Leesgenot 12
Price range: R99.00 through R269.00Drie Verhale in een
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Drie Verhale in een
“Slange! Hoekom moes dit juis slange wees? Asof dit nie erg genoeg is om in die visier van ’n reeksmoordenaar te wees nie…”
ʼn Rustelose siel dwaal steeds in die ou kasteel, waar Altus du Preez, ‘n skrywer op soek na inspirasie, ‘n stil gastehuis kies om te ontsnap van die alledaagse. Maar die geheime van die ou Maritz-familie weef donker skaduwees oor sy verblyf. Onheilspellende figure, spoke wat verborge juwele soek, en ‘n verhaal van begrawe skatte ontvou voor sy oë. Met elke dag wat verbygaan, groei Altus se obsessie om die waarheid te ontbloot, terwyl hy toenemend vasgevang raak in die dodelike lokvalle van die kasteel se grusame verlede.
Dit is ‘n verhaal van mistieke kragte, geheimsinnige sterftes en die ewige gesoek na verlossing.
Vandag kuier ons saam met Hansie in die dieretuin en het hope pret saam met hom.
Ons leer ook hoe om ons speelgoed met maatjies te deel. Liewe Jesus leer ons ook om nie jou maatjies se speelgoed te begeer nie. Hansie het ’n nare les geleer met die Robotman.
Flenterkind is die verhaal van die tiener, Janey Lee Roux wat die prototipe is van baie van hedendaagse jongmense. Haar ouers is geskei; haar pa het ’n nuwe liefde, haar ma is meestal op ’n planeet van haar eie en haar jonger broer is eintlik ’n pyn op ’n sekere onnoembare plek.
Janey worstel om haarself te vind en sy is sommer kwaad vir alles en almal. Gelukkig het sy ’n baie goeie vriendin in Lindie; predikantsdogter wat ook haar grense troef so ver as wat sy kan. Flenterkind het ’n goeie skeut humor in. Asook drama, verrassings, hartseer en gelukkige eindes. Leesstof vir jonk en oud.
Die boek demonstreer die onverwagse kinkels en kurwes wat ‘n mens se lewenspad kruis en hoe humor en deernis jou pad draaglik en genoeglik maak. Hoe jy uit jou eie en ander se ondervindings leer om sodoende iemand in soortgelyke omstandighede van hulp te wees.
Wanneer jy die R555 uit Middelburg neem, ooswaarts, Steelpoort se kant toe, kronkel jy al langs Bothasberg af tot op Stoffberg, waar hierdie boek afspeel. Stofpadstories is ‘n bundel van vyf stories wat almal in dieselfde omgewing afspeel en op die een of ander wyse by mekaar aansluit.
Wat kan alles verkeerd loop met ʼn onskuldige staptog deur die berge?
Vir die vier avontuurlustige vriende, Gert, Conrad, Ryno en Liesel, wat van die staproete afgewyk het, het dit ontaard in ʼn nagmerrie, waarin hulle ook in lewensgevaar verkeer het. Deur die versteekte ingang van ʼn grot te ontdek en dit te verken, eindig hulle in ʼn geheimsinnige vallei wat onbereikbaar is en weggesteek is van die buitewereld.
Hulle word betrap en gevange gehou deur ʼn groep mans wat spoelgoud in ʼn rivier ontgin. Die seuns word gedwing tot handearbeid deur te help om die goud te herwin, terwyl Liezel bedags vir die kosmaak moet sorg.
Planne word beraam om uit die vallei te ontsnap. Sal hulle daarin slaag om lewend hier uit te kom? Vele struikelblokke en gevare is op die agenda, waarin Liesel ʼn heldhaftige rol speel met die poging om te ontsnap.
’n Blokkie toegedraaide Beacon-sjokolade verskyn een oggend ongesiens op Wouter se lessenaar. Daarna kry hy elke dag ’n blokkie sjokolade met ’n leidraad versteek in die omhulsel, wat hom behoorlik aan die wonder hou. Van wie is die sjokolade en hoe kom dit op sy lessenaar?
Hy begin soek na die geheime sjokolade-meisie, maar beland in doodloopstraat nadat hy al die kantoordames geëlimineer het. Hoe kan ‘n onskuldige blokkie sjokolade sy lewe dan eensklaps so ontwrig?
Naas Viljoen en sy vrou, Nellie, sukkel om kop bo water te hou op hul klein stukkie grond net buite die dorp. Sy drome om hul armoede te ontvlug lei hom weekliks na die perdewedrenne, maar die geluk bly uit. Toe Naas hoor dat ’n man naby hom die boerpot van drie miljoen pond gewen het, maak hy ’n gewaagde plan. Hy ontdek die man is Petrus Pretorius, ’n hengelaar aan die Vaalrivier – en Naas is vasbeslote om sy fortuin te verander, ten alle koste.
Wilma is een van tien wenners van ʼn twee weke lange bootvaart vanaf Durban, na wie weet waarheen aan boord van die Enterprise seiljag. Die aand voor hulle terugvaart na Durban, oorreed sy Andries, tweede in bevel, om haar na die geheimsinnige Gambriose eiland te neem met een van die reddingsbootjies.
Op pad na die eiland wat alreeds in digte mis gehul is, versleg die weer vinnig. ʼn Sterk rukwind steek op en waai golwe bo-oor die klein rubberboot. Dan dop die rubberboot om. Oorlewing is nou eerste prioriteit. Na dae van ontberings sien sy beweging tussen die ruig stuike. Dan is hulle by haar. In die maanlig sien sy hulle gesigte: rooi en geel strepe oor die voorkoppe geverf. Halfnaak, groot en sterk, spiere blink ingevryf met vet of olie.
Is hulle vyandig of is hulle haar goedgesind? Watse ander geheimenisse is nog verskuil op die eiland?
Bettie Snyders verpes die verlate dorpie met sy stofstrate waar sy gebore is en grootgeword het. Sy het ʼn heimlike begeerte om ʼn speurder te wees sodat sy moordenaars en skelms kan vastrek, maar dit was nie vir haar beskore nie. Een middag laat doen die geleentheid hom egter voor om haar lyf speurder te hou toe sy die algemene handelaar waar sy werk se deure sluit, en huis toe stap. Daar skyn lig uit een van die vensters van die ou munisipale hospitaal wat in onbruik is. Die hospitaal is jare gelede ontruim omdat dit nie meer lewensvatbaar was nie en moes sy deure finaal sluit.
Toegerus met ’n kombinasie-mes met allerlei funksies, wat sy by die winkel “geleen” het, en ’n flitslig, durf sy die gange van die ou, vervalle hospitaal aan om ondersoek in te stel of daar dalk iets sinister aan die gang is.
Sy loop haar egter vas in twee baie ongure karakters…
Roelien se vermoede dat haar man ʼn verhouding het, word gestaaf deur ʼn bewysstuk wat sy in Thinus se kar te ontdek. Hy word gekonfronteer, maar ontken alles.
Volgehoue druk deur René om Thinus vir haarself te eien, dwing hom om ʼn gewetenlose karakter om te koop om Roelien te laat vermoor, of eerder te laat lyk na selfdood of ongeluk. Rick se plan is haarfyn uitgewerk en na weke se beplanning, slaan hy toe. Alles val in plek, sy prooi is in sig, maar beurtkrag op die spesifieke oomblik, laat alles in duie stort.
Het Rick ’n plan B? Wat van Thinus en René se aandeel?
Delia en Dirkie, ’n avontuurlustige tweeling, is opgewonde om hul nuwe hommeltuie te toets, maar dinge loop skeef wanneer Dirkie sy kontrole verloor en die hommeltuig verdwyn. Hul soektog lei hulle na ’n geheimsinnige vallei vol gevare en vreemde gebeure. Daar ontmoet hulle die eksentrieke professor Hommelkop, wie se robotte buite beheer raak wanneer sy rekenaarstelsel faal. Terwyl die robotte ’n eie weermag bou, word die tweeling se ouers en die lugmag op hul spoor gestuur. Sal almal veilig ontsnap?
From a Mothers Love to a Hijacking, this collection of short stories. takes you on a ride through an emotional kaleidoscope
In ‘n wêreld waar liefde en verlies hand aan hand gaan, word karakters gedwing om hul diepste vrese en begeertes in die gesig te staar. Tussen die chaos en die onvoorspelbare draaie van die lewe, vind hulle hoop en verlossing op onverwagte plekke. ‘n Verhaal van oorlewing, verraad, en die krag van menslike gees wat jou asem sal wegslaan.
Die Dis is ’n aksiebelaaide verhaal wat die leser meevoer in ’n wêreld van spanning, verlies en wraak. Die storie kombineer die rou emosies van ‘n gesinsdrama met die intrige van internasionale politieke manipulasie. Die gebruik van Romeinse mitologie om karakters en plekke te benoem, dra by tot die diep simboliek en sfeer van die verhaal. Die protagonis, Carl Scheepers, worstel met sy persoonlike verlies terwyl hy te midde van vyande en bondgenote ’n gevaarlike pad stap om sy seun te red en geregtigheid te laat seëvier.