Bashoek Boek 6
Price range: R69.00 through R169.00Die kinders besef nie watter avontuur vir hulle wag nie. Wie of watter dier se spore is daar in die grot? Wat doen die leeuwelpies in die grot, en die leeuwyfie? Is die kinders in lewensgevaar?
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Die kinders besef nie watter avontuur vir hulle wag nie. Wie of watter dier se spore is daar in die grot? Wat doen die leeuwelpies in die grot, en die leeuwyfie? Is die kinders in lewensgevaar?
Wie gebruik nou ‘n kaart en ‘n kompas as hy wil kyk of hy ‘n skool wil koop?Kom lees saam aan hierdie avontuur wat die Bashoekers lekker aan die raai het.
‘n Vierkantige, donker opening is meteens sigbaar.Waarheen sou die geheime ingang lei en wat sou die twee ontdek? Is hulle in hulle avontuur opsoek na iets… dalk ‘n skat? En wat sou die ou koerant openbaar wat hulle weggesteek het om die aand in hul kamer te lees?
Het Karel werklik ‘n spook gesien?
Hoe gaan die kinders hierdie raaisel oplos?
Soos die nag nader sluip en met die storm dreigend in die nabyheid, probeer die kinders uitvind wat die betekenis van die windklokkies is, en die silhoeët in wit wat gedurig soos lokaas voor hulle tergend verskyn.
Vreemde dinge gebeur en natuurlik probeer die viermanskap hul bydrae lewer.Die maatskaplike werkster en haar takhaar mansvriend is ook nie so onskuldig nie. Die viermanskap span kragte saam, en bewys hul lojaliteit aan die skool en hul gemeenskap.
Bashoek tree trots uit die stryd.
Hoekom is ballet en mans al die jare taboe onderwerpe vir Keisha Botha? Wie is Rose-Anne se vader? Gaan hierdie begaafde meisie die kans kry om haar droom uit te leef?
Ratel kyk op, sy rosyntjie gesig word strak, want wat hy in klein Dirkie Pienaar se oë sien maak hom bang.Dit is rou, naakte haat.
Agter hulle gaan sit die eerste brommer op die bloedbevlekte kaktusblaar … dan is daar nog een … en nog een …
Die lewe is vol verrassings. Een oomblik beleef ons blydskap en die volgende oomblik hartseer, hierdie mooi sien Johan raak in elke foto voor hom met sy digkuns.Johan het ‘n besonderse talent, met elke foto van nog ‘n pragtige vrou sien hy die mooi in hul siel, hy pen neer die seer in hul oë, die hoop in elkeen se oë.
Kaal gestroop van my emosies staar ek na die gedig… een van vele wat uit die digter se pen te voorskyn kom. Ek is een van die talle vrouens daarbuite in die samelewing wat al geleer het hoe om emosies baie goed weg te steek, Ons raak meesters op die gebied, want dit is ons beskermings-meganisme. Alhoewel elke foto vir hom ‘n storie van haar eie vertel, sien hy tog ook die mooi in elke vrou se wese raak. Hy lees tussen die lyne en ervaar haar diepste seer asof hy die pad saam met haar gestap het…. Besef hy dat hy ‘n instrument is in God se hand? ‘n Instrument wat ‘n pen neem en die diepste denke en woorde van die Heilige Gees laat vloei deur die ink. En so elke vrou op ‘n besonderse manier bedien met woorde wat haar raaksien en bemoedig.
As ‘n hoofkarakter is Dirk die perfekte held, alhoewel hy dapper en edel is, het hy ook foute. Sy ongeduld, humeur en impulsiwiteit kry hom telkens in die moeilikheid. Sy liefde vir die skoner geslag laat beland hom telkens in die warm water en verskaf hom groot persoonlike hartseer.
Hierdie boek is egter nie geskik vir sensitiewe lesers nie.
Die bundel begin met “genade” en eindig met “die beginner”. Hoe sluit die twee bymekaar aan? Om te besef dat alles waardeur jy as mens gekom het was net deur genade. Baie mense gee op en baie mense twyfel maar genadiglik maak jy dit deur alles, ongeag. Die beginner dui daarop dat die toerusting wat jy benodig is binne jou. Dis ‘n nuwe begin vir jou, want die deurlopende lees van die bundel bring jou tot hierdie punt van hoop, liefde, vreugde en vrede. Jy het ‘n nuwe visie, nuwe krag, nuwe wysheid en ‘n nuwe liefde vir jouself.
Die bundel is ‘n samevatting van sommige van my pogings tot die digkuns oor die laaste twintig jaar.Elke mens se paadjie is anders en dit wat jy ervaar het tot waar jy vandag staan, het gehelp skaaf aan wie jy vandag is. So is die lewe en menswees smeebaar. Aards is min dinge so seker, as dat alles verander nie.
Hier is die storie van Piet, vyftien jaar oud, toe hy man alleen na die Wit Vrou, Boesmantekeninge, gaan kyk het. Dit het ʼn onuitwisbare indruk op hom gemaak. Hy het aan homself ʼn belofte gemaak dat hy hierdie vrou se storie gaan vertel, soos wat hy dit as jongman aan homself romantiseer het.
Elke storie of gedig in hierdie bundel is geïnspireer deur die een of ander liedjie. Waarom nou juis ’n liedjie? Want die lewe is ’n lied, en elke lied vertel sy eie storie.
Musiek is oral om ons. Dit is nie bloot net woorde met ’n wysie nie, dit vertroos en inspireer jou, bepaal soms jou gemoedstemming, laat jou goed voel. Soms maak dit jou ook hartseer, herinner jou aan dit wat eens was.
Jou gunstelingliedjie verplaas jou na ’n spesifieke plek, gebeurtenis of ’n bepaalde tyd in jou lewe. Musiek is die ritme van ons bestaan.
Ria Richards
Is daar ‘n Môre deur Sybie Kleynhans se pen is ‘n interessante verhaal. Die karakterisering en gedrewe dialoog dra by tot ‘n plot wat nie rem aanslaan nie. Die gebeure in die verhaal wat vinnig op mekaar volg, dra by tot ‘n spannende plotstruktuur. Die gevolg is dat die leser nuuskierig voortlees.