Die gemaskerde man
Price range: R39.00 through R139.00Amber se ouers, navorsers uit Namibië wat spesialiseer in vreemde insekte, sterf albei in die rëenwoude van Amerika as gevolg van ‘n gif wat een van die insekte afskei wat nie bekend was aan hulle nie. Sy word deur haar oppasser Idira, ‘n indiaanse vrou van die Awa-stam, geneem en grootgemaak soos haar eie dogter. Terwyl Amber saam met haar vriendinne in die woud bessies versamel, verras ‘n gemaskerde man haar en bied aan om haar te help. So ‘n mooi jongvrou het hy nog nooit gesien nie, hy raak verlief op haar.
Wie is die gemaskerde man en hoe sal hy by die stam met hul streng wette en haar moeder verbykom? Sal haar broers hom toelaat om die vrou wat hul albei heimlik lief het, weg te neem?
