Dié Stil Vrou 2
R219.00Mamma, ek stuur vir jou ’n Namakwalandseduif, dit is hier waar ek van haar stil liefde sal onthou soos die engelvlerke waarmee sy nou vlieg.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Mamma, ek stuur vir jou ’n Namakwalandseduif, dit is hier waar ek van haar stil liefde sal onthou soos die engelvlerke waarmee sy nou vlieg.
Sy het stil geword van baie wag, die seer het gegly deur haar spiraal, van dag na nag word dit rondom haar vaal, sy het soms gehuil, soms gelag, soms het sy wakker gelê in die nag EN gedroom van verdwaalde siele op straat wat maar net handel en praat. Niemand het geweet hoe dat sy wag, verlange word aanvaarding onder dié bitter maan, wat beurtelings word van hoop na wanhoop, tot die twee saam bind van stilte en alleen bestaan, deur die jare het sy self die slot van haar eie verhaal geword, haar stilte en krag dié stil vrou word sterker as sy, waarop sy wag.
TEEN BETERWETE IN HOOP is die opvolg DIE LIEFDE IS BLIND. Erika is verloof aan George, maar sy worstel met gevoelens van vrees en wanhoop oor die toekoms, want George is besitlik en manipulerend, wat haar ongemaklik laat voel. Sy ontmoet Pierry en wanneer Pierry met sy motorfiets die dag voor haar troue by hulle huis opdaag en haar vra om met hom te trou, sê sy dadelik ja. Haar ouers word egter nie so maklik oortuig nie. Na ’n argument tussen haar pa en Pierry, vlug Erika saam met hom agterop sy motorfiets weg.
Afgesien van vele struikelblokke op hulle pad na geluk, bly Erika se geloof standvastig. Wat hou die toekoms vir die twee jongmense in?
KOM SPEEL SAAM OUMA! is ’n kinderboekie saamgevat met al die pret en lekker speletjies wat ek as ouma saam met my vier kleinkinders kan geniet.
Om ’n ouma te wees, is ’n groot VOORREG en ’n HEERLIKE ervaring. Aan die Here spreek ek my dank uit vir goeie gesondheid om hierdie kosbare speeltyd en hul kinderlike opgewondenheid met hulle te deel.
Met hierdie boekie wil Tina Jooné graag vir elke kind met ‘n gestremdheid ‘n waardevolle les of twee gee. Hulle te motiveer om nooit moed op te gee nie, maar om te steun op familie en vriende. Daar is so baie manière om die lewe vir jouself makliker te maak. Leef elke dag voluit, moenie wegkruip nie en hou aan droom. As jy kan droom…kan jy enige iets doen!
Die lewenservaringe van ‘n dowe persoon. Kom stap vandag saam met my na ‘n kykie in die lewe, die lesse, die ondervindinge van ‘n dowe mens.
Die skommelings vir aanvaarding. Die frustrasies. Die tekort aan selfvertroue. Die stryd met jou selfbeeld. Die verleentheid. Die stille hartseer. Die tye van moedeloosheid. Die eensaamheid. Ek wil mense nooi en betrek. Raad uitruil hoe om die lewe vir n dowe geliefde makliker te maak. Ons te ondersteun. ‘n Dag saam in ons skoene te loop. Maar OOK om ons ANDER talente…ons vreugde…ons dankbaarheid en selfs die lekker lag oomblikkies te deel. Want soos die bekende spreekwoord lui: “waar die een deur toe gaan, gaan ‘n ander deur oop.”
Soms is ons gedagtes en denke soos asem op die wind
Engela Boshoff struikel-val in Louis Eloff se arms toe sy haar skoenveter vastrap. In ’n oogwink raak sy onherroeplik en onbeheersd verlief op die man met die kuiltjie in sy wang. Liefde met die eerste oogopslag, noem hy dit. Voordat hy haar naam ken of weet wie sy is, soen hy haar en kan sedertdien nie meer sy hande of lippe van haar lyf af hou nie. As sy tog net van die chroniese lighoofdigheid en oorontsteking kan ontslae raak …
Ses maande later, tydens hul wittebrood, kry hulle die uitslag van Engela se duiseligheid.
Hoe lekker is dit nie om ’n skoolhoof te hê met empatie en goeie sin vir humor nie. Janet oorreed hom om hulle toe te laat om ’n sokkie-sonder-skoene te hou en hy knip gaatjies in sy sokkies sodat al sy tone uitsteek. Later skeer hy ook soos ’n klompie leerders al sy hare af toe een van die leerders deur kanker-behandeling gaan en vang saam met die seuns hoenders in die hoofstraat. Meneer Plankies en juffrou Alta kom uiteindelik tot trou en daar word ’n makietie-sokkie vir hulle by die skool gehou. Janet se filistyn word gekies as Rugbykaptein van die Provinsiale skolespan en al die maats maak groot besluite oor hul toekoms.
Love is in the air! Die maats het op strepe verlief geraak en moet hard werk om seker te maak dit beïnvloed nie hul akademie nie. Twee van die meisies gaan as uitruilstudente Duitsland toe en Janet en Roelien moet hul kêrels afstaan aan die Sport-Akademie.
Oggendnaarheid laat iemand in die hospitaal beland en daar is naelbyt oomblikke toe die gemeenskap moet saamstaan om bloed te skenk. Die gebeure rondom dit konfronteer sommige leerders met introspeksie oor hul ontwakende seksualiteit en tienerhormone.
Jasper en Janet Ras, Karel Jantjies en Roelien Karp pak die hoërskool met energie en groot avontuurlus aan. Karel beland in ’n rehabilitasie-sentrum toe ’n gebarste blindederm hom tydelik verlam, terwyl Janet haar lojaliteit teenoor haar skool se eerste rugbyspan wys deur ’n filistyn van die buurdorp se wind – en hart – uit te duik. Janet se poetsbakkery besorg Roelien ’n kêrel terwyl Jasper die aandag van verskeie meisies geniet. ’n Garage-party begin ’n nuwe craze onder die tieners en toe Bashoek Hoër ’n Wintersdans hou, kry die leerders kans om balrokke en pikkewynpakke te dra.
Baie verhale oor die jare heen is al vertel en baie het met die tyd vergete gegaan, maar hierdie verhaal kan niemand vergeet wat dit ooit gelees het of van die storie gehoor het. Dis `n verhaal waarin kinders genees word van `n sekere siekte as dit aan hul vertel kan word, maar wat die kinders nie weet is dat daar iets dieper lê as net hul genesing.
Hierdie is ’n boek vol verskeie tower sprokies en dit beeld my siening uit van die onbekende en die towerwêreld en hoe die lig teenoor die duister te staan kom, en hoekom hul alewig gesluit is in oorloë.
Dit klink soos ‘n sprokie: Alet, ‘n weduwee, en Bernhard, sjarmant en aantreklik, ontmoet oor die internet en raak smoorverlief op mekaar. Alhoewel Alet oop kaarte met Bernhard speel oor haar lewe en haar kinders, kan dieselfde nie van Bernhard gesê word nie.
Die droom spat aan skerwe wanneer Bernhard in ‘n koma beland en Alet tot haar verbystering agterkom dat hul verhouding op leuens gebou is. As sy geweet het van die dinge wat Bernhard vir haar weggesteek het, sou sy nooit in ‘n verhouding met hom betrokke geraak het nie.
Wat gaan Alet maak met die nuwe inligting? Sy kan nie vir Bernhard konfronteer nie want hy is steeds in ‘n koma. Maar sy maak ‘n ander plan…
‘n Verhaal oor die slaggate van internet-verhoudings.
In hierdie fiktiewe verhaal ry Alexa die lewe se op-en-af wipplank sodat ons minder alleen voel in ons eie realiteit van die lewe se gebeurtenisse. Sy gryp na haar geloof deur alles wat sy beleef: finansiële probleme, huweliksprobleme en selfs ʼn geliefde aan die dood afstaan. Sy kom leer ons van die herstel en heelmaak wat ons net by God kan vind – veral in huwelike en intimiteit. Mag hierdie geestelike roman vir volwassenes jou gemoed lig maak, jou laat voel ander verstaan, asook hoop gee in tye wat jy gedink het daar is geen hoop.
Hierdie bundel is my ode aan die inwoners van Bulletrap, my hartsmense, my klipmense.
Bulletrap is ‘n klein bergdorpie wat so knoestig genestel is tussen klipkoppe, 30 km vanaf Springbok in ‘n noordelike rigting. Weggesteek, amper jaloers weg van die gewoel. Dis hier waar ek as skrywer my inspirasie kry, tussen hierdie hartsmense wat ek my eie noem. Mense wat my omarm het met my aankoms hier, en my as hul eie aanvaar het. Die geskiedenis sypel uit hierdie klipkoppe en sy mense en is enige kunstenaar se droom.
Hierdie tien verhale illustreer hoe broos ons menslike verhoudings is. Broos en kosbaar. Ons is uitgelewer aan mekaar, ons smagting na aanvaarding en liefde maak of breek ons. Dit maak saak hoe ons met mekaar omgaan, want net dán sal ons bewus wees van mekaar se seer en pyn. Die verhale vertel van liefde wat nie vervul word nie, pyn en seer wat ons krank maak, ’n grysappelboom waaronder drome gedroom word. Drome, as ons regtig glo, wat tog bewaarheid sal word. Die leser sal hom/haar maklik kan vereenselwig met die verhale, omdat dit gebeure is wat ons tog die een of ander manier raak. Al is omstandighede nie altyd gunstig nie, is dit nie jou omstandighede wat bepaal waar jy eendag gaan opeindig nie, jy bepaal dit self.
Stories is nie maar net stories nie, dit maak saak.