Welcome To Malherbe Publishers
Welcome to Malherbe Uitgewers, where dreams take flight and stories come to life. Our journey began with a simple yet profound belief: that every individual harbors a dream worth sharing. Whether clearly articulated or long-forgotten, these dreams have the power to inspire and transform.
At Malherbe Uitgewers, we celebrate the legacy of storytelling, cultivating imagination, enriching minds, and elevating words to excellence. Our story is one of passion, perseverance, and the enduring power of dreams. Join us as we continue to turn dreams into reality, one page at a time. READ MORE…
Why Choose Us
Editing
Complete and professional review of your entire manuscript.
Proofing
Spelling, grammar, punctuation and formatting of your manuscript.
Cover Designs
Designing covers that creatively embody the essence of your book.
Marketing
Boosting your book’s visibility and sales through strategic marketing.
Distribution
Ensuring wide distribution across multiple channels and formats.
Rights Management
Managing and licencing book rights including foreign, audio and digital.
Our Newest Arrivals
Droefheid van ‘n Eensame
Price range: R99.00 through R199.00Sy het vir almal geleef… maar nou leef sy alleen. Droefheid van ’n Eensame is ’n hartroerende verhaal oor ouderdom, verlies, vergifnis en die diep menslike behoefte aan liefde—’n herinnering dat niemand werklik alleen behoort te wees nie.
50 voor 40 – Anine Fischer
R159.0050 voor 40 is ‘n samestelling van 50 van my gedigte (Afrikaans en Engels). Die temas van die gedigte wissel van geloof- en morele kwessies, tot lewenservaringe (hetsy my eie of die van iemand anders). Elkeen van hierdie gedigte is geïnspireer deur of gebaseer op ware gebeure of persone.
Onheilspellende Maansverduistering
R269.00‘n Verhaal vol intriges, verraad, moord en hartseer romanse.
Die verhaal speel hom uit in ‘n ou Laeveldse dorpie, waar Konstabel van der Plooi en sy kollegas ‘n moord moet oplos. Konstable van der Plooi is ‘n stoftrappertjie, gaan hy homself handhaaf en staande kan bly tot die einde toe, in ‘n wereld vol dwelms en meisies.
Kaleidoskoop (Kortverhale en gedigte)
R179.00Allison beeld haar liefde vir Afrikaans in hierdie besonderse bundel mooi uit. Sy beskryf haar taal as wonderlik want ‘n klinker en vokaal vorm saam ‘n woord wat lewe bring.
Fyn lyn tussen Liefde & Haat
R194.00Marcel en Stefan se lewe begin toe hy haar die eerste keer in Graad 1 Sien. Hy kry haar lief met ‘n seunshart, met ‘n liefde wat met die jare groei tot ‘n volwassenheid. Sy leer om hom te haat en te vrees. Sy begin werk ver weg van haar ouerhuis en van Stefan af. Vir nege jaar ontwyk sy hom. Dan loop sy hom weer eendag raak.
Gulpflerrie en ander Seksstories
Price range: R79.00 through R229.00Die drie boustene van ’n suksesvolle verhouding is liefde, vertroue en kommunikasie. Gulpflerrie skep vir paartjies die geleentheid om spontaan oor hulle seksuele behoeftes te kommunikeer. Seks is ’n belangrike aspek van enige gesonde verhouding. Paartjies met ’n goeie sekslewe is gewoonlik gelukkiger en voel nader aan mekaar as ander paartjies. As vroue meer fantaseer oor seks en mans meer ingestel raak op hulle maats se seksuele bevrediging, sal almal meer liefde WIL maak.
In Gulpflerrie word ook lewenslesse aan die leser deurgegee, soos in “Thaise vakansieklimaks:” ‘Only when you are no longer afraid, you can begin to enjoy life” en Kahlil Gibran: “Wanneer die liefde roep, moet jy dit volg.”
Abishag – Charne Harding
Price range: R39.00 through R109.00Abishag se verhaal vertel van ’n jong meisie wat deur geloof en deursettingsvermoë ’n groot invloed op baie mense se lewens het. Haar eie innerlike stryd veroorsaak ’n groot wroeging; sal sy ooit haar ma en broers kan vergewe omdat hulle haar lewe gesteel het vir eie gewin?
My Naam is Jos
R199.00Jos se eerste publikasie van nog vele wat sal volg!
Kom beleef die opwindende, hardegat, doelgerigte, snaakse unieke manier van sê met Jos! Lag is goed vir die gemoed!
Popular Authors
View our popular authors from the greatest South Africa books of all time.
Best Selling Books
Die avontiere van Kerneels Fourie
R199.00Ontmoet Kerneels Fourie – ’n klein hondjie met ’n groot persoonlikheid en nog groter avonture! Van sy eerste dag in sy nuwe huis tot sy snaakse ontmoetings met Chappieskat, die “koel ouers” en ’n wêreld vol vreemde mense-goeters, vertel Kerneels sy storie op sy eie unieke manier. Met sy skewekop-kyk, snaakse redenasies en onweerstaanbare eerlikheid, neem hy lesers saam op ’n reis vol lag, chaos en liefde. Maar wees gewaarsku – hierdie is nie ’n gewone storie nie. Dis vertel in egte hondetaal, waar alles nét ’n bietjie anders klink en baie meer pret is! Tussen modder-avonture, dam-uitstappies en klein stoutighede leer Kerneels ook wat dit beteken om deel van ’n familie te wees. ’n Hartroerende en skreeusnaakse storie wat wys: Soms sien ’n hond die wêreld baie beter as mense.
Gulpflerrie en ander Seksstories
Price range: R79.00 through R229.00Die drie boustene van ’n suksesvolle verhouding is liefde, vertroue en kommunikasie. Gulpflerrie skep vir paartjies die geleentheid om spontaan oor hulle seksuele behoeftes te kommunikeer. Seks is ’n belangrike aspek van enige gesonde verhouding. Paartjies met ’n goeie sekslewe is gewoonlik gelukkiger en voel nader aan mekaar as ander paartjies. As vroue meer fantaseer oor seks en mans meer ingestel raak op hulle maats se seksuele bevrediging, sal almal meer liefde WIL maak.
In Gulpflerrie word ook lewenslesse aan die leser deurgegee, soos in “Thaise vakansieklimaks:” ‘Only when you are no longer afraid, you can begin to enjoy life” en Kahlil Gibran: “Wanneer die liefde roep, moet jy dit volg.”
Uiters geheim
Price range: R189.00 through R399.00Dit is ’n lang en ongelooflike pad van Welkom in die Vrystaat tot by Einstein se kantoor …
Kobus de Villiers is in Bloemfontein gebore en het in Welkom skool- gegaan. Ná sy loopbaan is hy nou afgetree. Hy doen steeds konsultasiewerk en bou eksperimente in sy werkswinkel by die huis. Kobus woon saam met sy vrou op die weskus van Kanada. Hulle het ook ’n kuierplek in die suide van Frankryk.
‘n Poskaart uit Moskou
Price range: R99.00 through R339.00Gebaseer op ‘n ware verhaal.
‘n Angswekkende gil weergalm in die donker gang af. Afgemete voetstappe klop onheilspellend op die harde teëls. Koue oë staar deur die loergat in die swaar houtdeur.
Ek is hier in Moskou Oblast se sanatorium. Hoe het ek hier beland – was dit deur die KGB of Vladlen Mikhailov se Vierde Departement? Hulle niksseggende kantore is mos hier naby, net ? paar honderd meter wes van die Kremlin, by 19 Bolshoi Znamenskylaan.
Gedagtes warrel in my agterkop. Wie het vir Gerald Bull geskiet en waarom?
Mjejane and the Kruger National Park Region
Price range: R99.00 through R350.00Mjejane has been described by one of its visitors as follows: The first time I visited Mjejane, I was captivated by the beauty of nature and the tranquillity of the surroundings. After turning off the N4, we made our way to the Mjejane River Lodge. Along the route, we passed a naboom tree the largest and most beautiful I have ever seen. Further on, we came across a natural waterhole right beside the road, where a large herd of buffalo, accompanied by playful warthogs, were drinking and enjoying the mud.
At the Lodge, we were enchanted by the large fig and marula trees in the area. A particular highlight was watching a woodland kingfisher repeatedly returning to its nest to feed its young. Another unforgettable moment was observing the warthog family residing on the premises wandering through the Lodge s lounge on their way to the pool. These are some of my most cherished experiences. Sitting with my feet in the pool, a beer in hand, and watching animals like hippo, buffalo, giraffe, and elephant from such close proximity was truly magnificent.
Lang pad na selfaanvaarding
Price range: R109.00 through R249.00Lang pad na selfaanvaarding is ’n eerlike en diep persoonlike reis deur ’n lewe vol vrae, seer, geloof en uiteindelike hoop. Van ’n moeilike begin by geboorte, ’n kinderjare van eensaamheid en die voortdurende soeke na aanvaarding, tot die uitdagings van volwassenheid en die emosionele storms wat die lewe bring – hierdie verhaal neem die leser saam op ’n pad van selfontdekking. Teen die agtergrond van ’n veranderende wêreld en persoonlike krisisse, leer Ellibet om haar eie stem te vind en die stilte rondom innerlike stryd te verbreek. Met eerlikheid, humor en geloof deel sy haar verhaal sodat ander kan weet: jy is nie alleen nie. Hierdie boek is vir elkeen wat al ooit gewonder het of hulle goed genoeg is – en wat die moed soek om hul eie waarde te ontdek. Soms begin genesing eenvoudig met die eerste stap op ’n lang pad na selfaanvaarding.
Vars uit Oesbekistan
Price range: R79.00 through R159.00Vars uit Oesbekistan neem jou op ’n reis na die hart van Sentraal-Asië — deur die oë van ’n Suid-Afrikaanse musiekonderwyser wat in die onstuimige dae van die Covid-pandemie sy tasse gepak en ’n nuwe lewe in Oesbekistan aangepak het. In hierdie bundel vol humor, heimwee en verwondering deel Emile Minnie sy unieke perspektief op die Oesbek kultuur. ’n Boek vir elkeen wat al ooit gewonder het hoe dit voel om alles agter te laat, en die onbekende aan te durf.
Emile Minnie gesels oor die Oesbek-taal en kultuur:
Woordeskat voorlesing:
Hallo Mev Noag
Price range: R79.00 through R239.00Hallo, Mev. Noag is ‘n boek saamgestel deur wanhoop en hoop, ongeloof en geloof met die wete dat wie ons is, waar ons bly, wat ons in ons lewens al gedoen het (goed of sleg) dat God se genade nooit vir ons sal of kan verander nie. Geloof in Hom is al wat ons nodig het om ons deur “enige situasie” te help.
Geloof het Noag gered, Geloof het my, Liezel, gered!
Geloof sal jou ook red!


