Leesgenot 1
Price range: R109.00 through R239.003 Verhale in 1
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

3 Verhale in 1
Ester, die geliefde “baba engel” by die see, is ’n toegewyde vroedvrou met ’n hart vir moeders en babas. Ná die dood van haar mentor, Ou-Dok, worstel sy met verlies, maar haar integriteit hou haar op koers. David, Ou-Dok se seun, ontwrig haar emosies, maar ook haar hart. Met Kandas, haar kat, as stille bemiddelaar, leer Ester en David mekaar ken. Wanneer haar beste vriendin Ingrid moet kraam, word Ester se toewyding opnuut getoets. Sal sy alles alleen kan hanteer?
‘n Droom vir Marilaine is die verhaal van ‘n vrou in haar laat vyftiger jare. Haar lewe was nooit net maanskyn en rose nie. Sy moes van vroeg af leer hoe om op haar eie voete te staan.
Marilaine word dan skielik afbetaal by haar werk. Sy is onseker oor wat die toekoms vir haar inhou. Hierdie skielike omwenteling laat haar twyfel in haarself. Gelukkig is dit van korte duur. Haar goeie vriendin kom met ‘n voorstel wat haar hele lewe ten goede omverwerp.
Sy leer van vooraf wat dit is om op die Here te vertrou. Sy pluk dan ook die vrugte van haar geloof.
‘n Roman wat by die alledaagse vrou, aanklank sal vind.
Greti Strauss groei op ’n Vrystaatse plaas op, maar droom daarvan om ’n LLB-graad aan die Universiteit van Pretoria te behaal. Sy werk hard om geld te spaar en ontvang onverwags finansiële hulp wat haar droom moontlik maak. Op pad na Pretoria beland sy in ’n vreemde situasie wat later voordelig blyk te wees. Sy beleef sukses, vriendskap en liefde in die stad, maar wanneer tragedie toeslaan, besef sy selfs die “Midas touch” kan haar nie teen hartseer beskerm nie.
Wat lê alles tussen Mira en haar sukses as violiste?
Sal sy ooit haar droom kan verwesentlik? ‘n Droom om gehore regoor die wêreld te betower met haar pragtige vioolmusiek?
Of word dit van haar weggeruk, voor sy nog die kans gekry het?
Hoe meer haar lewe bedreig word, hoe meer dring die besef tot haar deur dat sy niemand meer kan vertrou nie – nie haar groep vriende, haar familie, of selfs vir Chrisjan en sy vrou, Nikki, nie.
Hierdie is ‘n hartroerende en opwindende avontuur wat jou van bladsy een tot die einde sal laat raai.
In the back of his mind Justin saw Celest still bowing to the thunderous applause of the audience. Then why the almost insane fear when she looks at him?
What’s going to happen between Justin and Celest, her parents, and his ancestors? Can the color line shift and is there a future when two worlds collide.
Aksie, bloedvergieting en verraad snipper aan sy toekomsplanne. Gaan hy liefde vind, of rol die dobbelsteen van die noodlot, weereens teen hom?
ie speurders verdink haar daarvan dat sy kop in een mus is met haar man, en hulle so die skuldlas wil probeer ontglip. By al die emosionele spanning met haar man se verdwyning, kom sy nog agter dat sy agtervolg word en vind later ’n afluisterapparaat in haar huis. Sy bedank haar werk en verhuis na haar ouers in Arizona om haar kinders te beveilig.
Hierdie is net die begin van Deandra Wilson se hel. Word haar man ooit gevind, lewend of dood? Hoe hanteer haar kinders hul vader se verdwyning? Sal Deandra Wilson ooit antwoorde kry op die duisende vrae wat sy en haar kinders het?
Sanja Sandrucci se uittrede uit die modebedryf kom as ’n groot skok vir die wêreld, veral vir Alessandro Pisano wat haar uitsonderlike talent raakgesien het en haar klerereeks as ’n onderafdeling van sy modehuis vervaardig en bemark. Sonder enige verduideliking roep sy Milaan vaarwel en keur terug na Pretoria.
Adri word op Langverwacht gebore, onbewus van die draaie wat haar lewe sou neem. ’n Verkeerde keuse lei haar na die Karoo, vasgevang in ’n toksiese huwelik met George, wie se donker kant haar en haar kinders se lewens bedreig. Ná vyftien jaar vlug sy na Bredasdorp om nuut te begin. Deur geloof en deursettingsvermoë bou sy ’n veilige lewe vir haar gesin. Jare later bring George se dood onverwags nuwe onrus en geheimenisse wat ou wonde oopkrap.
Trane van ’n Kind.
Ria Steyn het gedink haar ware identiteit kan sy versteek agter vuil mure vol graffiti, totdat daar ’n moord gepleeg word in die woonstel langsaan. Wie is Ria Steyn en wat is haar verbintenis met die agtien meisies wat in die George, Hermanus, Kleinmond en omliggende gebiede onverklaarbaar vermis geraak het?
Verwyte oor Verlore Tyd
Net ’n paar dae terug het Santie voor die oop graf gestaan. Haar man en kinders half agter haar. Hulle het die vrou begrawe wat haar in die lewe gebring het en wat sy haar hele lewe lank nie wou erken as haar ma nie.Nou sit sy in die prokureur se kantoor en kan nie glo wat sy hoor nie. Die brief in haar ma se handskrif keer haar hele lewe op sy kop.
As gevolg van verskriklike trauma wat sy opdoen, is haar skoolloopbaan ’n hel wat sy net om wens. Sy sukkel om te leer, die stemme in haar kop wil haar mal maak, en sy word geteister deur verskriklike drome. Sy dink sy het die monster van haar verlede agtergelaat, wanneer net nog verskriklike dinge met haar gebeur deur haar matriekjaar. Wanneer sy gaan studeer in Wellington, glo sy haar lewe en geluk het gedraai wanneer sy met die eerste oogopslag verlief raak op ‘n mede-Suidwester en haar kamermaat se neef. Min het sy besef dit is net die begin van nog baie hartseer, verraad en verwerping in haar lewe.
Wat gaan van Imelda Schenk word? Gaan sy ooit geluk en vrede vind? Of gaan die monsters van die verlede haar insluk?
Onbewus van haar ware herkoms, is Diana van Varenberg ’n lewenslustige, uitgesproke jong meisie wat lief is vir vinnige motors en voel op haar gemaklikste in haar denim klere. Haar ma, Jessica, wat die geheim al vir amper een en twintig jaar bewaar, word genoop om haar die waarheid te vertel toe Diana haar meedeel dat die studente DNS-monsters van hul familie moet neem en navorsing doen oor hulle voorgeslagte. Hoe gaan haar dogter op die nuus reageer wanneer sy uitvind dat dokter Jean-Claude van Varenberg nie haar biologiese pa is nie?
Dit klink soos ‘n sprokie: Alet, ‘n weduwee, en Bernhard, sjarmant en aantreklik, ontmoet oor die internet en raak smoorverlief op mekaar. Alhoewel Alet oop kaarte met Bernhard speel oor haar lewe en haar kinders, kan dieselfde nie van Bernhard gesê word nie.
Die droom spat aan skerwe wanneer Bernhard in ‘n koma beland en Alet tot haar verbystering agterkom dat hul verhouding op leuens gebou is. As sy geweet het van die dinge wat Bernhard vir haar weggesteek het, sou sy nooit in ‘n verhouding met hom betrokke geraak het nie.
Wat gaan Alet maak met die nuwe inligting? Sy kan nie vir Bernhard konfronteer nie want hy is steeds in ‘n koma. Maar sy maak ‘n ander plan…
‘n Verhaal oor die slaggate van internet-verhoudings.
In Leiden, Nederland, begin lente, maar in Twanette se hart is dit steeds winter. Gaan Twanette ooit weer ’n normale lewe lei na die ernstige trauma wat haar wil knak. Gaan sy bly treur oor wat was, óf wat kon wees?
Dan, op ’n mooi lentedag, kry sy ’n bos tulpe met ’n nota daarby. Van wie af is die bos pragtige tulpe, en wat sou in die nota staan…?