PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

DiƩ Stil Vrou

R249.00

Sy het stil geword van baie wag, die seer het gegly deur haar spiraal, van dag na nag word dit rondom haar vaal, sy het soms gehuil, soms gelag, soms het sy wakker gelê in die nag EN gedroom van verdwaalde siele op straat wat maar net handel en praat. Niemand het geweet hoe dat sy wag, verlange word aanvaarding onder dié bitter maan, wat beurtelings word van hoop na wanhoop, tot die twee saam bind van stilte en alleen bestaan, deur die jare het sy self die slot van haar eie verhaal geword, haar stilte en krag dié stil vrou word sterker as sy, waarop sy wag.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tuiskoms (Groot Druk)

R249.00

Tuiskoms neem die leser op ’n sagte, eerlike reis deur herinneringe, verlies, liefde en die eenvoudige oomblikke wat ’n mens se lewe vorm. In hierdie bundel van persoonlike sketse loop die skrywer terug deur die stofpaaie van haar jeug, die warmte van familie, die pyn van afskeid en die vreugde van klein oorwinnings. Sy ontbloot die hart se skaduwees en lig, en wys hoe elke dag se stories – van ’n oggendkoffie tot ’n berg vol stilte – ’n mens help verstaan wie jy is en waar jy hoort. Met ’n stem wat sag praat maar diep tref, nooi die skrywer jou om saam met haar te sit op ’n Namib-grasveld, om saam met haar te lag oor kindwees, en saam met haar te huil oor die dinge wat mens nie altyd kan sĆŖ nie. Dit is ’n bundel oor tuiskoms – nie net na ’n plek nie, maar na jouself.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die perfekte trofee (Toeganklike Grootdruk)

R249.00

‘n Reeksmoordenaar teister die stad. Een vir een word jong vroue vermoor, en by elke grusame toneel laat die moordenaar dieselfde boodskap agter – ‘n uitdaging aan Speursersant Wilburt Winterbach. Die kat-en-muis-speletjie raak al gevaarliker, en elke nuwe leidraad bring hom nader aan die waarheid of dalk nader aan sy eie ondergang. Terwyl Wilburt onverpoosd jaag om die moordenaar vas te trek, word die mense naaste aan hom deel van die spel. Veral Sonette – die vrou wat sy hart gesteel het. Wanneer die grens tussen plig en liefde vervaag, moet Wilburt besluit hoeveel hy bereid is om op te offer om die monster te stop. In ‘n wĆŖreld waar niemand heeltemal onskuldig lyk nie en elke glimlag ‘n geheim kan verberg, word die jag op die moordenaar ‘n wedloop teen tyd. Want vir sommige mense is menselewens niks meer as trofeĆ« nie…

Die lag in jou oƫ (Toeganklike Grootdruk)

R249.00

Rita Botha vlug stad toe, weg van Adelsrust waar sy die afgelope ses maande geen vreugde geken het nie, weg van Jacobus, haar pastoor man, en die lede van sy kerk. In die stad word sy vinnig deel van Lizzie Meyer se ā€˜familie’. Toe die bom bars en die rede vir haar wegvlug uit Adelsrust op die voorblad van die Sondagkoerant uitbasuin word, leer Rita die waarde van vriendskap en besef sy – alle mans is nie soos Jacobus nie. Daar is ook mans soos Pieter, iemand met lag in sy oĆ«.

Losieshuis van my hart (Grootdruk)

R249.00

Wanneer Louise, ʼn stadsjapie met ʼn eensame verlede, langs ʼn koue plattelandse pad vasval, bots sy wĆŖreld met diĆ© van die vurige Jacques. Onverwagse ontberings, flikkerende vonke en die gemeenskapsgees van ʼn dorpie dwing haar om haar ware self te ontdek—én die liefde te bevraagteken.

Waar Liefde weer Blom (Grootdruk)

R249.00

Jacoba het eens geglo sy het die liefde van haar lewe gevind. Maar die man op wie sy verlief geraak het, het mettertyd haar grootste nagmerrie geword. Op ’n plaas waar vrees, vernedering en mishandeling deel van haar daaglikse bestaan geword het, moes sy en haar drie seuns leer om stil te bly en te oorleef. Tot die dag aanbreek waarop Jacoba besef sy kan nie langer so leef nie. Met haar kinders aan haar sy, waag sy die onbekende in – op soek na veiligheid, vrede en ’n nuwe begin. Maar kan ’n gebroke hart ooit weer liefhĆŖ? Wanneer Dewald onverwags deel van haar lewe word, ontdek Jacoba dat liefde nie altyd seermaak nie. Soms bring dit genesing, hoop en ’n tweede kans. Terwyl ou wonde stadig begin heel, leer sy dat selfs nĆ” die donkerste storm weer blomme kan blom.

Skadu van misleiding (Groot Druk)

R259.00

Wanneer Fred Swanepoel se vrou, Nadia, op ’n doodgewone oggend ontvoer word, word sy rustige lewe in Groenvlei in duie
gestort. Die polisie se spore loop dood, maar Fred se vasberadenheid groei—hy sal haar terugkry, al beteken dit hy moet
self die monsters in die skadu’s in die oĆ« kyk. Intussen ontdek Nadia dat haar ontvoerder iemand uit haar verlede is—’n
man met ’n siek, obsessiewe liefde wat jare lank in die donker op haar gewag het. Terwyl sy veg vir haar lewe, ontrafel
’n bose netwerk van mensehandel, korrupsie en wraak…

Onheilspellende Maansverduistering

R269.00

‘n Verhaal vol intriges, verraad, moord en hartseer romanse.

Die verhaal speel hom uit in ‘n ou Laeveldse dorpie, waar Konstabel van der Plooi en sy kollegas ‘n moord moet oplos. Konstable van der Plooi is ‘n stoftrappertjie, gaan hy homself handhaaf en staande kan bly tot die einde toe, in ‘n wereld vol dwelms en meisies.

Leila (Groot Druk)

R269.00

Wat begin as ’n droomavontuur deur Marokko se betowerende landskappe, verander in ’n nagmerrie toe Leila spoorloos in die Saharawoestyn verdwyn. ’n Onskuldige oomblik van nuuskierigheid lei tot haar ontvoering deur BedoeĆÆene en haar verkoop aan ’n magtige, geheimsinnige sjeik. Ver verwyder van alles wat sy ken, bevind Leila haarself in ’n wĆŖreld van weelde, geheime en ongesproke reĆ«ls – ’n goue gevangenis waar vryheid en gevaar hand aan hand loop.Terwyl haar vriende desperaat na haar soek, moet Leila leer oorleef in ’n paleis waar magspeletjies, jaloesie en verborge agendas skuil. Maar agter die sjeik se koue beheer lĆŖ ’n innerlike stryd wat alles kan verander. Leila is ’n verhaal van moed, oorlewing en die dun lyn tussen vrees en verlange – ’n reis waar liefde, gevaar en lotsbestemming mekaar in die woestyn ontmoet.

Skoonlief en die rockster (Toeganklike Grootdruk)

R269.00

Heinrich Malan, beter bekend as die berugte rockster Lincoln Ray, is gewoond aan die kollig, skandale en die onophoudelike aandag van aanhangers. Wanneer hy gedwing word om as gaskunstenaar by die gesogte Mejuffrou Ultima-kompetisie op te tree, verwag hy ‘n week vol oppervlakkigheid en irritasie. Andolene Myburgh is alles behalwe die tipiese skoonheidskoningin. As joernalis en boekliefhebber neem sy slegs deel aan die kompetisie omdat haar tweelingsuster haar oorreed het. Sy verlang na stilte, eenvoud en haar gewone lewe. Wanneer hulle paaie onverwags kruis langs ‘n rustige stroompie, ontdek hulle albei dat eerste indrukke gevaarlik misleidend kan wees. Agter die wilde rockster skuil ‘n man met ‘n sagte hart, en agter die rooikop skoonheid ‘n vrou wat weier om deur voorkoms alleen beoordeel te word. Maar kan liefde blom wanneer die wĆŖreld voortdurend kyk, oordeel en inmeng? Of sal roem, geheime en verskillende lewens hulle uitmekaar dwing voordat hul verhaal werklik kan begin? ‘n Hartroerende liefdesverhaal vol romanse, humor, musiek en onverwagte tweede kanse.

Bloedrooi Papawers (Toeganklike Grootdruk)

R269.00

Lelami de Jager vertrek vol opwinding na die Sahara vir wat sy glo ’n unieke geologie-ekspedisie is — ’n kans om haar akademiese droom te verwesenlik. Tussen smokkelhandel, mensehandel en geheime operasies ontdek sy dat nie almal is wie hulle voorgee om te wees nie — en dat redding soms kom in die gestalte van iemand wat sy nooit regtig raakgesien het nie. Bloedrooi Papawers is ’n meesleurende verhaal van spanning, liefde, oorlewing en die onverwagse krag van die hart.

Skaaptjops vir Sonja (Toeganklike Grootdruk)

R269.00

Sonja Smit het genoeg gehad van toe-oog-afsprake en mislukte mans. Na ʼn reeks rampspoedige ontmoetings het sy vrede gemaak met haar enkelbestaan – tot ʼn toevallige gesprek voor die vleisrak haar lewe onherroeplik verander. Jac, ʼn aantreklike apteker met ʼn sin vir humor en ʼn hart vol seer, bring weer lig in haar dae. Wat begin as ʼn skerts oor skaaptjops en pap, groei stadig in iets dieper – ʼn tweede kans op liefde. Maar die verlede, familie se verwagtinge en jaloerse skaduwees dreig om die nuwe geluk te kelder. Kan Sonja die moed vind om weer lief te hĆŖ, of sal sy toelaat dat vrees haar tweede kans steel?

Spooktrein (Grootdruk)

R269.00

Presies een jaar nadat haar ouer suster, Lara, spoorloos by ‘n rondreisende kermis verdwyn het, keer dieselfde kermis terug na die dorpie. Vir Celine is dit meer as net ‘n toevalligheid – dit is haar laaste kans om die waarheid te ontdek.
‘n Geheimsinnige fortuinverteller, vreemde klopgeluide uit die spooktrein en ‘n jong werktuigkundige wat blykbaar meer weet as wat hy durf sĆŖ, lei Celine al dieper in ‘n wĆŖreld van geheime tonnels, leuens en gevaar. Maar hoe nader sy aan die waarheid kom, hoe duideliker word dit dat iemand bereid is om enigiets te doen om die donker geheime van die kermis te beskerm.
Met die kermis wat binnekort weer vertrek, raak tyd haar grootste vyand. Nou moet Celine besluit hoe ver sy bereid is om te gaan om haar suster terug te bring.

Wanneer kuber-liefde tuimel (Grootdruk)

R269.00

Vir die eerste keer in jare voel Alet weer jonk, begeerlik en hoopvol. Bernhard is sjarmant, oplettend en presies die man wat sy gedink het sy nooit weer sou ontmoet nie. Maar terwyl Alet haar hart al hoe verder oopmaak, hou Bernhard hardnekkig dele van sy lewe geheim.

Haar dogter, Kaitlin, vertrou hom van die begin af nie. Sy sien dinge wat haar ma nie wil raaksien nie. Wie is die geheimsinnige Daleen? Waarom verdwyn Bernhard se boodskappe? En hoekom weet Alet so min van die man op wie sy verlief geraak het?

Wanneer die waarheid uiteindelik uitkom, sal Alet moet besluit of liefde genoeg is om verraad te vergewe.

Viazma (Grootdruk)

R269.00

Pascal Benz se lewe verander wanneer sy ontdek dat haar ma se dood nie ’n ongeluk was nie. Jare lank het sy met die verlies saamgeleef, maar nou begin die waarheid stadig na vore kom. Haar ma het iets ontdek wat sy nooit moes geweet het nie: ’n geheime netwerk rondom Viazma, ’n afgeleĆ« inrigting waar weerlose mense vir wrede eksperimente gebruik word.
Wanneer iemand toegang tot Pascal se huis kry, haar dophou en boodskappe los, besef sy dat die verlede haar ingehaal het. Sy weet wie daarvoor verantwoordelik kan wees – en sy weier om stil te bly.
Terwyl haar liefde vir Enoch haar anker bied, betree Pascal ’n wĆŖreld van gevaar, bedrog en verraad. Maar Viazma se donker gange hou geheime wat selfs sy nie verwag het nie.

Huwelik op Kontrak (Groot Druk)

R289.00

Ricardo Basson het alles wat geld kan koop – status, luukse motors, ’n ongenaakbare reputasie en ’n lewe sonder
verantwoordelikhede. Tot sy pa ’n besluit neem wat sy wĆŖreld ruk: hy móét trou. En nie net met enige vrou nie, maar met
Clarissa Lƶtter – ’n saggeaarde, nederige meisie uit ’n eenvoudige bestaan, wat jare lank net van ’n beter lewe kon
droom. Vir Clarissa is die huwelik haar kans om veiligheid en ’n toekoms vir haar en haar pa te skep. Vir Ricardo is
dit ’n ketting wat hom bind aan ’n vrou wat hy skaars ken… of wil ken.

1 … 30 31 32 33