. En dalk – net dalk – is sy sy prinses vir altyd.
Hallo Mev Noag
Price range: R79.00 through R239.00Hallo, Mev. Noag is ‘n boek saamgestel deur wanhoop en hoop, ongeloof en geloof met die wete dat wie ons is, waar ons bly, wat ons in ons lewens al gedoen het (goed of sleg) dat God se genade nooit vir ons sal of kan verander nie. Geloof in Hom is al wat ons nodig het om ons deur “enige situasie” te help.
Geloof het Noag gered, Geloof het my, Liezel, gered!
Geloof sal jou ook red!
Mjejane and the Kruger National Park Region
Price range: R99.00 through R350.00Mjejane has been described by one of its visitors as follows: The first time I visited Mjejane, I was captivated by the beauty of nature and the tranquillity of the surroundings. After turning off the N4, we made our way to the Mjejane River Lodge. Along the route, we passed a naboom tree the largest and most beautiful I have ever seen. Further on, we came across a natural waterhole right beside the road, where a large herd of buffalo, accompanied by playful warthogs, were drinking and enjoying the mud.
At the Lodge, we were enchanted by the large fig and marula trees in the area. A particular highlight was watching a woodland kingfisher repeatedly returning to its nest to feed its young. Another unforgettable moment was observing the warthog family residing on the premises wandering through the Lodge s lounge on their way to the pool. These are some of my most cherished experiences. Sitting with my feet in the pool, a beer in hand, and watching animals like hippo, buffalo, giraffe, and elephant from such close proximity was truly magnificent.
DIE BOEK
Price range: R59.00 through R149.00Adri (83) en Stella (80) bestuur ’n gastehuis in Mtwalume, KwaZulu-Natal, om kop bo water te hou nadat inflasie hul spaargeld geknou het. Adri, ’n grapjas wat gaste vermaak, besluit om sy droomboek te skryf in die hoop om sy finansieel sukkelende kinders te help. Ná maande se harde werk vind hy uit publikasie kos geld wat hy nie het nie. Stella weier om spaargeld te waag, maar Adri reël skelm met sy kleindogter. ’n Uitgewer en sy sekretaresse besluit egter om die manuskrip te steel. Moord, brandstigting en ’n gespanne hofsaak volg, waar familie as regshulp intree.
Net een soos Ester
Price range: R79.00 through R189.00Ester, die geliefde “baba engel” by die see, is ’n toegewyde vroedvrou met ’n hart vir moeders en babas. Ná die dood van haar mentor, Ou-Dok, worstel sy met verlies, maar haar integriteit hou haar op koers. David, Ou-Dok se seun, ontwrig haar emosies, maar ook haar hart. Met Kandas, haar kat, as stille bemiddelaar, leer Ester en David mekaar ken. Wanneer haar beste vriendin Ingrid moet kraam, word Ester se toewyding opnuut getoets. Sal sy alles alleen kan hanteer?


