Hoe Paaie Draai
R239.00Dirk van Zyl, is ’n digter wat verhalende gedigte na ons bring. Die stories wat ons so elke dag in ons lewe ondervind, wat jy in ritme kan lees … die waarheid ontbloot deur ’n digter se oë en pen. Die waarheid wat seermaak.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Dirk van Zyl, is ’n digter wat verhalende gedigte na ons bring. Die stories wat ons so elke dag in ons lewe ondervind, wat jy in ritme kan lees … die waarheid ontbloot deur ’n digter se oë en pen. Die waarheid wat seermaak.
Met die skryf van hierdie werk, het ek beoog om te getuig van my lewensreis saam met vriendinne, sowel as my passie vir vriendskappe. Deur hierdie boek die lig te laat sien, wou ek graag iets aan die kosbare mense rondom my gee wat hul sal inspireer om vriendskap te omarm en vreugde daaruit te put. Daarmee saam het ek skrifgedeeltes en dagstukkie-inspirasies neergepen wat my deur moeilike dae gehelp het. Tesame met die inspirasie stukke, kry die leser ook die kans om iets wat in haar eie hart leef of ‘n gedagte wat by haar opkom neer te skryf in die “deel jou hart” gedeelte. Selfs dalk ‘n gebed of versugting van haar hart.
Deur Die Hart Van Ma en Vrou hoop ek om elke vrou daar buite inspirasie te gee. Ek bid dat jy God se liefde sal ervaar en raaksien in alles om jou en met elke situasie wat jou pad mag kruis. ‘n Boek vir elke vrou, ma, ouma, suster, vriendin, dogter….JY vrou, is ‘n stuk goudJY vrou, is mooi al word jy oudJY vrou, hou op met jouself wroeg
Ons hoor so baie maar luister so min Die woorde van Dawid Louw laat jou stilstaan vir ‘n oomblik en dink. Hoe waar is dit nie? Luister ons ooit as die melkweg fluister?
Vuurklip bevat ‘n keur van die skrywer se beste preke as ‘n predikant, maar bied ook sielkundige perspektiewe op verskillende lewenskwessies. As ‘n predikant en gekwalifiseerde sielkundige, bied hierdie boek sielkundige perspektiewe vir teologiese vrae op ‘n vars en praktiese manier wat die leser help om uitdagings van die lewe die hoof te bied op ‘n Christelike en praktiese wyse.
Hoewel die boek praktiese antwoorde bied, is daar ‘n onderliggende nostalgiese vertelling oor kinderherinneringe en die ontdekking van ’n tonteldoos. Soos die vuurklip altyd ’n vonk kan lewer, bied die Woord van die Here voortdurend lig en leiding—ongeag die omstandighede, dag of nag.
Welkom in Towerbos – ’n betowerende plek waar elke aand ’n nuwe droom begin. In hierdie warm en hartroerende versameling stories ontmoet jy dapper vlermuise, vriendelike engele, vrolike muise, slim seesterre en baie ander wonderlike karakters wat die nag vol magie maak. Elke storie neem jong lesers op ’n sagte avontuur vol vriendskap, moed en hoop. Soms leer ’n klein vuurvliegie hoe om ’n lig in die donker te wees. Soms ontdek ’n hasie dat ware wonders in nuwe vriendskappe lê. En soms wys ’n tandmuis of ’n klein bytjie dat selfs die kleinste helde ’n groot verskil kan maak. Droomstories uit Towerbos is perfek vir slaaptyd-stories wat hartjies rustig maak, verbeelding laat vlieg en kinders herinner dat hulle kosbaar, veilig en geliefd is. Maak jou ogies sag toe, luister na die fluistering van die bos … en laat die droomavonture begin.
Frankryk lê agter haar. Voor haar wag die onbekende. Dianne du Bois laat haar geboorteland agter met vervalste dokumente, ‘n nuwe identiteit en ‘n hart wat net aan een man behoort. Saam met haar vriendin, Madelein Scheepers, waag sy die gevaarlike seereis na die Kaap die Goeie Hoop – met die hoop dat haar geliefde, Godfrey Bourgogne, ook daarin geslaag het om te ontsnap. Godfrey het sy titel, sy erfporsie en die lewe waarvoor hy bestem was, prysgegee vir die vrou wat sy hart gesteel het. Maar geheime, gevaar en die lang reis oor die oseaan bedreig hul toekoms op elke draai. Sal liefde sterk genoeg wees om die storms van die see én die vooroordele van die samelewing te oorwin? Volg my Beminde is ‘n meesleurende historiese roman oor onwrikbare liefde, vriendskap en die moed om jou eie bestemming te kies.
Amanda Visser is gelukkig met haar rustige lewe: studies, haar geheime droom om eendag ‘n skrywer te word, en haar klein kringetjie vriende. Liefde is die laaste ding waarvoor sy tyd het. Toe haar beste vriendin haar oorreed om een aand na ‘n klub te gaan luister na ‘n gewilde nuwe orkes, verander alles. Op die verhoog staan Ben Calitz – ‘n jong sanger met ‘n stem wat haar teroer en oë wat blykbaar net vir haar sien. Wat begin as ‘n toevallige ontmoeting, groei vinnig tot iets wat albei se lewens onherroeplik verander. Maar liefde kom nie sonder uitdagings nie. Amanda worstel met haar studies, haar kritiese ma se verwagtings en die onsekerheid van ‘n verhouding met iemand wat in die kollig leef. Ben dra op sy beurt sy eie verlede en drome saam. Kan twee mense wat voel hulle harte het mekaar herken, die storms van die lewe trotseer? Of sal hul droom van liefde net dit bly – ‘n droom? Sing vir my ‘n droom is ‘n hartroerende liefdesverhaal oor hoop, musiek, familie, tweede kanse en die moed om jou hart te volg.
Sy het stil geword van baie wag, die seer het gegly deur haar spiraal, van dag na nag word dit rondom haar vaal, sy het soms gehuil, soms gelag, soms het sy wakker gelê in die nag EN gedroom van verdwaalde siele op straat wat maar net handel en praat. Niemand het geweet hoe dat sy wag, verlange word aanvaarding onder dié bitter maan, wat beurtelings word van hoop na wanhoop, tot die twee saam bind van stilte en alleen bestaan, deur die jare het sy self die slot van haar eie verhaal geword, haar stilte en krag dié stil vrou word sterker as sy, waarop sy wag.
Tuiskoms neem die leser op ’n sagte, eerlike reis deur herinneringe, verlies, liefde en die eenvoudige oomblikke wat ’n mens se lewe vorm. In hierdie bundel van persoonlike sketse loop die skrywer terug deur die stofpaaie van haar jeug, die warmte van familie, die pyn van afskeid en die vreugde van klein oorwinnings. Sy ontbloot die hart se skaduwees en lig, en wys hoe elke dag se stories – van ’n oggendkoffie tot ’n berg vol stilte – ’n mens help verstaan wie jy is en waar jy hoort. Met ’n stem wat sag praat maar diep tref, nooi die skrywer jou om saam met haar te sit op ’n Namib-grasveld, om saam met haar te lag oor kindwees, en saam met haar te huil oor die dinge wat mens nie altyd kan sê nie. Dit is ’n bundel oor tuiskoms – nie net na ’n plek nie, maar na jouself.
‘n Reeksmoordenaar teister die stad. Een vir een word jong vroue vermoor, en by elke grusame toneel laat die moordenaar dieselfde boodskap agter – ‘n uitdaging aan Speursersant Wilburt Winterbach. Die kat-en-muis-speletjie raak al gevaarliker, en elke nuwe leidraad bring hom nader aan die waarheid of dalk nader aan sy eie ondergang. Terwyl Wilburt onverpoosd jaag om die moordenaar vas te trek, word die mense naaste aan hom deel van die spel. Veral Sonette – die vrou wat sy hart gesteel het. Wanneer die grens tussen plig en liefde vervaag, moet Wilburt besluit hoeveel hy bereid is om op te offer om die monster te stop. In ‘n wêreld waar niemand heeltemal onskuldig lyk nie en elke glimlag ‘n geheim kan verberg, word die jag op die moordenaar ‘n wedloop teen tyd. Want vir sommige mense is menselewens niks meer as trofeë nie…
Rita Botha vlug stad toe, weg van Adelsrust waar sy die afgelope ses maande geen vreugde geken het nie, weg van Jacobus, haar pastoor man, en die lede van sy kerk. In die stad word sy vinnig deel van Lizzie Meyer se ‘familie’. Toe die bom bars en die rede vir haar wegvlug uit Adelsrust op die voorblad van die Sondagkoerant uitbasuin word, leer Rita die waarde van vriendskap en besef sy – alle mans is nie soos Jacobus nie. Daar is ook mans soos Pieter, iemand met lag in sy oë.
Wanneer Louise, ʼn stadsjapie met ʼn eensame verlede, langs ʼn koue plattelandse pad vasval, bots sy wêreld met dié van die vurige Jacques. Onverwagse ontberings, flikkerende vonke en die gemeenskapsgees van ʼn dorpie dwing haar om haar ware self te ontdek—én die liefde te bevraagteken.
Jacoba het eens geglo sy het die liefde van haar lewe gevind. Maar die man op wie sy verlief geraak het, het mettertyd haar grootste nagmerrie geword. Op ’n plaas waar vrees, vernedering en mishandeling deel van haar daaglikse bestaan geword het, moes sy en haar drie seuns leer om stil te bly en te oorleef. Tot die dag aanbreek waarop Jacoba besef sy kan nie langer so leef nie. Met haar kinders aan haar sy, waag sy die onbekende in – op soek na veiligheid, vrede en ’n nuwe begin. Maar kan ’n gebroke hart ooit weer liefhê? Wanneer Dewald onverwags deel van haar lewe word, ontdek Jacoba dat liefde nie altyd seermaak nie. Soms bring dit genesing, hoop en ’n tweede kans. Terwyl ou wonde stadig begin heel, leer sy dat selfs ná die donkerste storm weer blomme kan blom.
Wanneer Fred Swanepoel se vrou, Nadia, op ’n doodgewone oggend ontvoer word, word sy rustige lewe in Groenvlei in duie
gestort. Die polisie se spore loop dood, maar Fred se vasberadenheid groei—hy sal haar terugkry, al beteken dit hy moet
self die monsters in die skadu’s in die oë kyk. Intussen ontdek Nadia dat haar ontvoerder iemand uit haar verlede is—’n
man met ’n siek, obsessiewe liefde wat jare lank in die donker op haar gewag het. Terwyl sy veg vir haar lewe, ontrafel
’n bose netwerk van mensehandel, korrupsie en wraak…
‘n Verhaal vol intriges, verraad, moord en hartseer romanse.
Die verhaal speel hom uit in ‘n ou Laeveldse dorpie, waar Konstabel van der Plooi en sy kollegas ‘n moord moet oplos. Konstable van der Plooi is ‘n stoftrappertjie, gaan hy homself handhaaf en staande kan bly tot die einde toe, in ‘n wereld vol dwelms en meisies.