PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die hart van ma en vrou

R239.00

Deur Die Hart Van Ma en Vrou hoop ek om elke vrou daar buite inspirasie te gee. Ek bid dat jy God se liefde sal ervaar en raaksien in alles om jou en met elke situasie wat jou pad mag kruis. ‘n Boek vir elke vrou, ma, ouma, suster, vriendin, dogter….JY vrou, is ‘n stuk goudJY vrou, is mooi al word jy oudJY vrou, hou op met jouself wroeg

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Luister hoe my siel fluister

R239.00

Ons hoor so baie maar luister so min Die woorde van Dawid Louw laat jou stilstaan vir ‘n oomblik en dink. Hoe waar is dit nie? Luister ons ooit as die melkweg fluister?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Vuurklip

R239.00

Vuurklip bevat ‘n keur van die skrywer se beste preke as ‘n predikant, maar bied ook sielkundige perspektiewe op verskillende lewenskwessies. As ‘n predikant en gekwalifiseerde sielkundige, bied hierdie boek sielkundige perspektiewe vir teologiese vrae op ‘n vars en praktiese manier wat die leser help om uitdagings van die lewe die hoof te bied op ‘n Christelike en praktiese wyse.

Hoewel die boek praktiese antwoorde bied, is daar ‘n onderliggende nostalgiese vertelling oor kinderherinneringe en die ontdekking van ’n tonteldoos. Soos die vuurklip altyd ’n vonk kan lewer, bied die Woord van die Here voortdurend lig en leiding—ongeag die omstandighede, dag of nag.

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dié Stil Vrou

R249.00

Sy het stil geword van baie wag, die seer het gegly deur haar spiraal, van dag na nag word dit rondom haar vaal, sy het soms gehuil, soms gelag, soms het sy wakker gelê in die nag EN gedroom van verdwaalde siele op straat wat maar net handel en praat. Niemand het geweet hoe dat sy wag, verlange word aanvaarding onder dié bitter maan, wat beurtelings word van hoop na wanhoop, tot die twee saam bind van stilte en alleen bestaan, deur die jare het sy self die slot van haar eie verhaal geword, haar stilte en krag dié stil vrou word sterker as sy, waarop sy wag.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tuiskoms (Groot Druk)

R249.00

Tuiskoms neem die leser op ’n sagte, eerlike reis deur herinneringe, verlies, liefde en die eenvoudige oomblikke wat ’n mens se lewe vorm. In hierdie bundel van persoonlike sketse loop die skrywer terug deur die stofpaaie van haar jeug, die warmte van familie, die pyn van afskeid en die vreugde van klein oorwinnings. Sy ontbloot die hart se skaduwees en lig, en wys hoe elke dag se stories – van ’n oggendkoffie tot ’n berg vol stilte – ’n mens help verstaan wie jy is en waar jy hoort. Met ’n stem wat sag praat maar diep tref, nooi die skrywer jou om saam met haar te sit op ’n Namib-grasveld, om saam met haar te lag oor kindwees, en saam met haar te huil oor die dinge wat mens nie altyd kan sê nie. Dit is ’n bundel oor tuiskoms – nie net na ’n plek nie, maar na jouself.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tagtig kilos se skuldlas

R295.00

“Een keer ’n vettie, altyd ’n vettie.” Nè? Na ’n hele lewe as ’n vetsugtige persoon, het Mart-Mari Breedt, ’n sagteware-ingenieur en ma van vier, net meer as tagtig kilogram verloor. Haar hardkoppige weiering om te aanvaar dat sy maar net weer haar gewig gaan optel, saam met ’n besef dat sy nie vir die res van haar lewe die skaal obsessief kan dophou nie, het gemaak dat Mart-Mari begin skryf het oor haar gewig se instandhouding en uitdagings. Haar skrywery het gelei tot ’n introspektiewe reis waartydens sy baie diep in haar psige moes gaan grawe en baie seer en ou emosies in die gesig moes staar. Op haar reis het sy haar opregte self ontdek, wat nog al die tyd begrawe was in ’n skuldlas van tagtig kilogram.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Coetsee

R299.00

Tergende vrae en aangrypende, hartseerverhale speel hulle af op die bladsye van hierdie boeiende ware geskiedenis van die nageslag van Maarten Petrus Albertus Coetsee en sy vrou Elsje Catharina van der Merwe. Die deernisvolle verhale sal almal wat belangstel in geskiedenis, genealogie en nie-fiksie, aangryp.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Roos vir ‘n Engel

R299.00

Hierdie bundel, Roos vir ’n Engel, betower die leser met ’n diep emosionele reis deur liefde, verlies, geloof en vergifnis. Die gedigte balanseer intieme persoonlike refleksie met universele temas, wat ’n sterk indruk laat. Versreëls soos in “Sonder Jou” en “Doringkroon” skets beeldryk die pyn van eensaamheid en die troos van geestelike oorgawe. Die digter se vermoë om poëtiese taal met emosie en geloof te verweef, maak die bundel ’n roerende leeservaring. Sommige gedigte spreek tot die rou werklikheid van verlies, terwyl ander hoopvol skyn soos die eerste sonstrale van ’n nuwe dag. Hoewel die taalgebruik soms archaïes is, dra dit by tot die unieke estetiese ervaring. Roos vir ’n Engel is ’n bundel wat beide die hart en die siel aanspreek.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 17 18