Pisces
R139.00Hierdie digbundel is n mengelmoes van emosies. Sarie skryf oor hartseer, liefde, pyn, geluk en nostalgie, afgewissel met ʼn tikkie humor en fantasie.
Sy bring ook hulde aan Jordan Moore, Emaan Solomons en Leo Williams.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Hierdie digbundel is n mengelmoes van emosies. Sarie skryf oor hartseer, liefde, pyn, geluk en nostalgie, afgewissel met ʼn tikkie humor en fantasie.
Sy bring ook hulde aan Jordan Moore, Emaan Solomons en Leo Williams.
This captivating work delves into historical subject matter, weaving together vivid verses that transport you across epochs and civilizations. Explore the annals of time through poetic narratives. From ancient empires to forgotten legends, each poem uncovers hidden gems from our shared past. Forget dry textbooks! Leana’s poems present historical facts in a fresh, engaging way. You’ll discover curiosities, untold stories, and surprising connections.
Eggo’s van my Hart is ’n ontbloting van die siel. Dié bundel eggo met rou emosies – van verlange tot verlies, van woede tot weerbaarheid. Elke gedig is ’n stil skreeu, ’n stukkie van ’n hart wat probeer verstaan, verwerk en heel word. In eenvoudige, eerlike taal neem die digter jou op ’n reis deur donker kamers, woedende storms, verlore liefde en die stilte ná die pyn. Tog is daar tussen die trane, ’n ligstraaltjie – ’n fluistering van hoop, ‘n klein eggo van genesing.
Vir my is ʼn gedig ʼn kunswerk met ’n potlood of ’n pen, waarmee jy die uitspansel, die reënboog, ’n emosie of onthou op papier vaslê. Ek het die volgende iewers raak gelees: ʼn Digter is iemand wat hartstogtelik verlief is op die taal. Dit is so waar…
Vuurmaakgoed is nie net ’n digbundel nie – dis ’n vuurmaakplek. Hier ontmoet woorde vlam, sintuig, pyn en troos. Skigter se stem is rou en eerlik, sonder pretensie, sonder opsmuk net woorde wat tref en bly. Met digtersblik én ’n lag in die keel, neem hy jou van ‘n slapgat tot ‘n veldbrand, van die ou tikmasjien tot Ingridbaai. Hierdie bundel is vir elke leser wat voel, wat onthou, wat smag – nie vir professore of kokkedore nie, maar vir gewone mense met ’n liefde vir Afrikaans. Hier sing woorde soos tarentale, en klou herinneringe soos wurgvye. Maak jou eie vuur aan met hierdie bundel – woel, pak, steek aan en laat die vonke spat. Want tussen rook en roet wag daar hitte, waarheid en ’n stem wat jy lank sal onthou.
In Sjokolade Mym’ring word die leser genooi om saam met die digter op ‘n introspektiewe reis te gaan — een wat die alledaagse omskep in iets heiligs. Met ‘n koppie koffie in die hand en die sagte geur van sjokolade in die lug, ontvou die gedigte soos momente van stilte en sielsverkenning. Hier word herinneringe, verlange, liefde, rou en vrouwees met fyn gevoeligheid ondersoek. Die bundel is ’n viering van klein oomblikke—’n kyk na ’n kamerplant, die stilte van alleen wees, die smaak van heimwee. Elke gedig is ’n asemhaling, ’n stilte, ’n stukkie waarheid. Dis ’n versameling wat jou nie net laat lees nie, maar laat voel. Ideaal vir liefhebbers van dromerige bepeinsing, wie se siele resoneer met die sagte klanke van taal wat nie wil skree nie, maar fluister.
In die skadu van Pretoria se stasie, lê Salvokop – ’n nederige buurt waar die dae stadig verbygaan en drome soms te groot lyk vir die klein huise met hul rooi sinkdakke. Hier woon Janetta Scholtz, ’n jong meisie met vlamrooi hare en grasgroen oë, saam met haar trotse vader, Koos. Vir haar is Salvokop die enigste wêreld wat sy ken – eenvoudig, maar vol liefde en herinneringe.Maar wanneer die musiek van ’n vreemde land die stad vul, en die aantreklike Italiaanse tenoor Mario Minetti haar pad kruis, word Janetta se eenvoudige bestaan op sy kop gekeer.
Kan ’n meisie van Salvokop se rooi stoepe ooit haar plek vind tussen die glans en liggies van ’n groter wêreld? Salvokop is ’n verhaal van hoop, liefde en drome wat sterker is as armoede – en die onverwagte paaie waarlangs die hart sy eie lied sing.
Stories vir Lewensvaardighede – Graad 4–7
Kinders beleef elke dag nuwe situasies waar hulle moet leer om goeie keuses te maak. In hierdie versameling kort, toeganklike stories neem Juffrou Andri Roeder jong lesers op ’n reis deur alledaagse ervarings – van vriendskap en respek tot eerlikheid, gesonde gewoontes en verantwoordelikheid.
Elke storie bied ’n eenvoudige maar betekenisvolle les wat kinders help om oor hul eie gedrag en keuses na te dink. Met vrae soos “Wat leer ons uit hierdie storie?” en “Dink en gesels” word leerders aangemoedig om saam te praat, te dink en nuwe perspektiewe te ontdek.
Hierdie boek is ideaal vir gebruik in die Lewensvaardighede-klaskamer, maar ook vir ouers wat saam met hul kinders oor belangrike waardes wil gesels.
Die storie bied ‘n kombinasie van avontuur, emosionele drama en ‘n tikkie romanse, waar die dinamiek tussen die vrye gees van die boemelaar en die gestruktureerde lewe van die dame kernkomponente vorm.
Die oorlog kry nie einde nie. Die jaarlikse metamorfose van eggenoot, vader, student en besigheidsman na moordende barbaar en weer terug, gaan sit nie maklik in ‘n mens se klere nie. Om van versoekinge van die vlees nie te praat nie.
Remy Hall en Scarlett woon nie eers haar begrafnis by nie. Hy vervreem sy dogter van Zara se familie deur leuens, en is baie suksesvol daarmee tot sy universiteit toe gaan. Daar, is niemand anders as Liam Taylor haar dosent nie. Gaan Scarlett uiteindelik die waarheid oor haar moeder uitvind? Gaan sy dit regkry om haar vader, wat haar alles is, aan te vat oor al die leuens? Hoe gaan haar ontmoeting met Liam Taylor haar lewe verander?
Dan is daar Elma Theron, die onderwyseres. Gaan dit Pierre wees, of dalk Dawie? En wat sê Yolande daarvan? En waar pas Leon Brits, die jong landboustudent en Yolande se eintlike vriend, in die prentjie? Maar baie belangrik; wie is Eleanor?
Steve Murray shares his love affair with jet fighters with us. Steve started by putting all his stories on paper because, in his words: “I have been writing all this stuff for the last twenty years, for Amy and Angelique (his daughters) because they have no idea what life was like in Rhodesia. Even if they went to Zimbabwe now, it is nothing like the country we knew…”
“Reading your stories is like reading a Tom Clancy book – once you start it is difficult to put down – thank you for putting me virtually in the cockpit with all of the sense smells and feelings…” ~Micheal Groenewald.
Ek leef my droom uit en ek speel daarin met woorde. Dit is wie ek is. Mag elkeen my speeltyd met woorde geniet soos ek dit geniet het om die stilwees in my te vind. Ons lewe gaan so gou verby en daar is min dinge wat ons kan nalaat soos woorde..
sou die nag sonder son my met ‘n slakkepas groet
en my oë se kyk die sterre loop soek
volg jy die swart-en-wit…
die skaakmat in my oë want
sewentig maal sewe het ek geleef
as my nag se mantel meteens in twee sal skeur
soek my waar jy my sal vind
tussen die maan en sterre
woorde is my liefdespel
waarmee ek daar sal speel
tot ons eendag… miskien weer sal sien
Die titel vang my oog en dit laat my wonder… Is ons nie elkeen maar ’n pelgrim op reis deur die woud van ons lewe nie? Ons beleef soveel seisoene en emosionele reise elke dag. In hierdie bundel stap jy saam met Chris Jansen deur sy lewe.
‘n Pelgrim op reis kan verdwaal maar kom altyd weer tuis.
Hierdie boek begin in digvorm en verken Jesus se pyn en liefde vir Israel, Sy verwerping as Bruidegom en Sy lyding tot by die kruisiging en verder. Dit beeld ook Sy ervaring van die hedendaagse Kerk en menslike swaarkry uit, met die troos dat elke seisoen ’n einde het. Die tweede deel bevat lewensgedigte geskryf oor jare, dikwels onder God se leiding. Die laaste deel is ’n storie-joernaal van ’n reis saam met die outeur se eerste vrou, wat in 2019 oorlede is.