Salvokop (Groot Druk)
Price range: R139.00 through R349.00In die skadu van Pretoria se stasie, lê Salvokop – ’n nederige buurt waar die dae stadig verbygaan en drome soms te groot lyk vir die klein huise met hul rooi sinkdakke. Hier woon Janetta Scholtz, ’n jong meisie met vlamrooi hare en grasgroen oë, saam met haar trotse vader, Koos. Vir haar is Salvokop die enigste wêreld wat sy ken – eenvoudig, maar vol liefde en herinneringe.Maar wanneer die musiek van ’n vreemde land die stad vul, en die aantreklike Italiaanse tenoor Mario Minetti haar pad kruis, word Janetta se eenvoudige bestaan op sy kop gekeer.
Kan ’n meisie van Salvokop se rooi stoepe ooit haar plek vind tussen die glans en liggies van ’n groter wêreld? Salvokop is ’n verhaal van hoop, liefde en drome wat sterker is as armoede – en die onverwagte paaie waarlangs die hart sy eie lied sing.
