PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Liefde in Gevangenis

Price range: R129.00 through R309.00

Wanneer Amanda, ‘n eensame prokureursklerk, briewe begin skryf aan ‘n bekende joernalis op death row, word sy onverhoeds in ‘n web van korrupsie, gevaarlike kriminele transaksies en mensehandel ingetrek. Sy moet vasstel wie laaste die waarheid praat—en wie bereid is om daarvoor te sterf.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Nou wat storie jy vandag

Price range: R139.00 through R329.00

Met n skryfstyl wat liries, humoristies en deurspek is met volkseie vertelkuns, bring Cierenberg n vars stem na die Afrikaanse kortverhaalkuns. Dit is n bundel wat mens nie net lees nie, jy beleef dit.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Stilwees

R149.00

Ek leef my droom uit en ek speel daarin met woorde. Dit is wie ek is. Mag elkeen my speeltyd met woorde geniet soos ek dit geniet het om die stilwees in my te vind. Ons lewe gaan so gou verby en daar is min dinge wat ons kan nalaat soos woorde..
sou die nag sonder son my met ‘n slakkepas groet
en my oë se kyk die sterre loop soek
volg jy die swart-en-wit…
die skaakmat in my oë want
sewentig maal sewe het ek geleef
as my nag se mantel meteens in twee sal skeur
soek my waar jy my sal vind
tussen die maan en sterre
woorde is my liefdespel
waarmee ek daar sal speel
tot ons eendag… miskien weer sal sien

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
Audio Book EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Moorman

Price range: R149.00 through R389.00

Rupert Murdoch is ʼn moordenaar. ʼn Sluipmoordenaar in ’n donker wêreld waar opdragte gegee word sonder vrae, en skuldgevoelens geen plek het nie. Wanneer Murdoch nie moor nie, is hy Brian McKenna wat op ondenkbare wyses poog om die
bloed van sy hande te was. Ná jare van moord en verraad erf hy onverwags ’n plaas in Limpopo – ’n stukkie grond waar stilte en sonlig hom moontlik ’n nuwe begin kan bied. Op Wolwefontein wag meer as net stilte. Hanri, die vrou wat onwetend sy donker wêreld binnewandel, word sy veilige hawe na wie hy telkens terugkeer. Maar vrede is ’n luukse wat min mense hom gun. Die verlede, in die gedaante van die beeldskone, maar dodelike, Suzanne volg hom soos ’n skaduwee. Murdoch word die teiken van die stelsel wat hom geskep het. Dié keer slaan die moordenaar terug. En wanneer moord, wraak en liefde begin saamvloei, moet hy besluit: kan ’n moorman ooit in die lig leef? Moorman is ’n meedoënlose, spanningsvolle roman wat die grense tussen skuld en geregtigheid, passie en gevaar, ondersoek. Dit is nie vir sensitiewe lesers nie – maar vir dié wat dapper genoeg is om in die donker te kyk.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Mesmoordenaar (Groot Druk)

R159.00

Wanneer speurinspekteur Roelf ‘Okapi’ la Grange op ‘n gewone dag na ‘n rugbywedstryd huis toe keer, breek sy wêreld
oop: ‘n reeks wrede moorde tref die dorp en ‘n taai boodskap in bloed meen die skuldige. Met elke slagoffer raak die
gevaar persoonlik—sy vrou en dogter word spesifiek gemaan. Okapi moet gouer dink as ooit tevore. Hy volg ‘n dun streep
leidrade: ‘n kenmerkende Okapi-mes, ‘n vae getuienis van ‘n kind, ‘n verontrustende foto en ‘n boodskap wat hom direk
uitdaag…

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Maankolk

Price range: R159.00 through R399.00

Maankolk is ‘n epiese Afrikaanse wetenskapfiksieroman wat groot idees met geloofwaardige karakters, historiese verwysings en diep menslikheid verweef. Dit is ‘n verhaal wat die leser laat wonder hoe die wêreld sou kon lyk … en terselfdertyd vra wat dit beteken om waarlik mens te wees.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Jou hart is myne (Grootdruk)

R159.00

En êrens tussen die slagoffers en die leidrade skuil ’n persoon wat deur liefde, jaloesie en wraak gedryf word.
Frik moet vinnig werk voordat die volgende hart uit iemand se bors geruk word.
Maar wie se hart is die moordenaar werklik op soek na

Tot oneindig einde kry (Groot Druk)

R169.00

Lee Boucher het alles wat sy nodig het—’n suksesvolle loopbaan as klereontwerper, ’n lewe vol kleur en vriende wat vir haar omgee. Sy hou nie van ontwrigting of ingewikkelde situasies nie. Maar toe sy letterlik in Thomas Bruwer vasloop, verander haar voorspelbare wêreld. Hy is ’n ernstige, tydbehepte boekhouer, met ’n kort humeur en ’n nog korter lont vir speelse vroumense soos sy. ’n Onbedoelde ontmoeting, ’n paar onhandige oomblikke en ’n toevallige ete saam bring hulle paaie op ’n manier bymekaar wat Lee nie kon voorsien nie. Maar Thomas laat haar voel op maniere wat sy lankal begrawe het. Hy daag haar uit, toets haar geduld en raak gevaarlik naby aan haar hart. Kan ’n man wat sy lewe volgens sy horlosie leef en ’n vrou wat dans waar die wind haar waai, mekaar regtig vind? En as hulle mekaar vind, sal hulle dapper genoeg wees om te kies vir wat regtig saak maak? Tot oneindig einde kry is ’n storie van liefde, tweede kanse en die dapper besluit om jou hart oop te maak, al is die pad vorentoe onseker.

Liefde op ‘n leë doek (Groot Druk)

R169.00

Marna glo nie meer in maklike geluk nie. Sy leef van tydelike werkies en hou haar ware passie – skilder – veilig agter toe deure. Tot ’n verkeerde eerste indruk haar pad kruis met die aantreklike en geheimsinnige advokaat, Hanno Weideman. Wat begin as ’n ongemaklike misverstand, ontbrand gou in ’n spel van skerp woorde, geheime bewondering en onverklaarbare aantrekkingskrag. Maar wanneer Marna se kunswerke onverwags in die kollig beland, en haar trots en hart albei op die spel kom, moet sy besluit: beskerm sy haarself… of waag sy alles vir liefde? Hanno is gewoond daaraan om beheer te hê – in die hof én in die lewe. Maar Marna is nie ’n saak wat hy kan wen nie. Sy is ’n uitdaging wat sy hart stadig maar seker begin oorheers. Tussen kuns, misverstande en groei ontdek hulle dat liefde soms die mooiste meesterstuk is… wanneer jy die moed het om dit te skilder.

Onwillige skenker (Grootdruk)

R169.00

Luitenant Erik Rossouw, verbonde aan Moord en Roof Spesiale Eenheid – Kaapstad, sit met die hande in die hare. Verskeie moorde word in en om Kaapstad gepleeg waar organe geoes word en die moordenaars los geen leidrade nie. Gaan luitenant Erik Rossouw en sy span die moordenaars vastrek – en die majoor tevrede stel wat baie hoë eise aan hom stel – voor ’n volgende slagoffer met sy lewe betaal?
Die antwoorde lê tussen die omslag van ONWILLIGE SKENKER.

Sending Woestynwolf (Grootdruk)

R169.00

Wanneer ’n mediese tent in die Sudanese woestyn deur ’n aanval getref word, verander dokter Anja Siebert en haar kollegas se wêreld in ’n nagmerrie. Dokters word ontvoer, onskuldige mense vermoor en ’n seuntjie, Yara, verloor sy ma. Te midde van die chaos word ’n reddingsoperasie van stapel gestuur deur kaptein Gustav Minnaar en sy spesiale magte-span.
Vir Libbie Perreira is die verlede skielik weer lewendig. Die man vir wie sy eens lief was, staan nou aan die ander kant van die geweer.

Duineprinses

R179.00

Wanneer Jacques Louw, ’n man met ’n geskonde verlede en ’n hart vol geheimenisse, sy volbloed Arabierhings Amir na ’n internasionale perdekompetisie neem, vermoed hy nooit dat sy wêreld finaal uitmekaar geruk gaan word nie. ’n Onbekende Arabiese vrou en haar metgesel bied miljoene dollars vir Amir – maar wanneer Jacques weier, raak die spel dodelik. In die nag word sy ma ontvoer, sy troetelhond beseer en sy veilige wêreld op Rietput uitmekaar geskeur. Die losprys? Amir… en Jacques self. In ’n wedloop teen tyd word hy gedwing om na die Sahara terug te keer – die plek waar hy jare tevore probeer vergeet het… en waar die geheim van die “prinses van die duine” hom steeds teister. Met sy vriende aan sy sy, maar omsingel deur leuens, magte en woestynwetteloosheid, moet Jacques veg vir die mense wat hy liefhet. In die sandduine wag antwoorde, maar ook ’n prys wat moontlik te hoog is om te betaal…

Bloedrooi Papawers (Groot Druk

R179.00

Lelami de Jager vertrek vol opwinding na die Sahara vir wat sy glo ’n unieke geologie-ekspedisie is — ’n kans om haar akademiese droom te verwesenlik. Maar tussen die wit klipwoestyn, bloedrooi papawers op haar rok en die geheimsinnige professor Trace Riley, begin gevaar stadig sy ware gesig wys. Wat as die ekspedisie net ’n dekmantel is vir iets veel donkerder? Ná ’n noodlottige vliegtuigongeluk, verraad en ontvoering, word Lelami in die meedoënlose woestyn gedwing om vir haar lewe te veg. Tussen smokkelhandel, mensehandel en geheime operasies ontdek sy dat nie almal is wie hulle voorgee om te wees nie — en dat redding soms kom in die gestalte van iemand wat sy nooit regtig raakgesien het nie. Bloedrooi Papawers is ’n meesleurende verhaal van spanning, liefde, oorlewing en die onverwagse krag van die hart.

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Inherited Secrets

Price range: R179.00 through R349.00

She woke up in the dark with water rising around her — and no idea who she was. Pulled from the edge of death by a man who asks for nothing in return, she finds herself in a stranger’s house in a coastal town with a name she can’t remember, a face no one recognises, and a terror she can’t explain. Chase Bartlett has always known better than to get involved in other people’s problems. But something in those frightened emerald-green eyes won’t let him walk away. As the fragments of her past begin to surface, so does the danger that put her in that water. Someone wanted her dead — and they’re not finished.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dagbreek (Groot Druk)

R189.00

Bianca van Wyk, ‘n joernalis wat tans werk as regsbibliotekaresse by een van die grootste regspraktyke in die stad. Sy
verpes elke oomblik van haar werk. Advokaat Pieter van Reede van Oudsthoorn, neem haar bykans elke aand uit vir ete en
oorlaai haar met duur handsakke en parfuum. Hy doen sy bes om die koppige Bianca te vorm in die beeld wat hy van ‘n
vrou het wat by hom behoort te pas. Na ‘n impulsiewe werksaansoek aanvaar Bianca die geleentheid om as
feeskoördineerder na die Karoodorp, Albertsrus te verhuis…

Sake van die Hart (Groot Druk)

R189.00

Wanneer die selfversekerde prokureur Sue-Ann Bekker ’n saak aanvaar wat haar tot op haar emosionele breekpunt druk, besef sy gou hierdie is nie net nóg ’n hofstryd nie. Dewaal Kok is vasbeslote om sy pa se onskuld te bewys—maar die waarheid is gevaarliker as wat enigeen verwag het. Terwyl geheime ontvou en leuens ontmasker word, word Sue-Ann gedwing om nie net teen die regstelsel te baklei nie, maar ook teen haar eie hart. Dewaal is alles waarvoor sy haar lewe lank gevlug het—sterk, onvoorspelbaar en gevaarlik naby aan haar emosies. Soos die saak sy klimaks bereik, raak dit duidelik dat iemand bereid is om alles te doen om die waarheid begrawe te hou. Maar in ’n wêreld van verraad en passie, kan liefde oorleef… of sal dit alles vernietig?

1 … 10 11 12 … 15