Pisces
R139.00Hierdie digbundel is n mengelmoes van emosies. Sarie skryf oor hartseer, liefde, pyn, geluk en nostalgie, afgewissel met ʼn tikkie humor en fantasie.
Sy bring ook hulde aan Jordan Moore, Emaan Solomons en Leo Williams.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Hierdie digbundel is n mengelmoes van emosies. Sarie skryf oor hartseer, liefde, pyn, geluk en nostalgie, afgewissel met ʼn tikkie humor en fantasie.
Sy bring ook hulde aan Jordan Moore, Emaan Solomons en Leo Williams.
’n Blokkie toegedraaide Beacon-sjokolade verskyn een oggend ongesiens op Wouter se lessenaar. Daarna kry hy elke dag ’n blokkie sjokolade met ’n leidraad versteek in die omhulsel, wat hom behoorlik aan die wonder hou. Van wie is die sjokolade en hoe kom dit op sy lessenaar?
Hy begin soek na die geheime sjokolade-meisie, maar beland in doodloopstraat nadat hy al die kantoordames geëlimineer het. Hoe kan ‘n onskuldige blokkie sjokolade sy lewe dan eensklaps so ontwrig?
Naas Viljoen en sy vrou, Nellie, sukkel om kop bo water te hou op hul klein stukkie grond net buite die dorp. Sy drome om hul armoede te ontvlug lei hom weekliks na die perdewedrenne, maar die geluk bly uit. Toe Naas hoor dat ’n man naby hom die boerpot van drie miljoen pond gewen het, maak hy ’n gewaagde plan. Hy ontdek die man is Petrus Pretorius, ’n hengelaar aan die Vaalrivier – en Naas is vasbeslote om sy fortuin te verander, ten alle koste.
Wilma is een van tien wenners van ʼn twee weke lange bootvaart vanaf Durban, na wie weet waarheen aan boord van die Enterprise seiljag. Die aand voor hulle terugvaart na Durban, oorreed sy Andries, tweede in bevel, om haar na die geheimsinnige Gambriose eiland te neem met een van die reddingsbootjies.
Op pad na die eiland wat alreeds in digte mis gehul is, versleg die weer vinnig. ʼn Sterk rukwind steek op en waai golwe bo-oor die klein rubberboot. Dan dop die rubberboot om. Oorlewing is nou eerste prioriteit. Na dae van ontberings sien sy beweging tussen die ruig stuike. Dan is hulle by haar. In die maanlig sien sy hulle gesigte: rooi en geel strepe oor die voorkoppe geverf. Halfnaak, groot en sterk, spiere blink ingevryf met vet of olie.
Is hulle vyandig of is hulle haar goedgesind? Watse ander geheimenisse is nog verskuil op die eiland?
Bettie Snyders verpes die verlate dorpie met sy stofstrate waar sy gebore is en grootgeword het. Sy het ʼn heimlike begeerte om ʼn speurder te wees sodat sy moordenaars en skelms kan vastrek, maar dit was nie vir haar beskore nie. Een middag laat doen die geleentheid hom egter voor om haar lyf speurder te hou toe sy die algemene handelaar waar sy werk se deure sluit, en huis toe stap. Daar skyn lig uit een van die vensters van die ou munisipale hospitaal wat in onbruik is. Die hospitaal is jare gelede ontruim omdat dit nie meer lewensvatbaar was nie en moes sy deure finaal sluit.
Toegerus met ’n kombinasie-mes met allerlei funksies, wat sy by die winkel “geleen” het, en ’n flitslig, durf sy die gange van die ou, vervalle hospitaal aan om ondersoek in te stel of daar dalk iets sinister aan die gang is.
Sy loop haar egter vas in twee baie ongure karakters…
Roelien se vermoede dat haar man ʼn verhouding het, word gestaaf deur ʼn bewysstuk wat sy in Thinus se kar te ontdek. Hy word gekonfronteer, maar ontken alles.
Volgehoue druk deur René om Thinus vir haarself te eien, dwing hom om ʼn gewetenlose karakter om te koop om Roelien te laat vermoor, of eerder te laat lyk na selfdood of ongeluk. Rick se plan is haarfyn uitgewerk en na weke se beplanning, slaan hy toe. Alles val in plek, sy prooi is in sig, maar beurtkrag op die spesifieke oomblik, laat alles in duie stort.
Het Rick ’n plan B? Wat van Thinus en René se aandeel?
Krisjan Kriek dink hy’s slim, maar Sebastiaan Slang glo niemand kan by hom kers vashou nie! Die twee hou mal weddenskappe – van wegkruipertjie in die huis tot ’n gomvalletjie-speletjie wat heeltemal skeefloop. Selfs die kuikens en muise raak betrokke wanneer Sebastiaan onverwags ’n kuikentjie red! Wie is regtig die slimste op die plaas? Kan hierdie twee teëstanders dalk vriende word? ’n Heerlike storie vol streke, avontuur en pret wat jou laat lag en jou hart warm maak!
Windgat die haan is dapper en vol planne, maar sy nuuskierigheid bring hom gou in die moeilikheid wanneer hy ’n vreemde dier ontmoet wat dringend hulp nodig het. Intussen het Pollie groot planne om in die huis te gaan loer, maar haar nuwe hoed sorg vir groot drama! Wanneer gevaar dreig buite die werf, moet Windgat en sy vriende wys wie hulle regtig is. Sal almal saamwerk om ’n groot avontuur te oorleef – of gaan vrees die oorhand kry?
Op Oupa Thys se plaas wag avonture op die kuikens Elsa en Wimpie. Wimpie wil graag nuwe dinge ontdek, maar is nog bietjie skrikkerig. Groot opwinding breek uit toe ’n vreemde nuwe haan op die werf verskyn – sonder vere! Ná ’n reënbui verander die plaas, stroompies vloei oral en die kuikens ontdek iets grillerig. ’n Skielike vloed in die vrugteboord gee vir Wimpie en Paul ’n noue ontkoming, terwyl Elsa se visdam-avontuur ’n belangrike geheim verklap!
Hierdie omvattende digbundel neem die mens op reis deur die lewe. Die seer, pyn, verlange, verwerping, hoogtepunte, laagtepunte en ook geluk wat die skrywer en duisende ander mense daagliks ervaar. Die gedigte is relevant tot vandag en in die bundel neem die skrywer haar en ander mense se lewens in oënskou.
Die rou emosies waarmee die skrywer skryf gee lesers ‘n onverbloemde blik op haar gedagtes en gevoelens en is die bundel geskik vir tieners tot veterane.
Mag hierdie bundel lig werp op die lesers wat soms in die donker wandel.
Paula poog om met hierdie bundel die leser op ‘n staptog te vat, en tot besef te bring dat dit moontlik is om altyd weer op te staan en aan te gaan. Die lewe sal altyd houe uitdeel maar die beste deel daarvan is om uit jou roet te ruis, jou as af te skud en die toekoms vierkantig in die oë te kyk en ‘n sukses te maak.
Talana Malan begin ’n nuwe pos by die universiteit, maar haar geheimsinnigheid en afsydigheid wek agterdog by kollegas. ’n Toer help nie haar eensaamheid verdryf nie, terwyl Daniel – wat haar graag beter wil leer ken – moed opgee en oorsee studeer. Intussen versorg sy klein Tiaan en worstel met familiegeheime en agterdogtige vriende. Kan sy Daniel se begrip wen as sy haar waarheid onthul? Of sal sy eerder swig voor die sjarmante Henk wat sy tydens ’n Weskus-kuier ontmoet?
Nakelaan is die verhaal van ‘n jong meisie wat haar moeder op ’n vroeë ouderdom verloor het, en sukkel om daarmee saam te leef. Sy ontmoet vir Dolfie en sy familie wat haar die liefde van ‘n ouerhuis laat ervaar, want Dolfie se moeder aanvaar haar soos een van haar eie. Maar is daar die bedorwe en welaf Annabel met haar glimlaggies en super kort rokkies wat gedurig onder Dolfie se neus is, en waarmee Nakelaan moet rekening hou.
Gretha Meyer is alleenlopend en bietjie lugtig vir die liefde nadat sy alreeds deurgeloop het en deur die liefde verraai is. Dan ontmoet sy onverwags een wintersaand die verdwaalde Gerhard met sy ietwat Amerikaanse aksent, na baie jare in die buiteland. Sy reël ‘n staptog vir haar stapklub en Gerhard besluit om saam te gaan. Hy bring ’n paar mense saam wat vreemdelinge vir die klub is, en haar lewe word skielik bedreig op die roete waarna sy so lank uitgesien het!
Marina is middeljarig, en sukkel om van die seerkry en herinneringe aan gister en die verlede ontslae te raak. Sy bevind haarself aan die Kaapse weskus in ‘n lieflike vissershuisie wat sy self gerestoureer het. Dis ook hier waar sy onverwags weer haar jeugliefde raakloop. Dan maak Hendrik egter weer skielik sy opwagting, en die poppe begin behoorlik dans wanneer hy Bernard in haar geselskap aantref. Sal Bernard die toets van die tyd kan deurstaan, of sal hulle maar weer soos tevore van mekaar afsien? Daar is ook die mooie Lani wat gereeld in Bernard se geselskap aangetref word, waarmee rekening gehou moet word. Sy het haarself alreeds in sy besigheid en privaatsake ingewurm om te sorg dat sy die aantreklike sakeman vir haarself inpalm.
Dit voel vir Alex asof ‘n trein haar tref. Haar wind word van agteraf uitgeslaan terwyl ‘n growwe hand haar mond styf toedruk. Sy ruik ‘n mengsel van alkohol en sigarette tussen vrot asem-teue, maar die besef dat dit wat nou aan’t gebeur is dring nie tot haar deur nie.
Alexandra maak laatmiddag haar oë in die Louis Pasteur Hospitaal oop. Alles aan haar pyn. Binne en buite haar liggaam. Haar hand reik stadig na daar waar dit die seerste is; die sagte plekkie wat ‘n vrou bêre vir haar geliefde…