Kuns vir koningskleuters
R379.00Kuns vir Koningskleuters is ʼn kaleidoskoop van kleurryke kunsaktiwiteite, interessante wetenskapeksperimente en die deel van die wonderbare Woord van God op ʼn vlak wat kinderharte beslis sal aanraak!
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Kuns vir Koningskleuters is ʼn kaleidoskoop van kleurryke kunsaktiwiteite, interessante wetenskapeksperimente en die deel van die wonderbare Woord van God op ʼn vlak wat kinderharte beslis sal aanraak!
Lees is ongetwyfeld een van die belangrikste vaardighede wat ‘n kind nodig het om sukses in die lewe te behaal en lees begin reeds in die vormjare van ‘n kind.
Lekkerlees vir die Kleinspan bied jou kind ‘n wonderwêreld van woorde en kleur. Versies en prentjies wat die verbeelding aangryp en sodoende leer die kind om diere te ken.
Die stories neem die kind op ‘n verbeeldingsvlug waarin die kind hom/haar kan uitleef.
Ondersteun jou kind om die liefde vir lees en boeke te ontwikkel.
Wat kry jy as ‘n fotograaf ‘n bundel kinderstories skryf? Foto’s van regte kinders wat die stories uitbeeld!
Lugkasteel Stories is ‘n versameling kortverhale vir kinders. Die goue draad wat dwarsdeur al die stories geweef is, is om jou drome (lugkastele) na te jaag en uit te leef.
Iewers in ’n bos, bly ’n houtkapper en sy pragtig vrou. Die pragtige vrou het net een gewens gehad en dit was dat sy ’n kindjie van haar eie kon hê. Dit moes ’n pragtige dogtertjie wees. Haar haartjies moes so wit soos die wolke wees en haar ogies so blou soos die hemel. ’n Paar jaar later word haar wens waar en kry sy sommer ’n tweeling, ’n dogtertjie en ’n seuntjie. Mientjie en Eddie.
Die tyd stap aan en Mientjie en Eddie word by die dag groter. Op ’n dag sê die houtkapper dit is tyd dat hulle die hout vir die kaggelvuur gaan bymekaarmaak en as hy praat, luister almal want hy is baie kwaai. Nooit het Mientjie gedink dat haar en Eddie se lewe van daardie dag af so baie gaan verander nie.Wie is die nare swart wolf wat Mientjie in haar kamer gesien het, of het sy maar net gedroom?
Kabouterland is in rep en roer vir die jaarlikse besoek van die Feëkoningin Die jaar word die fees by die rivier gehou en Neelsie hou nie van water nie. Hy glip stilletjies weg. Terwyl hy deur die woud loop op soek na sy gunsteling botterblommetjies, hoor hy ’n groot geraas. En o, gomvinger, wat sal hy sien? ’n Groot geel ding wat al die bome opvreet. Woeksie, die Wenswiksie se hulp word ingeroep. Nou los die monster die bome uit, maar hy vreet al die sand op. Willewak, ’n stout Wenswiksie kry van Woeksie se wensstof in die hande en veroorsaak nog ’n groter gemors. Gaan Kabouterland ooit weer vry wees van die geel monster?
Windgat die haan is dapper en vol planne, maar sy nuuskierigheid bring hom gou in die moeilikheid wanneer hy ’n vreemde dier ontmoet wat dringend hulp nodig het. Intussen het Pollie groot planne om in die huis te gaan loer, maar haar nuwe hoed sorg vir groot drama! Wanneer gevaar dreig buite die werf, moet Windgat en sy vriende wys wie hulle regtig is. Sal almal saamwerk om ’n groot avontuur te oorleef – of gaan vrees die oorhand kry?
Maak gereed vir ’n wêreld vol pret, kleur en verbeelding! Reënboë en Skatte is ’n heerlike versameling stories waar eendjies kan praat, hasies wegkruip, kryte lewe kry en sneeumanne snaakse wense het.
Elke storie is propvol avontuur, lag en klein verrassings wat jou laat wonder… wat gaan volgende gebeur? Tussen al die pret skuil daar ook kosbare skatte—lesse oor vriendskap, omgee, dapper wees en om altyd in jouself te glo.
Of jy nou self lees of saam met iemand spesiaal kuier, hierdie boek is die perfekte maatjie vir storietyd!
Kom saam op ’n kleurvolle reis… jy weet nooit watter skat jy gaan ontdek nie!
Toe die Van Rensburg-gesin vir ’n rustige vakansie na Egipte vertrek, het hulle nooit kon droom dat hulle deur ’n
geheimsinnige tydgleuf na 2000 v.C. sou reis nie. Skielik bevind hulle hulself tussen Farao’s, konings en priesters –
in ’n wêreld waar magie en gevaar hand aan hand gaan. Wat begin as ’n familie-avontuur, verander in ’n stryd om
oorlewing én om die verlede self te verstaan. Wanneer die jong Zoë die lewe van die Farao red, verander die gesin se
lot onherroeplik. Maar tussen intriges, siektes en ’n vreemde profetiese kat, ontdek hulle dat hulle dalk met rede na
hierdie tyd gestuur is. Sal hulle hul pad terug na hul eie eeu vind – of bly hulle vasgevang in die raaisel van
eergister?
Margaret Barnard neem die jongspan op ‘n avontuurreis saam met Roan. In elke storie is daar ‘n les om te leer. Met die volkleur illustrasies kan dit kinders na ‘n fantasie wêreld van hulle eie neem.
Kinders wat lees, het baie ondersteuning en aanmoediging nodig. Roan se avonture en ander stories is spesiaal geskryf om jong kinders die plesier van lees en die doel van stories te laat ontdek.
Kobus Minnie neem die jongspan op reis deur hierdie boekie met van ons ou gunsteling-sprokies Rooikappie en die wolf en ander verhale. In Rooikappie en Wolf word kinders geleer van gehoorsaamheid.Die lekker lewe by die dam leer kinders om nie te mors nie, elke storie het les te leer.
Kom saam met Kobus Minnie op ‘n verbeeldingstog vandag.
Op ’n klein ruimteskip Die Kaaskomeet …
Daar woon vier dapper klein muisies. Zippi, Zoefie, Ziggi en Pippel!
Maar oppas …
Daar is ’n groot kat met skerp kloue wat in die donker tonnels skuil!
Wanneer Ma-Muis kos gaan soek, doen die muisies iets wat hulle nie moet nie …
Wat sal gebeur as hulle Kat-ra-tat ontmoet?
Kom saam en beleef die reis na ’n nuwe huis op ’n planeet vol glinster, vriende en hope pret!
Kinders groei speel-speel op en ons as ouers moet rym en vers gebruik om die kind te stimuleer tot ryke woordeskat en kreatiwiteit. Elna van Zyl bring in hierdie boekie Rympies vir Klein Duimpies kleuterpret soos min.
O, nee! Iets vreesliks is aan die gebeur in die see! Bottels, blikkies, vislyne en selfs motorbande dryf oral rond. Die
see is siek – dis die groot SB-epidemie! Gelukkig is Sara Seekat en haar beste maat Sanna nie bang vir ’n bietjie
avontuur nie. Wanneer diere siek, vasgekeer en hartseer by die seehospitaal aankom, besluit die twee vriendinne: genoeg
is genoeg! Hulle maak ’n dapper plan om al die rommel uit die see te kry – en om dit sommer reg by die mense terug te
besorg! Want hoekom moet seediere ly oor mense se morsigheid? Kom duik saam met Sara en Sanna deur borrels, seewier en
golwe vol opwinding. Ontdek hoe klein seekatte ’n groot verskil kan maak en leer hoekom dit so belangrik is om ons
planeet skoon te hou…
Kom saam met Nelis Haas en sy beste maat, Arrie Skilpad, wanneer hulle hul eerste jaar in die wonderlike woudskool
aanpak. Hier leer hulle nie net lees, skryf en somme doen nie – o nee! Hulle ontmoet pratende blare, ’n juffrou met ses
pote en vier vlerke, ’n miskruier wat hulle uit ’n moeilike situasie red, en ’n verkleurmannetjie wat dalk net ’n
bietjie té gretig is om sy kultoertjie te wys. En dan is daar natuurlik die geheimsinnige klip … waarin iets roer …
Iets baie oud … en baie honger! Maar nie alles is altyd maklik nie …
Lees is die belangrikste vaardigheid wat ‘n kind moet verwerf, want hy/sy leer om te lees met ‘n bepaalde doel voor o sodat hy kan lees om te leer. Lees is veel meer as net die herkenning van woorde. Dit is ‘n holistiese proses wat die kind in totaliteit betrek. Lees bou woordeskat, dit verbeter konsentrasie en help ons om te ontspan. Kinders wat lees spel beter. Lees kan ook n sosiale aktiwiteit wees. Woorde is boustene selfs in tegnologie. Lees is die sleutel tot opvoeding, opleiding en ‘n kwaliteit lewe. Lees ontsluit die kind se verbeelding en so ook sy wêreld om hom/haar. Daarom word hierdie boek Spinnie Spinnekop sterk aanbeveel, dit is oulike stories om die kind se verbeelding aan te gryp.
Stories vir Lewensvaardighede – Graad 4–7
Kinders beleef elke dag nuwe situasies waar hulle moet leer om goeie keuses te maak. In hierdie versameling kort, toeganklike stories neem Juffrou Andri Roeder jong lesers op ’n reis deur alledaagse ervarings – van vriendskap en respek tot eerlikheid, gesonde gewoontes en verantwoordelikheid.
Elke storie bied ’n eenvoudige maar betekenisvolle les wat kinders help om oor hul eie gedrag en keuses na te dink. Met vrae soos “Wat leer ons uit hierdie storie?” en “Dink en gesels” word leerders aangemoedig om saam te praat, te dink en nuwe perspektiewe te ontdek.
Hierdie boek is ideaal vir gebruik in die Lewensvaardighede-klaskamer, maar ook vir ouers wat saam met hul kinders oor belangrike waardes wil gesels.