Vuurmaakhout
R179.00Duet bundel met Loret Zwarts
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Duet bundel met Loret Zwarts
Engela Boshoff struikel-val in Louis Eloff se arms toe sy haar skoenveter vastrap. In ’n oogwink raak sy onherroeplik en onbeheersd verlief op die man met die kuiltjie in sy wang. Liefde met die eerste oogopslag, noem hy dit. Voordat hy haar naam ken of weet wie sy is, soen hy haar en kan sedertdien nie meer sy hande of lippe van haar lyf af hou nie. As sy tog net van die chroniese lighoofdigheid en oorontsteking kan ontslae raak …
Ses maande later, tydens hul wittebrood, kry hulle die uitslag van Engela se duiseligheid.
Annemarie Agenbacht, is 12 jaar oud en gebore in Centurion, Gauteng. Wat inspireer haar om te skryf? Dit is ‘n baie moeilike vraag vir haar, want baie van haar gedigte en stories word geïnspireer deur gebeure in haar lewe. So mens kan dus sê dis haar manier om ‘n oomblik vas te vang en aan vas te hou.
Sy vertel dat om te skryf ‘n beter manier is om jouself te leer ken en oor jare te kan reflekteer oor hoe jy eens was, want nie eens foto’s of videos gee jou daardie satisfaksie nie. In gedigte kan jy meer oor emosies skryf as wat jy byvoorbeeld voor mense kon sê.
‟Die pen is magtiger as die swaard”, as dit die geval is, is hierdie bundel ‟dalk moontlik die magtigste wapen in ‘n tienerhand.”
Van liefdesteleurstellings, tot wandelinge op die strand. Van irriterende broers, tot die onmoontlike konsep van “sport”. – alles in een boek.So neem my huis toe en deel die ervaring.
Abishag se verhaal vertel van ’n jong meisie wat deur geloof en deursettingsvermoë ’n groot invloed op baie mense se lewens het. Haar eie innerlike stryd veroorsaak ’n groot wroeging; sal sy ooit haar ma en broers kan vergewe omdat hulle haar lewe gesteel het vir eie gewin?
As aansporing vir lede wat die kursus, Praktiese skryfkursus vir beginners, voltooi het – of besig is daarmee – het ons besluit om ’n bundel kortverhale aan te pak. Die deelnemers aan die kortverhaalbundel, Half Gewonne – ’n Bundel vir Eerstes, aan die werk gespring en uiteindelik met ’n heerlike versameling kortverhale vorendag gekom.
Baie verhale oor die jare heen is al vertel en baie het met die tyd vergete gegaan, maar hierdie verhaal kan niemand vergeet wat dit ooit gelees het of van die storie gehoor het. Dis `n verhaal waarin kinders genees word van `n sekere siekte as dit aan hul vertel kan word, maar wat die kinders nie weet is dat daar iets dieper lê as net hul genesing.
Hierdie is ’n boek vol verskeie tower sprokies en dit beeld my siening uit van die onbekende en die towerwêreld en hoe die lig teenoor die duister te staan kom, en hoekom hul alewig gesluit is in oorloë.
Ek wou ongetemde liefde opdra aan al die vorige vrouens in my lewe, toe onthou ek daar is nie. Nou dra ek die bundel op aan die vrou wat nou in my lewe is. Ook dit is streng gesproke ‘n probleem want ek soek nog na haar, daarom dra ek hierdie bundel op aan die liefde, almal wat dit reeds het en almal wat daarna opsoek is.
In hierdie fiktiewe verhaal ry Alexa die lewe se op-en-af wipplank sodat ons minder alleen voel in ons eie realiteit van die lewe se gebeurtenisse. Sy gryp na haar geloof deur alles wat sy beleef: finansiële probleme, huweliksprobleme en selfs ʼn geliefde aan die dood afstaan. Sy kom leer ons van die herstel en heelmaak wat ons net by God kan vind – veral in huwelike en intimiteit. Mag hierdie geestelike roman vir volwassenes jou gemoed lig maak, jou laat voel ander verstaan, asook hoop gee in tye wat jy gedink het daar is geen hoop.
Van beeste wat vrek gemaak word tot moorde, onder andere sy beste vriend. En dan kom die vrae …
Waar pas Erlank in die prentjie in? Gaan Ryan ‘n vrou weer kan vertrou? Is daar satanisme betrokke? Is wraak nodig?
Ontmoet vir Vettie. Net Vettie. ʼn Gewone seun vol lewenslus, geite en goete.
Die breinkind van Ds Kallie Fourie, afgetrede Leraar van die Baptiste Kerk.
As eerstejaar student het hy met ʼn kinderbediening in Brakpan begin – dit is hier waar Vettie “geskep” is. Hierdie verhale van Vettie het ʼn groot inslag in die kerk gehad en was hoog in aanvraag. Klein en ook veral groot, het dikwels aangedring op ʼn storie oor Vettie.
Vir die afgelope 50 jaar was verhale en dramatiese vervolgverhale oor Vettie ʼn gereelde deel van eredienste. Daar is altyd gepoog om by elke verhaal ʼn geestelike toepassing by te voeg. As u dus hierdie bundel sou opneem en lees, bid ek dat u dit sal geniet en die seën sal kan put uit die boodskap daaragter.
Is ek in die bol gepik of is ek nie? Hierdie is my verhaal met sy soet, suur, bitter en seer in die lewe. Ek kan sê ek het omtrent alles al beleef. Van vyfster-hotelle tot op straat slaap. Ek was van ‘n bestuurder op die myn tot ‘n hulpbehoewende. Jare lank het ek geglo ek is normaal – as daar iets is soos ‘n normale persoon – tot ek gediagnoseer is met Bipolar. Eers nadat ek medikasie begin gebruik het, het ek besef ek het ‘n wanindruk van “normaal”.
Gaan Hazel weer koers kry na die baie seer dinge in haar lewe? En aan wie behoort die blousel oë en blonde hare wat sy nie uit haar gedagtes kan kry nie. Baie intriges se antwoorde lê opgesluit in die bladsye van VULKAAN VAN PASSIE, so ook al die antwoorde op al Hazel Conradie se vrese en bekommernisse.
Johan Heyns is iemand met ‘n fyn waarnemingsvermoë! Die departement van polisie het die gebruik van sekere “weersinswekkende” woorde, bv. “pas, klopjag en vangwa”, verbied. Johan Heyns, as digter, maak natuurlik hier van digterlike vryheid gebruik en gebruik juis die polisieman se verbode polisietaal.
Sinoniem vir heldemoed in my “persoonlike woordeboek” is liefde. As Christen leer ons juis in die Bybel waar Jesus sê daar is geen groter liefde as iemand wat sy lewe gee vir ‘n ander een nie. Ek was verstom met die feit dat ek nog nooit van sommige van die kinderhelde gehoor het nie. Ek kan nie eens sê hulle was kind, maar tog man nie, want ons Geskiedenis bewys dat jong dogters ook meer moed aan die dag kan lê as volwasse mans.
Mag ons ewig ons kinderhelde se herinneringe van toeka tot nou, asook die wat nog kom, laat voortleef.
Maats, kom deel in Xandri se atletiek-avonture en gaan saam met haar op haar avontuur-reis en leer ‘n waardevolle les om vreemdelinge nie te vertrou nie. Maak saam met haar nuwe maats met Sepie die seeperdjie en Dolfie die dolfyn wat haar red uit die monster-tande van Herman Haai.
Kom kleur jou verbeelding in met stories wat jy sal onthou.
After he had left her tied up in her own house, she had to deal with PTSD and a new fear of going out in public. Just when she thinks that she’s planned her life in a manner that would protect her in the future, Reaper returns and abducts her again as a method to draw her father out. That’s when she learns that her father is unwittingly working for a terrorist organization and the man that has abducted her repeatedly is one of the good guys, causing her planned out future to crumble into chaos that she has no control over.