Neriah
Price range: R79.00 through R199.00Die Bloemendal-familie het skaars kans gekry om hierdie slegte nuus te verwerk, of Neriah verdwyn self op ʼn baie misterieuse manier. Die hulp van speursersant Whitelock van die Vermiste Persone tak moes dringend ingewin word om sersant Annandale met die ondersoek te help. Albei hierdie regsmanne besef maar te goed dat indien die media moet agterkom dat sy vermis word, daar baie druk op hulle geplaas sal word om haar te vind. Sy is immers ʼn huishoudelike naam reg oor die wêreld!
Is sy ontvoer, en hoekom? Hou dit verband met haar broer se inhegtenisname as dwelmhandelaar? Waar moet hulle begin soek? Gaan hul Neriah lewend kry?
