Nikkie
R59.00 – R179.00Price range: R59.00 through R179.00Nikkie Hoffman, ’n lewenslustige jong vrou van Namakwaland, dra die pyn van haar ma se geheimsinnige dood saam. Vertroue is haar grootste struikelblok – iets wat niemand nog reggekry het om by haar te vestig nie. Sy deel ’n huis met die onweerstaanbare Marc Ramsey, wat vasbeslote is om haar hart en waarheid te ontdek. Maar terwyl liefde stadig ontkiem, loer gevaar. Nikkie worstel met emosies, terwyl Marc weet: sy is sy sielsgenoot. ’n Romantiese raaisel vol passie en pyn.
Slagveld van haar hart
R129.00 – R369.00Price range: R129.00 through R369.00Wat word van Keara Holm? Kry sy ooit weer die geleentheid om terug te gaan na haar geliefde Namakwaland en Goedgeluk? Bly haar lewe ’n slagveld, of wen sy op die einde die oorlog?
Ebony en Ivory
R89.00 – R209.00Price range: R89.00 through R209.00Claire, is die onstuimige golwe en donderweer. Michael, is die maan, sterre en die rustige see. Ebony and Ivory. Die perfekte kombinasie van donker en lig.
Maar gaan Claire ooit inpas by die voorbeeldige lewe en die perfekte toekoms wat Michael se invloedryke ouers vir hom as Teoloog beplan?
Kyla
R79.00 – R209.00Price range: R79.00 through R209.00Bykans nege maande lank hou hy alles in hom toegesluit. Saans weergalm sy gille deur die stil gange wanneer dieselfde droom hom treiter. Op ’n dag onthou hy vir KYLA. Sy swartkop met die goue hart en klingellaggie. Stukkies van die legkaart begin inmekaarpas. Hy onthou die reuk van die see, voel die sproei van die branders. Kyla se gille wanneer sy dieper die see ingetrek word. Vlermuise wat saam met die digte mis vanuit die see opstyg. Die grasgroen oë wat ’n mens se siel vir die duiwel kan voer sonder die knip van ’n oog.
Pandora se boks was nou vir só lank toegesluit en weggebêre. Hoe sou die verdomde ding weer oopgekom het?
Blomme vir Hermien
R108.00 – R275.00Price range: R108.00 through R275.00Gaan hy aanhou toelaat dat die verlede sy toekoms dikteer? Gaan hy maar net terugstaan dat George haar onder sy neus wegraap – net soos destyds die geval was met Sylvia? Sy verlede is immers niks om op te roem nie, buitendien glo niemand in sy onskuld nie. Sy familie, vriende en die gemeenskap het hom reeds veroordeel en gebrandmerk, hoe kan hy enigsins verwag dat Hermien hom sal glo … of hoop dat sy hom lief kan hê?
Verbode Begeertes
R89.00 – R229.00Price range: R89.00 through R229.00Hierdie opwindende en boeiende romanse van Magdaleen Viviers, vertel die verhaal van Jeanie Riekert, ‘n vrou wat van kleins af geleer het om die jaloesie en haat van haar jonger halfsuster, Hannelie, te hanteer. Maar wanneer Hannelie haar visier instel op die man wat Jeanie liefhet, Dawid Adendorff, wat onbewus is van haar gevoelens, word die twee in ‘n emosionele stryd van leuens en bedrog gedryf. In ’n desperate poging om haar liefde vir Dawid te bewys, moet Jeanie die geheime van haar verlede, sowel as die geheime van Hannelie, in die oë kyk om haar onskuld te bewys.
Kan sy die leuens en manipulasie oorleef, of gaan sy swig voor Hannelie se wil?
Beminlike Rissiepit
R89.00 – R229.00Price range: R89.00 through R229.00In Magdaleen Viviers se opwindende roman, Beminlike Rissiepit, word lesers op ‘n wilde reis van liefde, vasberadenheid en chaos geneem. Amorie de Villè, ’n 23-jarige vrou, hou al jare lank ’n diep liefde vir Zander in haar hart opgesluit, maar word nou gekonfronteer met die realiteit van die blondekop Amanda Viljoen. Zander Tredoux is tussen twee duiwels en die diepblou see verskeur en moet ’n moeilike besluit neem. Amanda is vasbeslote om Zander tot elke prys hare te maak. Wie gaan Zander se hart wen en sal Amorie kan ontsnap van die onderduimse en gevaarlike metodes waarvan Amanda gebruik maak? Lees hierdie boeiende roman om uit te vind.
Slingerpad na die hart
R99.00 – R249.00Price range: R99.00 through R249.00Die vonke spat toe Derrick Stassenheimer, geswore vrouehater en grootbaas van die koöperatiewe reus, Heimers-Industrieë, Melda daarvan beskuldig dat sy Dewald misbruik.
Dan gebeur daar onverwags ’n insident tussen Derrick en Melda. Dit het ’n reeks kettingreaksies tot gevolg, wat die Stassenheimer-huishouding tot in sy fondamente skud.
Weereens bevind Melda haar in ’n benarde posisie en slaan op die vlug, maar hierdie keer is haar hart in die gedrang.
Oase in my woestyn
R59.00 – R169.00Price range: R59.00 through R169.00Sarafina word deur die kommissaris aangesê om te help met die soektog na die baasbrein agter die ontvoering. Sarafina, net soos Heilda, dra swaar aan die bagasie van haar verlede. Sy betoon geen genade toe hulle die ontvoerders vastrek nie, maar die baasbrein is ’n glibberige vent wat hom nie laat vang nie.
Hoekom het die twee mans die wetenskaplike ontvoer? Wat is Sarafina en Heilda se storie, en gaan Xander daarin slaag om hulle almal veilig te hou?
Sydney Louw – Vol 2
R99.00 – R399.00Price range: R99.00 through R399.00“ …three may keep a secret, if two of them are dead!” Kolonel Nico Viljoen, leier en stigter van COBRA – TEAM, Covert, Organized, Bilingual, Reaction Alliances – opgelei deur Spesiale Taakmag (STF) van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, kyk trots na die groep om hom. Hierdie is die tweede jaar wat hul saamwerk.
Ridders van die grootpad
R79.00 – R219.00Price range: R79.00 through R219.00Vind uit wie was Frank, waar kom hy vandaan. Wie was Johny, wat gaan van hom word?Wie was die onbekende Boytjie? Die een wat afhanklik van die sorg van die groep word? Lees oor kameraadskap, opregte vriendskap as mens niks anders het nie.As hierdie boek nie jou hart raak nie, sal niks dit ooit kan doen nie.
Leer ken die ware Ridders Van Die Grootpad soos die skrywer dit ervaar.
Weerwraak van die lewe
R99.00 – R219.00Price range: R99.00 through R219.00Kurt Wessels se vrou en dogtertjie van vier, Vera, weier om hom te sien, nadat sy die lewe geskenk het aan n seun met Down Sindroom.
Hy neem die baba na sy plaas Wesselsrust, waar hy hom met behulp van sy werknemers se vroue, die seun probeer grootmaak, maar die kind sterf. Sy kind se operasies, n reuse veldbrand en ander kostes veroorsaak dat hy sy plaas verloor.
Die nuwe eienares vra hom om aan te bly en sy het n tweeling; n dogter en n seun ook met…
Suleika
R129.00 – R339.00Price range: R129.00 through R339.00Hier begin sy ’n nuwe lewe met die hulp van Nadir en al sy kontakte wat hy het, wat haar help. Steeds was dit net die begin van die hel waardeur hierdie beeldskone jongvrou nog in haar lewe sou moes gaan.
Vind sy ooit vrede, word haar drome ooit waar, of vind haar familie haar voor sy nog kans kry om te lewe?
Tuimelskaal
R79.00 – R189.00Price range: R79.00 through R189.00Die aantreklike jong dokter Karin Maree se lewe verander oornag in ‘n nagmerrie toe sy onskuldig betrek word by ‘n groot dwelmkartel wat sy yster tentakels ingeslaan het in London en Kaapstad, en ook die hele Afrika asook lande in Europa.
So tussendeur helikoptergevegte in die lug en brutale gevegte op land, het Kupido gesorg vir die wonderlike aroma van liefdesontwakings…
Leesgenot 1
R109.00 – R239.00Price range: R109.00 through R239.003 Verhale in 1
