Diamante wat fluister (Groot Druk)
Price range: R89.00 through R319.00Diamante wat fluister is ’n sielroerende spanningsroman wat jou vasgryp en nie weer loslaat nie. Sonia Mouton is ’n eensame vrou aan die vooraand van haar aftrede – moeg vir alleen wees en vatbaar vir die warm woorde van ’n man wat haar nog nooit in die oë gekyk het nie. Wanneer professor Damion Marx, ’n ryk en charismatiese argeoloog, haar uitnooi om haar lewe agter te laat vir ’n toekoms saam met hom in die hart van die Namib, begin Sonia haar tasse pak… maar is alles regtig soos dit lyk?
In Kroonville verdwyn ’n vrou spoorloos. ’n Jong konstabel begin vrae vra wat niemand anders vra nie. Hoe hou haar verdwyning verband met die geheimenisse van die woestyn en die eksotiese plaas Blinkpan?
