Nikkie
R59.00 – R179.00Price range: R59.00 through R179.00Nikkie Hoffman, ’n lewenslustige jong vrou van Namakwaland, dra die pyn van haar ma se geheimsinnige dood saam. Vertroue is haar grootste struikelblok – iets wat niemand nog reggekry het om by haar te vestig nie. Sy deel ’n huis met die onweerstaanbare Marc Ramsey, wat vasbeslote is om haar hart en waarheid te ontdek. Maar terwyl liefde stadig ontkiem, loer gevaar. Nikkie worstel met emosies, terwyl Marc weet: sy is sy sielsgenoot. ’n Romantiese raaisel vol passie en pyn.
Madeliefie en die Rockstar
R99.00 – R219.00Price range: R99.00 through R219.00Hierdie hartverblydende romanse sal jou die een oomblik laat lag en die volgende oomblik laat trane afvee. Nienke is bekommerd oor haar geliefde oom wat skielik vreemd begin optree. Sy besluit om haar April-vakansie saam met hom deur te bring. Min weet sy dat haar besoek chaos gaan saai. ’n Selfbehepte sanger, het homself tuisgemaak in haar oom se huis en lewe. Maar om haar oom te help, belowe sy om die arrogante Lukas, wat sy nie kan verdra nie, ‘n kans te gee om aan haar te bewys dat hy homself nie by haar oom ingewurm het vir eie gewin nie. Lukas werk hom vinnig in haar hart in. Dinge neem egter ’n wending wanneer Nienke eerstehands die glans en glorie van Lukas se wêreld ervaar. Sy ontdek vinnig dat dit nie die soort plek is waar ‘n skaam madeliefie kan floreer nie. Sal hul verskille te groot wees om ‘n gelukkige einde te hê?
Die stukkende Herder
R99.00 – R369.00Price range: R99.00 through R369.00Hansie, n voormalige presidensiële lyfwag wat onlangs vir God ontmoet het, probeer om sy lewe om te keer. Die roeping om n herder te wees is sterk op sy gemoed, maar sy verlede staan tussen hom en sy toekoms. Nog een laaste kontrak, voor hy kan oor begin. Hy tel die verkeerde pakkie op, en wanneer hy besluit om 20 jaar se korrupsie, gestoor op drie eksterne hardeskywe, aan n joernalis te oorhandig om die korrupte kabinetsministers en SAPD-lede te ontbloot, is dit waar dinge lelik skeefloop.
Seisoene in ink
R129.00Hierdie werk kom uit my hart en ek het hierdie inspirasie in mense, gedagtes en ervarings van my alledaagse lewe gekry, in seisoene wat ek ervaar wat ek in ink wou vasvang. Hierdie is my debuutbundel en ek is in elke stukkie poësie brutaal eerlik in hoe ek dinge beleef.
Robyne in die wyn
R189.00Wanneer Drienie Joubert Kelly haar pen opneem, word die lewe om haar stil waar sy en woorde liefde maak op die wit papier. Haar talent is uitsonderlik en is sy ’n kunstenaar in murg en been.
Om te skryf maak wonde heel, gee drome vlerke, neem mens na plekke wat jy nog nooit besoek het nie… máár, wanneer ʼn digter dig, bemoedig hy /sy ook ander mense.
Drienie se doelwit in die lewe is net om te wees – om net die béste te wees wat sy kan , sodat sy ander kan inspireer.
Fluisteringe van die hart
R119.00Fluisteringe van die Hart – Gerhardus Keen, ‘n digter wie se woorde lank sal bly talm nadat die bladsye van hierdie boek toegemaak is. Dié digbundel is ‘n opvolg op Gerhardus Keen se eerste digbundel, “Reis Deur My Gedagtes”. Beide digbundels bevat ‘n versameling van Gerhardus Keen se gedigte, geskryf in beide Afrikaans en Engels. Met ‘n talent om die essensie van menslike emosie vas te vang, weerspieël Gerhardus Keen se poësie die skoonheid en kompleksiteit van die lewe in al sy vorms.
The Glory of the Remnant
R129.00 – R269.00Price range: R129.00 through R269.00This book is the magnificent culmination of countless hours spent in the sacred secret place, where the veil between heaven and earth thins, and divine revelations pour forth like a torrent, finding their home upon the pages within. Every word, every thought, and every insight has been meticulously woven together to create a profound message a resounding call to this generation, urging them to comprehend and embrace the heart and mind of the Father for this pivotal hour in history.
Slagveld van haar hart
R129.00 – R369.00Price range: R129.00 through R369.00Wat word van Keara Holm? Kry sy ooit weer die geleentheid om terug te gaan na haar geliefde Namakwaland en Goedgeluk? Bly haar lewe ’n slagveld, of wen sy op die einde die oorlog?
As blare val en bloei
R199.00“As blare val en bloei …” is die digter se debuut-bundel wat bestaan uit twee dele, nl: “die natuur” en “die mens”. Alhoewel die verse afsonderlik ingedeel is, is daar egter ‘n sentrale goue draad verweef wat deurgaans vloei deur die bundel. Eg emosionele versugtinge, soeke na aanvaarding as gevolg van liggaamlike gebrek, heimwee asook nostalgiese herinneringe kry weerklank in verse oor die natuur se skoonheid, maar ook in die wisselwerking tussen mens en natuur.
Leesgenot 8
R89.00 – R239.00Price range: R89.00 through R239.00Drie uiteenlopende verhale.
Leesgenot 7
R99.00 – R259.00Price range: R99.00 through R259.003 Verhale in 1
Buffelsbaai en die Goukamma-omgewing Van toeka tot nou
R99.00 – R350.00Price range: R99.00 through R350.00Buffelsbaai en die Goukamma-omgewing (wat ongeveer 20 kilometers van Knysna en 59 kilometers van George is), word deur sommige mense as die mooiste en mees diverse gebied in ons land beskou. Woorde wat gebruik word om die area te beskryf is gewoonlik “lushof”, “pragplek”, “paradys” en “verskeidenheid”. Die natuurreservaat van 2500 hektaar bestaan uit verskillende tipes fynbos en woude, sowel as uit vleilande, vloedvlaktes, ʼn varswatermeer en ʼn riviermonding terwyl die marienereservaat uit ʼn kuslyn van ongeveer 18 kilometers bestaan. As gevolg van die mooi en diverse omgewing word verskeie (en skaars) voëls, visse, diere sowel as plante en boomspesies hier aangetref. Behalwe dat die omgewing baie mooi en divers is, het die gebied ʼn baie ryke geskiedenis wat reeds in die 1700’s ontstaan het. Marius Bakkes, historikus en skrywer beskryf die boek soos volg: “Baie interessant, insiggewend, volledig, boeiend en maklik leesbaar.”
Ebony en Ivory
R89.00 – R209.00Price range: R89.00 through R209.00Claire, is die onstuimige golwe en donderweer. Michael, is die maan, sterre en die rustige see. Ebony and Ivory. Die perfekte kombinasie van donker en lig.
Maar gaan Claire ooit inpas by die voorbeeldige lewe en die perfekte toekoms wat Michael se invloedryke ouers vir hom as Teoloog beplan?
Kyla
R79.00 – R209.00Price range: R79.00 through R209.00Bykans nege maande lank hou hy alles in hom toegesluit. Saans weergalm sy gille deur die stil gange wanneer dieselfde droom hom treiter. Op ’n dag onthou hy vir KYLA. Sy swartkop met die goue hart en klingellaggie. Stukkies van die legkaart begin inmekaarpas. Hy onthou die reuk van die see, voel die sproei van die branders. Kyla se gille wanneer sy dieper die see ingetrek word. Vlermuise wat saam met die digte mis vanuit die see opstyg. Die grasgroen oë wat ’n mens se siel vir die duiwel kan voer sonder die knip van ’n oog.
Pandora se boks was nou vir só lank toegesluit en weggebêre. Hoe sou die verdomde ding weer oopgekom het?
Blomme vir Hermien
R108.00 – R275.00Price range: R108.00 through R275.00Gaan hy aanhou toelaat dat die verlede sy toekoms dikteer? Gaan hy maar net terugstaan dat George haar onder sy neus wegraap – net soos destyds die geval was met Sylvia? Sy verlede is immers niks om op te roem nie, buitendien glo niemand in sy onskuld nie. Sy familie, vriende en die gemeenskap het hom reeds veroordeel en gebrandmerk, hoe kan hy enigsins verwag dat Hermien hom sal glo … of hoop dat sy hom lief kan hê?
