Absolute Geregtigheid
Price range: R139.00 through R339.00Die spanning bereik ‘n hoogtepunt wanneer Hugo Storm naby is om die waarheid agter die vervalste dokumente, onopgeloste moorde en die ontvoering te ontdek.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Die spanning bereik ‘n hoogtepunt wanneer Hugo Storm naby is om die waarheid agter die vervalste dokumente, onopgeloste moorde en die ontvoering te ontdek.
In die hart van ‘n kinderhuis worstel Jakes met sy moeilike verlede en sy geveg vir aanvaarding in die samelewing. In sy soeke na sin en identiteit, vind hy ‘n onverwagte bondgenoot in Anneli, ‘n meisie wat anders na hom kyk en glo in sy ongesiene potensiaal. Te midde van konflikte en misverstande, ontvou ‘n verhaal van groei en selfontdekking, terwyl Jakes poog om die kettings van sy afkoms te breek en sy ware self te vind.
‘n Inspirerende verhaal wat getuig van die krag van verandering en hoop.
Giel Woest, ’n voormalige skoolhoof, word valslik van verkragting beskuldig deur sy kleindogter, Christelle, en vervreem van sy familie. Ná sy tronkstraf verdwyn hy na Port St Johns, waar hy ’n wese, Inge, uit die see red. Terwyl hy vir haar sorg, begin sy dogter Petro vermoed dat Christelle gelieg het en gaan soek na haar pa. Hierdie aangrypende verhaal handel oor skuld, vergifnis, gesinsvervreemding en die soeke na heling—én oor ’n kind wat dalk vir Giel ’n tweede kans op liefde bied.
Sterrevegters is ’n ruimte-fiksie wat bestaan uit 5 boeke met episodes.
Terwyl Elmarie van Zyl as onderwyser na haar tuisdorp terugkeer, hoop sy dat niemand haar sal herken na al die teleurstellings en vernederings wat sy as jong meisie ervaar het nie. Maar toe sy uitvind wie nog op die personeel dien, is sy geskok. Terwyl die drie ou vlamme weer aan die brand gesteek word, moet hulle die pynlike herinneringe en emosies wat so lank begrawe is, konfronteer.
Sal die liefde vir Elmarie uiteindelik die bitter gisters laat vergeet?
Margaret Barnard neem die jongspan op ‘n verbeeldings reis met hierdie stories. In elke storie is daar ‘n les om te leer. Met die volkleur illustrasies kan dit kinders na ‘n droomwêreld van hulle eie neem.
Kinders wat lees, het baie ondersteuning en aanmoediging nodig. Storietyd met Margaret Barnard is spesiaal geskryf om jong kinders die plesier van lees en die deel van stories te laat ontdek.
Mamma, ek stuur vir jou ’n Namakwalandseduif, dit is hier waar ek van haar stil liefde sal onthou soos die engelvlerke waarmee sy nou vlieg.
Vandag kuier ons saam met Hansie in die dieretuin en het hope pret saam met hom.
Ons leer ook hoe om ons speelgoed met maatjies te deel. Liewe Jesus leer ons ook om nie jou maatjies se speelgoed te begeer nie. Hansie het ’n nare les geleer met die Robotman.
Resonans is ’n eerlike en roerende poësiebundel wat die alledaagse en die diep geestelike met mekaar verweef. Amor Vorster, ’n digter met ’n besondere aanvoeling vir binnerym en beeldspraak, nooi lesers op ’n reis deur emosie, herinnering en geloof. Hierdie versameling, geskryf oor byna drie dekades, vang oomblikke van introspeksie, verlange, vreugde en pyn op ’n manier wat aan elke leser iets uniek sal sê. Met gedigte wat wissel van speels en eenvoudig tot intens en reflektief, bied Resonans iets vir elke gemoed. Dit is ’n stem wat resoneer met die hart – ’n bundel wat jou laat stilstaan, glimlag, en dalk selfs ’n traan laat stort.
Ons kuier saam met Hansie en Wollie, die oulike wit en bruin hondjie.
Wanneer ek skryf ontdek ek myself ek vlug in my verbeelding reis ek en beleef die kindwees oor-en-oor-in-my as ek ongelukkig is tel ek my potlood op en dit voer my weg na ʼn planeet waar daar net mooi dinge is.
Die Klokkejane van Klokkeland is baie snaakse kreature. Daar is blou Klokkejane en rooi Klokkejane. Hulle lyk soos ronde harige balle met groot oë en wye monde. Hulle het dun arms en bene. Vier vingers en vier tone aan elke hand en voet. Maar … Klokkeloempie is pers. Die enigste pers Klokkejaan in Klokkeland. Iewers tussen hierdie boek se bladsye is die geheim van Klokkeloempie se pers hare. Klokkeloempie verdwaal in die bos en terwyl jy lees, beleef jy sy avonture alleen in die nag. Gaan hy ooit weer sy pad terugvind huis toe?
Bemoediging vir die stryd in ons lewens
Die reeks bestaan uit drie volumes geestelike bemoedigings wat oorspronklik spruit vanuit my eie lewenservarings. Ek is maar ‘n doodgewone man, en dit waarmee ek wroeg en hoe die Gees my daardeur lei, sal vir elke gewone mens van waarde wees om te lees. Ons almal het troos, stigting en bemoediging nodig – om te ontvang, maar ook om uit te deel.Ons almal het groei nodig. Ons almal moet geestelik fikser word.Die wedloop waaraan ons deelneem raak al hoe meer liberaal, sonder dissipline en geestelik lewensgevaarlik.
‘n Storie oor die gruwels van ons samelewing en God se groot genade vir mense. ‘n Paar jongmense wie ‘n afspraak met die toekoms gehad het, daardie nag op Spencerville Weg! ‘n Afspraak waarvan die nagevolge soos die rimpels op ‘n dam gaan bly uitkring en groter en groter raak. Wat is God se plan met hulle?
Hierdie tien verhale illustreer hoe broos ons menslike verhoudings is. Broos en kosbaar. Ons is uitgelewer aan mekaar, ons smagting na aanvaarding en liefde maak of breek ons. Dit maak saak hoe ons met mekaar omgaan, want net dán sal ons bewus wees van mekaar se seer en pyn. Die verhale vertel van liefde wat nie vervul word nie, pyn en seer wat ons krank maak, ’n grysappelboom waaronder drome gedroom word. Drome, as ons regtig glo, wat tog bewaarheid sal word. Die leser sal hom/haar maklik kan vereenselwig met die verhale, omdat dit gebeure is wat ons tog die een of ander manier raak. Al is omstandighede nie altyd gunstig nie, is dit nie jou omstandighede wat bepaal waar jy eendag gaan opeindig nie, jy bepaal dit self.
Stories is nie maar net stories nie, dit maak saak.
Maak gereed vir ‘n epiese reis deur verre sterrestelsels, sonnestelsels en planete in die eerste boek van die Sterrevegters-reeks. In ‘Magte, Kragte én Helde’ sal lesers op ‘n opwindende avontuur gevul word met spanning, aksie en intrige geneem word.
Volg die storie van twee jong seuns, Rommozor en Tallottara, terwyl hulle aan hul lotgevalle bekendgestel word – een as ‘n draer van die Donker Mag en die ander as ‘n verdediger van die planeet Raggamajos. Soos hulle in mans groei, bly die uiteindelike vraag – wie sal as oorwinnaars uit die stryd tree, goed of kwaad?