Die Eiland
Price range: R39.00 through R139.00Wilma is een van tien wenners van ʼn twee weke lange bootvaart vanaf Durban, na wie weet waarheen aan boord van die Enterprise seiljag. Die aand voor hulle terugvaart na Durban, oorreed sy Andries, tweede in bevel, om haar na die geheimsinnige Gambriose eiland te neem met een van die reddingsbootjies.
Op pad na die eiland wat alreeds in digte mis gehul is, versleg die weer vinnig. ʼn Sterk rukwind steek op en waai golwe bo-oor die klein rubberboot. Dan dop die rubberboot om. Oorlewing is nou eerste prioriteit. Na dae van ontberings sien sy beweging tussen die ruig stuike. Dan is hulle by haar. In die maanlig sien sy hulle gesigte: rooi en geel strepe oor die voorkoppe geverf. Halfnaak, groot en sterk, spiere blink ingevryf met vet of olie.
Is hulle vyandig of is hulle haar goedgesind? Watse ander geheimenisse is nog verskuil op die eiland?
