Weerwolfliefde
Price range: R59.00 through R159.00Luitenant André Bianchi en kaptein Fabian Vettel, ondersoek die saak van ’n meisie wat geheimsinnig vermis geraak het in dieselfde dennewoud waar hulle twee seuns, Nico en Philippe en ’n klompie van hulle studentemaats, vir ’n paar dae wil gaan kampeer. Philippe word aangeval in die woud, en na die hospital geneem met bytwonde aan sy bors. Lorenzo weet wat die bytwonde veroorsaak het, maar as Philippe die waarheid moet uitvind, gaan dit dalk hul vriendskap kos.
Nog mense in die dorpie verdwyn geheimsinnig. Philippe en Lorenzo se hulp word benodig as polisiereserviste om na die vermiste mense te help soek. Die twee beste vriende raak betrokke in ’n bloedige geveg met die ontvoerders. Dit laat André besef hy durf nie langer die geheim wat hy nog al die jare in hom ronddra, van sy familie weerhou nie.
