Die Afspraak & Ander Stories (Oudioboek)
R120.00Inhoud:
Die Afspraak
Die Besoek
Die Bosslaper
Die E-Pos
Die Profeet
Die Spook
Die Twee Vroue in die Haarsalon
Dilemma
Geskryf en voorgedra deur Karin Nieuwoudt.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Inhoud:
Die Afspraak
Die Besoek
Die Bosslaper
Die E-Pos
Die Profeet
Die Spook
Die Twee Vroue in die Haarsalon
Dilemma
Geskryf en voorgedra deur Karin Nieuwoudt.
Die drieling-susters Luna, Diana en Irene kan van kleins af dinge doen wat ander kinders nie kan nie. Een van die spesiale gawes is, dat hulle met enige seedier kan kommunikeer, en hulle is baie lief vir water. Daar word gedurig met hulle daaroor gespot, tot hulle ma besluit die drie is nou oud genoeg om by die ander van hulle soort aan te sluit. Hulle word na ‘n pragtige sprokieskasteel aan die voet van die Meru-gebergte gestuur.
Elke dag, elke minuut, ondervind elkeen van ons een of ander emosie. Soms kan ons emosies omsit in woorde… Dit kan heelmaak, seermaak, saakmaak.
Emosies is innerlike belewenisse… Vreugde, woede en verlange is seker die emosies wat ons die meeste ervaar.
Emosies is voorwaar aansteeklik. Lag uitbundig en almal om jou lag saam. Intense hartseer kan weer die negatiewe in emosies opwek. Om oor hartseer te skryf, óf te dig, is dalk moeiliker. Net soos angs, dreineer dit vreugde tot daar niks meer oorbly nie. Wat dán oorbly, is om verslae terug te kyk na die vreugde wat was.
Ons praat oor ons vreugdes, ons woede, ons verlange. Ons skryf en dig daaroor. Dit is hoe skrywers en digters uiting gee.
Ek glo ons het elkeen ‘n eiland in ons gees waar net jy en God kan kom. Dis ‘n eiland waar ‘n mens se rou wonde en eelte naak lê. Dis ook ‘n plek waar God in jou oor fluister en sê dat jou naam alreeds in Sy handpalm geskryf staan en dat jy het wat nodig is om aan te gaan ten spyte van jou omstandighede. Ek glo my ma het so ‘n eiland in haar gees gehad, want hoe anders kon sy aangaan. Hierdie is my onthou van my ma, dit is haar storie, maar ook ons storie.
Mirna en Nalene Boeson is ’n tweeling in die heksgemeenskap diep in die bosse in die noorde van die land, maar hulle verskil soos dag en nag. Mirna is stil en verantwoordelik, maar Nalene is gedurig in die moeilikheid, veral toe sy met swartmagkuns begin eksperimenteer. Nadat Nalene vir Suhara, die hoofheks, in ’n klip verander, moet hulle vlug vir hulle lewens. Om te keer dat Nalene ooit weer haar towerkrag kan gebruik, word sy vasgevang in Mirna, en met Joanne, hulle ma se suster, se hulp word Mirna in Kaapstad gevestig waar ’n weldoener sorg dat sy haar lewe kan voortsit.
Dodedanser en ander Essays nooi die leser om deur middel van sy versameling stories en essays, by hom aan te sluit. Sy essays is briljant geskryf en in die bundel kom sy liefde vir sy geboorte-wêreld sterk na vore. Lambertsbaai en die Sederberge word dikwels in sy skrywes gebruik. Beide het ’n groot rol in sy kinderjare gespeel. Hy onthou die emosies wat die plekke ontlok het. Hier beleef jy van sy ervarings uit sy lewe of uit die lewe van sy vriende of familie, soos byvoorbeeld die beskrywing van dood: Die ontydige klop. Buite staan die doodshoof. Gebitte sonder lippe en ʼn kruis agter ʼn skedel met gate waar die oë was. Dodedanser met ʼn boodskap sonder stem. Die dood!! Hierdie uitstekende bundel essays beloof om lank na jy dit klaar gelees het, nog by jou te bly.
Hierdie prag-kortverhaalbundel bied die kieskeurigste leser so ’n ietsie van alles onder die son. Humor, nostalgie, romanse, aksie, ens…
Sybie Kleynhans, geliefde skrywer van Potchefstroom se vierde boek in die reeks van Madefu gee soveel lewenswysheid wanneer jy dieper lees. Die liefde vir die veld en diere kom in sy hele reeks voor. Die boek bied groot leesvermaak aan die leser.
…Wat ek weet van liefde is die lag is nou en in ‘n oogknipsel volg die traan, dan volg die eensame verwyt en verwurgende stilte.
Dié boek is een van daardie moét-hê en dan moét-hou boeke. Jy kan dit net eenvoudig weer en weer lees sonder om verveeld te raak. Sybie woordspeel tussen die lyne en as mens nie fyn lees nie, verloor jy die dieper seer en vreugde, en wil ek byna sê boodskap van hierdie boek.
Deur al die stories is daar wonderlike lewenslesse vir elkeen om op ʼn vars manier te ontdek, en met ons geliefdes te deel.
Die mooiste dalk net toe … “En Soekie soen Kolla teen sy neus. Gelukkig staar hulle na die geeloog-maan wat deur die wolke loer. Daar bo lag die maan sag, en tevrede. ‘Dit is so mooi’, dink hy, ‘om ʼn nuwe liefde op Kersdag te kan aanskou, al is dit tussen twee steenbokkies’.” Van der Spuy Brink
Hierdie bundel stories beleef jy saam met Sybie in die veld saam die diere wat hy so lief het.
Rita Botha vlug stad toe, weg van Adelsrust waar sy die afgelope ses maande geen vreugde geken het nie, weg van Jacobus, haar pastoor man, en die lede van sy kerk.
In die stad word sy vinnig deel van Lizzie Meyer se ‘familie’. Toe die bom bars en die rede vir haar wegvlug uit Adelsrust op die voorblad van die Sondagkoerant uitbasuin word, leer Rita die waarde van vriendskap en besef sy – alle mans is nie soos Jacobus nie. Daar is ook mans soos Pieter, iemand met lag in sy oë.
Het jy al verlang na meer tyd saam met geliefdes? Op Rus en Vrede kom vriende en vreemdelinge bymekaar om stories te deel rondom ‘n vuur – van lag en trane tot rillings van vrees. Dis ’n tyd van herontdekking, verlies, nuwe liefde en die krag van menslike verbondenheid. Elke skrywer bring ’n unieke ervaring, en saam vorm hulle ’n mosaïek van herinneringe. ’n Week wat ’n leeftyd se betekenis inhou – net soos jy dit dalk ook nodig het.
Kortverhale is al vir baie jare as ‘n goeie tydverdryf beskou. Met Keur van verhale bring ons weereens goeie kortverhale na die leser, want ‘n goeie storie raak nie oud nie en moet vir die nageslag bewaar word.
Naas Viljoen en sy vrou, Nellie, sukkel om kop bo water te hou op hul klein stukkie grond net buite die dorp. Sy drome om hul armoede te ontvlug lei hom weekliks na die perdewedrenne, maar die geluk bly uit. Toe Naas hoor dat ’n man naby hom die boerpot van drie miljoen pond gewen het, maak hy ’n gewaagde plan. Hy ontdek die man is Petrus Pretorius, ’n hengelaar aan die Vaalrivier – en Naas is vasbeslote om sy fortuin te verander, ten alle koste.
Die Bester-gesin word ’n gulde geleentheid gebied om kosteloos op ’n Wildsplaas net buite Brits te gaan kampeer. Die raaisel verdiep toe daar ’n paar moorde gepleeg word en ’n mensehandel-sindikaat wat in die verlede deur Danie ondersoek is, moontlik iets daarmee te doen het. Danie en sy gesin word deur ’n maalkolk van raaiselagtige gebeure meegesleur. ’n Vreemde kroegman en ’n twyfelagtige karakter wat as plaasbestuurder werk skep meer vrae as antwoorde.
Hierdie boek is gevul met intrige aangevul deur moord, ontvoering en ’n goue draad van liefde en vertroue wat tot die uiterste beproef word. Sal Danie en sy gesin ongeskonde aan die anderkant uitkom?