Uitgewerp
Price range: R89.00 through R259.00Dit is nou Marizka se beurt, omi n hierdie boek die storie agter die storie te vertel, met feite wat nog nie die lig van dag gesien het nie.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Dit is nou Marizka se beurt, omi n hierdie boek die storie agter die storie te vertel, met feite wat nog nie die lig van dag gesien het nie.
3 Verhale in 1
Wanneer Nia Vermoot se ouers spoorloos verdwyn na ’n vakansievlug, gryp sy ’n geheimsinnige kans aan om die waarheid uit te vind. ’n Internet-boodskap lei tot ’n vreemde huwelik met die geheimsinnige Adam van Eeden, wie se gesig altyd bedek is. Kort ná die seremonie word sy saam met hom na ’n afgeleë eiland geneem, waar vreemde gebruike geheime verberg. Daar ontdek sy die ware rede vir haar teenwoordigheid – en die onheilspellende verbintenisse tussen Adam, ’n verminkte vrou en die stil Ula.
Buckle up and get ready for another adrenaline-pumping adventure with *Operation Viper*, the fourth installment in Steve Murray’s The Boy Jet Fighter Pilot series. If you’ve been following Michael and his fearless aviation-mad family, this book takes the excitement to new heights—literally! In true Murray fashion, Operation Viper blends adventure, heart, and a love for flying into a story that’s hard to put down. It’s a must-read for young readers with big dreams and a thirst for action. Fasten your seatbelt—this mission is one wild, exhilarating flight!
Toe Kamilla se pa met Julius se ma trou, kry sy onverwags ’n “broer” wat later haar tweelingbroer blyk te wees. Ná hul pa se dood ontdek hulle hul ware herkoms en besluit om hul afsydige oupa, die Markies D’Almera, in Portugal te konfronteer. Daar ontmoet Kamilla die aantreklike Francesco, wat haar as veearts aanstel by die kasteel. Maar geheime en bedrog wag. Kan sy die Markies se duister verlede ontbloot – of is sommige waarhede té ongelooflik om te glo?
Hierdie bundel stories beleef jy saam met Sybie in die veld saam die diere wat hy so lief het.
Na ‘n baie traumatiese gebeurtenis in Pascal se lewe, spits hy hom toe op baie meer as die cannabis-handel en raak gou ‘n gehate teenstander in die onderwêreld. Daar is net een probleem, hulle kry hom nie in die hande om hom te elimineer nie.
Die familie word geskud deur ‘n paar ontdekkings uit die verlede. Sal hulle dit deurstaan? Sal Pascal dit regkry om sy oom se dood te wreek en self lewend daar uit te kom?
Beth vind ook liefde by die toergids wat hulle toer gelei het tydens hul besoek aan Suid-Afrika.Die tweeling is baie gelukkig en dankbaar dat hul Vader hulle so seën.
Wanneer hulle dit die minste verwag, slaan die noodlot egter toe. Wie se lewe is dit wat verwoes word deur leuens en verraad?Gaan hulle daardeur kom en steeds suksesvol wees?
Kan Lente ooit vir Christo oortuig dat die ouderdomsgaping tussen hulle nie saak maak nie, of gaan Lente moet teruggaan Karoo toe en van Christo vergeet? ’n Koerantfoto onthul geheime wat die deurslag gee in die besluit wat Lente moet neem; een wat haar lewe totaal sal ontwrig.
Louisa se stryd om haar identiteit en die konflikte met haar aanneemouers raak die leser diep. Kan dit lei tot hoop en versoening?
Hulle ontdek hoop, genesing en liefde te midde van donker geheimenisse en emosionele stormwinde. Sal hulle die moed vind om mekaar se laste te dra en die skaduwees van die verlede te oorkom?
Gripping, atmospheric, and packed with emotional twists, *Utterly Deceived* is a suspenseful tale of lost identity, betrayal, and the dangerous depths of deception.
Hoe meer haar lewe bedreig word, hoe meer dring die besef tot haar deur dat sy niemand meer kan vertrou nie – nie haar groep vriende, haar familie, of selfs vir Chrisjan en sy vrou, Nikki, nie.
Hierdie is ‘n hartroerende en opwindende avontuur wat jou van bladsy een tot die einde sal laat raai.
Sanja Sandrucci se uittrede uit die modebedryf kom as ’n groot skok vir die wêreld, veral vir Alessandro Pisano wat haar uitsonderlike talent raakgesien het en haar klerereeks as ’n onderafdeling van sy modehuis vervaardig en bemark. Sonder enige verduideliking roep sy Milaan vaarwel en keur terug na Pretoria.
Andreea Bartonelli word in die vroeg 1900’s in Floraans gebore met ’n besondere musiektalent, wat deur haar vader, Bruno, self ’n komponis en musiekonderwyser van vroeg af ontgin word. Sy is wel nie ’n kind wat wil begin praat nie en haar moeder, Carmen, se verwerping en kwetsende woorde mag dalk ’n groot bydrae daartoe hê.Wanneer sy ses is, verlaat haar moeder hulle sonder om haar eers te groet. Haar vader en goewernante, Emma, word haar alles. Om haar aandag van die traumatiese gebeurtenis af te lei, reël Bruno haar eerste optrede nêrens anders nie as in die La Scala, Milaan, Italië.
In hierdie boek gaan ons saam op ’n groot avontuur deur ons verlede. Ons gaan lees van Wolraad Woltemade en sy dapper perd; van Dirkie Uys wat sy pa gaan help het toe die Zoeloes hulle aanval; van die dapper kinders wat in ’n dam gespring het om hulle maats te gaan red. Daar is soveel stories van dapper grootmense, maar ook van dapper kinders. Ons kan vandag Afrikaans praat en na Afrikaanse stories luister omdat hierdie dapper mense gehelp het om ons taal te bou. ’n Taal wat so mooi is, ’n taal met die naam Afrikaans.
Kom reis saam en geniet die stories!