PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Skoonlief en die rockster (Grootdruk)

R189.00

Heinrich Malan, beter bekend as die berugte rockster Lincoln Ray, is gewoond aan die kollig, skandale en die onophoudelike aandag van aanhangers. Wanneer hy gedwing word om as gaskunstenaar by die gesogte Mejuffrou Ultima-kompetisie op te tree, verwag hy ‘n week vol oppervlakkigheid en irritasie. Andolene Myburgh is alles behalwe die tipiese skoonheidskoningin. As joernalis en boekliefhebber neem sy slegs deel aan die kompetisie omdat haar tweelingsuster haar oorreed het. Sy verlang na stilte, eenvoud en haar gewone lewe. Wanneer hulle paaie onverwags kruis langs ‘n rustige stroompie, ontdek hulle albei dat eerste indrukke gevaarlik misleidend kan wees. Agter die wilde rockster skuil ‘n man met ‘n sagte hart, en agter die rooikop skoonheid ‘n vrou wat weier om deur voorkoms alleen beoordeel te word. Maar kan liefde blom wanneer die wêreld voortdurend kyk, oordeel en inmeng? Of sal roem, geheime en verskillende lewens hulle uitmekaar dwing voordat hul verhaal werklik kan begin? ‘n Hartroerende liefdesverhaal vol romanse, humor, musiek en onverwagte tweede kanse.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Reënboë en skatte

R189.00

Maak gereed vir ’n wêreld vol pret, kleur en verbeelding! Reënboë en Skatte is ’n heerlike versameling stories waar eendjies kan praat, hasies wegkruip, kryte lewe kry en sneeumanne snaakse wense het.
Elke storie is propvol avontuur, lag en klein verrassings wat jou laat wonder… wat gaan volgende gebeur? Tussen al die pret skuil daar ook kosbare skatte—lesse oor vriendskap, omgee, dapper wees en om altyd in jouself te glo.
Of jy nou self lees of saam met iemand spesiaal kuier, hierdie boek is die perfekte maatjie vir storietyd!
Kom saam op ’n kleurvolle reis… jy weet nooit watter skat jy gaan ontdek nie!

Dwaalspoor (Grootdruk)

R189.00

Wanneer Brenda Malan, ’n skrywer en ywerige voëlkyker, haar skip op die afgeleë eiland Darion verpas, is sy vir elf dae gestrand. Terwyl sy op die volgende skip wag, besluit haar nuuskierige geaardheid om die eiland se stories te verken. Maar toe sy vreemde bedrywighede by die hawe opmerk en ’n paar foto’s neem, besef sy nie dat sy op iets afgekom het wat haar in ernstige gevaar kan stel nie.

Fyn lyn tussen Liefde & Haat

R194.00

Marcel en Stefan se lewe begin toe hy haar die eerste keer in Graad 1 Sien. Hy kry haar lief met ‘n seunshart, met ‘n liefde wat met die jare groei tot ‘n volwassenheid. Sy leer om hom te haat en te vrees. Sy begin werk ver weg van haar ouerhuis en van Stefan af. Vir nege jaar ontwyk sy hom. Dan loop sy hom weer eendag raak.

Afrikaans
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

My Naam is Jos

R199.00

Jos se eerste publikasie van nog vele wat sal volg!
Kom beleef die opwindende, hardegat, doelgerigte, snaakse unieke manier van sê met Jos! Lag is goed vir die gemoed!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

As blare val en bloei

R199.00

“As blare val en bloei …” is die digter se debuut-bundel wat bestaan uit twee dele, nl: “die natuur” en “die mens”. Alhoewel die verse afsonderlik ingedeel is, is daar egter ‘n sentrale goue draad verweef wat deurgaans vloei deur die bundel. Eg emosionele versugtinge, soeke na aanvaarding as gevolg van liggaamlike gebrek, heimwee asook nostalgiese herinneringe kry weerklank in verse oor die natuur se skoonheid, maar ook in die wisselwerking tussen mens en natuur.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Manna en kwartels

R199.00

Manna en Kwartels is Rèni Jansen van Rensburg se besonderse debuutbundel, enig in sy soort, en spring sy sommer weg deur ‘n pad na die leser se hart oop te kap met haar unieke gedigte. Dit is verdeel in drie afdelings om die pad aan te dui wat sy gestap het, die positief wat haar verryk het uit die negatief.
Van die begin af vat Rèni jou aan die hand en lei jou saggies en met gevoel deur haar woordboord. Jy voel die deernis, liefde, hartseer en vergifnis aan wat in elke karakter verwoord is. Jy lees nie net die emosie nie, jy doen mee en ervaar elke nuanse, elke vreugde en elke botsing. Die hartseer gryp jou soms aan die keel en skud jou menswees, want soveel van haar gedigte kan jy verseker met jouself vereenselwig.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wanneer kuber-liefde tuimel

R199.00

Dit klink soos ‘n sprokie: Alet, ‘n weduwee, en Bernhard, sjarmant en aantreklik, ontmoet oor die internet en raak smoorverlief op mekaar. Alhoewel Alet oop kaarte met Bernhard speel oor haar lewe en haar kinders, kan dieselfde nie van Bernhard gesê word nie.
Die droom spat aan skerwe wanneer Bernhard in ‘n koma beland en Alet tot haar verbystering agterkom dat hul verhouding op leuens gebou is. As sy geweet het van die dinge wat Bernhard vir haar weggesteek het, sou sy nooit in ‘n verhouding met hom betrokke geraak het nie.
Wat gaan Alet maak met die nuwe inligting? Sy kan nie vir Bernhard konfronteer nie want hy is steeds in ‘n koma. Maar sy maak ‘n ander plan…
‘n Verhaal oor die slaggate van internet-verhoudings.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die avontiere van Kerneels Fourie

R199.00

Ontmoet Kerneels Fourie – ’n klein hondjie met ’n groot persoonlikheid en nog groter avonture! Van sy eerste dag in sy nuwe huis tot sy snaakse ontmoetings met Chappieskat, die “koel ouers” en ’n wêreld vol vreemde mense-goeters, vertel Kerneels sy storie op sy eie unieke manier. Met sy skewekop-kyk, snaakse redenasies en onweerstaanbare eerlikheid, neem hy lesers saam op ’n reis vol lag, chaos en liefde. Maar wees gewaarsku – hierdie is nie ’n gewone storie nie. Dis vertel in egte hondetaal, waar alles nét ’n bietjie anders klink en baie meer pret is! Tussen modder-avonture, dam-uitstappies en klein stoutighede leer Kerneels ook wat dit beteken om deel van ’n familie te wees. ’n Hartroerende en skreeusnaakse storie wat wys: Soms sien ’n hond die wêreld baie beter as mense.

Slim word in die groot skool

R209.00

Kom saam met Nelis Haas en sy beste maat, Arrie Skilpad, wanneer hulle hul eerste jaar in die wonderlike woudskool
aanpak. Hier leer hulle nie net lees, skryf en somme doen nie – o nee! Hulle ontmoet pratende blare, ’n juffrou met ses
pote en vier vlerke, ’n miskruier wat hulle uit ’n moeilike situasie red, en ’n verkleurmannetjie wat dalk net ’n
bietjie té gretig is om sy kultoertjie te wys. En dan is daar natuurlik die geheimsinnige klip … waarin iets roer …
Iets baie oud … en baie honger! Maar nie alles is altyd maklik nie …

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tussen doringdraad en kosmos

R209.00

Drienie Joubert-Kelly se liefde vir Afrikaans en poësie kan gesien word in haar werk, alles wat in haar persoonlike lewe gebeur, mense, omstandighede, die see, berge en bos is alles dinge wat haar inspireer om te skryf. Sy is veral lief vir die bosveld en beskryf haarself as ń Bosveld – Eva hoor jy hoe my drome baljaarwaar die kosmosblomme uitbundig lagwant my denke is ń skildery van lentekleure waar weerspieëlings die grasveld kol-kol verkenen my woorde soos tolbos aan ‘n hakiesdraad verstrengel

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Bakhandstories

R209.00

Bakhandstories is ‘n versameling van gedigte, kort stories en satires van vier skrywers wat jou neem op ‘n kreatiewe Damakustog deur die hoogtes en pleine van die menslike psige. Hulle pluk sterre uit die kosmos en wys die leser die omvangrykheid van die mens se denkvermoë, selfs verby ruimte en tyd. Die skrywer neem jou op ‘n binne-menslike epiese tog van liefhê, verlies, donker, lig en lag, want dis deel van lewe. Op selfsoortgelyke wyse as die Skepper, poog die skrywers om die leser in te trek in ‘n wêreld van orde en chaos en aan te moedig om die balans te vind tussen hierdie twee fundamentele prinsiepe van ons menslike realiteit.

Die perfekte trofee (Grootdruk)

R209.00

‘n Reeksmoordenaar teister die stad. Een vir een word jong vroue vermoor, en by elke grusame toneel laat die moordenaar dieselfde boodskap agter – ‘n uitdaging aan Speursersant Wilburt Winterbach. Die kat-en-muis-speletjie raak al gevaarliker, en elke nuwe leidraad bring hom nader aan die waarheid of dalk nader aan sy eie ondergang. Terwyl Wilburt onverpoosd jaag om die moordenaar vas te trek, word die mense naaste aan hom deel van die spel. Veral Sonette – die vrou wat sy hart gesteel het. Wanneer die grens tussen plig en liefde vervaag, moet Wilburt besluit hoeveel hy bereid is om op te offer om die monster te stop. In ‘n wêreld waar niemand heeltemal onskuldig lyk nie en elke glimlag ‘n geheim kan verberg, word die jag op die moordenaar ‘n wedloop teen tyd. Want vir sommige mense is menselewens niks meer as trofeë nie…

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dié Stil Vrou 2

R219.00

Mamma, ek stuur vir jou ’n Namakwalandseduif, dit is hier waar ek van haar stil liefde sal onthou soos die engelvlerke waarmee sy nou vlieg.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Storms van liefde (Groot Druk)

R219.00

Wanneer ’n storm oor die land breek, word harte ontbloot en geheime onkeerbaar losgeruk. Elsabé is ’n onafhanklike vrou wat haar gevoelens lankal agter professionele grense wegsteek. Marnus, ’n toegewyde dokter met ’n verlede vol onsekerhede, glo hy het geen tyd vir liefde nie. Wanneer ’n onskuldige uitnodiging hulle na ’n afgeleë plaashuis lei, word albei gedwing om hul vrese, twyfel en verlange in die oë te kyk. Te midde van dreigende onweerswolke, knetterende kaggelvure en onuitgesproke begeertes, begin vertroue stadig groei. Maar kan liefde werklik wortelskiet waar misverstande, jaloesie en onsekerheid lank reeds skade aangerig het? Storms van liefde is ’n roerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele ontwaking en die krag van liefde wat selfs die hewigste storms kan trotseer.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die lag in jou oë (Groot Druk)

R219.00

Rita Botha vlug uit ’n verlede vol oordeel, stilte en seer, op soek na ’n nuwe begin. In ’n onbekende dorp, by ’n eenvoudige skool en in ’n klein tuinwoonstel, begin sy stadig weer asemhaal. Hier ontmoet sy mense wat haar nie ken vir wat ander oor haar gesê het nie, maar vir wie sy ís: ant Hartjie met haar oop hart, Pieter met sy stil krag, en vreemdelinge wat onverwags lig bring.   Terwyl Rita haarself stukkie vir stukkie herontdek, moet sy ook die spoke van haar verlede in die oë kyk – ’n huwelik wat haar gebreek het, ’n dogter wat haar verwerp, en ’n geloof wat as wapen gebruik is. Die lag in jou oë is ’n aangrypende verhaal van verlies en genesing, van tweede kanse en die moed om weer te leef. Soms begin vryheid met iets eenvoudig: om net weer te lag.

1 … 28 29 30 … 33