Sending Woestynwolf
Price range: R39.00 through R139.00Die Weermag stuur ’n span van die Spesiale Magte om die bende vas te trek en die genadelose plundering van besittings en lewens te beëindig. Kaptein Gustav Minnaar en sy manskappe bevind hulle binne-in ’n nes van dwelm- en mensehandel.
Gaan kaptein Minnaar en sy span daarin slaag om die bende vas te trek en die persoon wat agter hierdie gruweldade sit, ontmasker? Gaan hulle die ontvoerde dokters opspoor? Gaan almal lewend uit hierdie verbete stryd tree?
Binne die omslag van SENDING: WOESTYNWOLF lê al die antwoorde. Die verhaal is gelaai met spanning en baie aksie, asook ’n tikkie humor en ’n ou liefde wat, ten spyte van die stryd teen gewetenlose plunderaars, dalk weer kan opvlam.
Maak jou maar klaar vir ’n paar asem-ophou-oomblikke…
