Leesgenot 8
Price range: R89.00 through R239.00Drie uiteenlopende verhale.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Drie uiteenlopende verhale.
Riaan Nel kry meer as waarop hy gehoop het toe hy een aand wens hy was in in vrou de skoene, en sy in syne.
In die verhaal: Die Ontsnapping – raak Raya, jonk, ongekunsteld en naïef, verlief op Shaun O Reilly, onwetend van die donker kant wat verskuil lê agter sy sjarme. Die bundel word afgesluit op ’n hoë noot, wanneer Lou Stadler selfs moord sal pleeg om om te kry wat hy wil hê.
My hoop is dat elke persoon wat Vreemde Paaie lees, die kombinasie van kortverhale en gedigte sal geniet en dat dit saam met die verskeidenheid van genres sal sorg vir goeie ontspanning.
Dié boek is een van daardie moét-hê en dan moét-hou boeke. Jy kan dit net eenvoudig weer en weer lees sonder om verveeld te raak. Sybie woordspeel tussen die lyne en as mens nie fyn lees nie, verloor jy die dieper seer en vreugde, en wil ek byna sê boodskap van hierdie boek.
Sybie Kleynhans, geliefde skrywer van Potchefstroom se vierde boek in die reeks van Madefu gee soveel lewenswysheid wanneer jy dieper lees. Die liefde vir die veld en diere kom in sy hele reeks voor. Die boek bied groot leesvermaak aan die leser.
…Wat ek weet van liefde is die lag is nou en in ‘n oogknipsel volg die traan, dan volg die eensame verwyt en verwurgende stilte.
Sybie weerspieël sy fyn sin vir humor wat telkens ʼn giggellag laat opborrel in komiese situasies om net in die volgende storie jou weer ʼn traan te laat pink.
Iemand vra my anderdag waarom skryf ek? Vir wie skryf ek? Met ander woorde, is daar ‘n doel agter my skrywery?
Dis glad nie so ‘n eenvoudige vraag nie, hoor. Dit het my vir ‘n oomblik laat frons, want wat dan nou? Waarom sou iemand so iets vir my vra?
En toe weet ek!
Ek skryf omdat ek, binne ‘n week of twee, eintlik hopeloos verslaaf geraak het daaraan.
Kosbaarder as Korale is ‘n kortverhaalbundel wat geskryf is deur verskeie skrywers, en sluit verhale in wat die krag, moed, en deursettingsvermoë van vroue vier. Die verhale wissel van persoonlike oorwinnings en tweede kanse tot liefde en familie, en weerspieël die uiteenlopende ervarings en uitdagings wat vroue daagliks in die gesig staar.
Hierdie verhale van vroue wat onophoudelik werk om die lewens van diegene om hulle te verbeter, sal die leser inspireer en diep raak.
Suid-Afrika is so ‘n diverse land met soveel diverse mense met soveel verskillende persoonlikhede en gewoontes. Kortverhale vertel soveel meer as net verhale wat mondelings oorgedra word. Dit vertel van die mens self.
Louw Erasmus se stories is meestal gesprekke met homself oor die alledaagse lewe. Gesprekke waarmee die leser hom/haar kan vereenselwig. Sy taalgebruik is alledaags met geen aansittery en mooi woorde nie. Die lewe soos dit is deur die oë en stem van ‘n man wat ‘n lewe wel geleef het. Deur swaarkry en goeie tye, hartseer en verlange neem Louw jou deur ‘n lewensreis en met ‘n les om te onthou in elke storie, wanneer jy eendag op oudag se stoep sit en terugdink… .
Elke dag, elke minuut, ondervind elkeen van ons een of ander emosie. Soms kan ons emosies omsit in woorde… Dit kan heelmaak, seermaak, saakmaak.
Emosies is innerlike belewenisse… Vreugde, woede en verlange is seker die emosies wat ons die meeste ervaar.
Emosies is voorwaar aansteeklik. Lag uitbundig en almal om jou lag saam. Intense hartseer kan weer die negatiewe in emosies opwek. Om oor hartseer te skryf, óf te dig, is dalk moeiliker. Net soos angs, dreineer dit vreugde tot daar niks meer oorbly nie. Wat dán oorbly, is om verslae terug te kyk na die vreugde wat was.
Ons praat oor ons vreugdes, ons woede, ons verlange. Ons skryf en dig daaroor. Dit is hoe skrywers en digters uiting gee.
Hierdie bundel is nie net ’n versameling gedigte nie — dis ’n reis deur die digter se hart, haar kleure, haar lyne. Van kindwees tot nou, van droom tot werklikheid, van hartseer tot hoop. Elke bladsy vertel ’n storie — party in woorde, party in beelde. Dié bundel is ’n kreatiewe versmelting van kuns en poësie, met stukkies van die skrywer self tussenin: haar vrae, haar geloof, haar menswees.
Tussen Lyne is elegant en veelduidig. Dit wek die gevoel dat daar meer is as wat op die oppervlak gesien of gelees word. Die gedigte is rou en reguit, party vol beeldspraak en simboliek – maar altyd eg.
Of jy self al tussen lyne moes leef, of net wil hoor hoe dit daar klink, gaan jy in hierdie bundel iets vind wat met jou praat. Dis vir elkeen wat al gewonder het, gesoek het, geglo het – of net ’n mooi vers of beeld wil ontdek.
“Plooie in my hart en ander stories” is ‘n versameling kortverhale wat ‘n verskeidenheid verhale bevat wat die emosionele dieptes en hoogtes van die menslike ervaring ondersoek. Dit bevat temas soos liefde, verlies, geloof, en hoop. Baie van die verhale weerspieël die uitdagings en vreugdes van die alledaagse lewe en bied ‘n mengsel van hartseer en geluk. Die skrywer se doel is om lesers te laat identifiseer met die karakters en om hulle te herinner dat die lewe vol tweede kanse is. Die verhale in die bundel sluit in stories oor gesinne, verhoudings, en die persoonlike groei van individue. Elke verhaal is ‘n reis na die diepste dele van die menslike hart en siel, en bied lesers die geleentheid om na te dink oor hul eie lewensverhale. Om ñ oomblik stil te raak en ophou om hartseer te wees oor wat jy nie het nie. Blom waar jy geplant is en begin lewe vir dit wat jy het, want dit sit die huppel in jou stap en haal die plooie uit jou hart.
Die Namakwaland-streek, geleë in die westelike deel van die Noord-Kaap, is bekend vir sy asemrowende blomtonele en woestynlandskap. Die manier waarop die plaaslike mense Afrikaans praat is uniek aan hierdie gebied.
Willem se anekdote van die mense beklemtoon die uniekheid van die mense en die gebied. Sy liefde vir dié deel van ons mooi land kan in elke storie gesien word.
Die stories neem jou deur ‘n reeks emosies, van lag tot amper huil, maar die lag oorheers.
Arondshoop is ’n plattelandse dorpie geleë iewers tussen Êrens en Nêrens, waar almal vir almal ken. Elkeen van die inwoners het ’n storie. Daar is oom Kallie Klikbek en sy vrou Sara, en soos wat lesers van sy naam kan aflei, is oom Kallie maar lief om stories stertjies aan te las. So beland hy ampertjies in die moeilikheid toe hy by Rika flikflooi vir ’n karnaaitjie.
Met elke verhaal neem die Skrywers die leser saam op ’n verbeeldingsvlug deur die denkbeeldige plattelandse dorpie, geleë iewers tussen Êrens en Nêrens, waar almal mekaar ken.
Droomvanger is propvol spanning, knop-in-die-keel situasies, lekker lag oomblikke en natuurlik WARE LIEFDE wat alles oorwin.