Stories uit my skooltas
Price range: R99.00 through R149.00Mag my woorde en herinneringe vreugde bring en tot inspirasie lei.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Mag my woorde en herinneringe vreugde bring en tot inspirasie lei.
Die Namakwaland-streek, geleë in die westelike deel van die Noord-Kaap, is bekend vir sy asemrowende blomtonele en woestynlandskap. Die manier waarop die plaaslike mense Afrikaans praat is uniek aan hierdie gebied.
Willem se anekdote van die mense beklemtoon die uniekheid van die mense en die gebied. Sy liefde vir dié deel van ons mooi land kan in elke storie gesien word.
Die stories neem jou deur ‘n reeks emosies, van lag tot amper huil, maar die lag oorheers.
Marina is middeljarig, en sukkel om van die seerkry en herinneringe aan gister en die verlede ontslae te raak. Sy bevind haarself aan die Kaapse weskus in ‘n lieflike vissershuisie wat sy self gerestoureer het. Dis ook hier waar sy onverwags weer haar jeugliefde raakloop. Dan maak Hendrik egter weer skielik sy opwagting, en die poppe begin behoorlik dans wanneer hy Bernard in haar geselskap aantref. Sal Bernard die toets van die tyd kan deurstaan, of sal hulle maar weer soos tevore van mekaar afsien? Daar is ook die mooie Lani wat gereeld in Bernard se geselskap aangetref word, waarmee rekening gehou moet word. Sy het haarself alreeds in sy besigheid en privaatsake ingewurm om te sorg dat sy die aantreklike sakeman vir haarself inpalm.
Elke storie of gedig in hierdie bundel is geïnspireer deur die een of ander liedjie. Waarom nou juis ’n liedjie? Want die lewe is ’n lied, en elke lied vertel sy eie storie.
Musiek is oral om ons. Dit is nie bloot net woorde met ’n wysie nie, dit vertroos en inspireer jou, bepaal soms jou gemoedstemming, laat jou goed voel. Soms maak dit jou ook hartseer, herinner jou aan dit wat eens was.
Jou gunstelingliedjie verplaas jou na ’n spesifieke plek, gebeurtenis of ’n bepaalde tyd in jou lewe. Musiek is die ritme van ons bestaan.
Ria Richards
’n Blokkie toegedraaide Beacon-sjokolade verskyn een oggend ongesiens op Wouter se lessenaar. Daarna kry hy elke dag ’n blokkie sjokolade met ’n leidraad versteek in die omhulsel, wat hom behoorlik aan die wonder hou. Van wie is die sjokolade en hoe kom dit op sy lessenaar?
Hy begin soek na die geheime sjokolade-meisie, maar beland in doodloopstraat nadat hy al die kantoordames geëlimineer het. Hoe kan ‘n onskuldige blokkie sjokolade sy lewe dan eensklaps so ontwrig?
Sybie weerspieël sy fyn sin vir humor wat telkens ʼn giggellag laat opborrel in komiese situasies om net in die volgende storie jou weer ʼn traan te laat pink.
Abishag se verhaal vertel van ’n jong meisie wat deur geloof en deursettingsvermoë ’n groot invloed op baie mense se lewens het. Haar eie innerlike stryd veroorsaak ’n groot wroeging; sal sy ooit haar ma en broers kan vergewe omdat hulle haar lewe gesteel het vir eie gewin?
Of jy nou self in die sekuriteitsbedryf was of nie, hierdie boek is ‘n absolute moet vir diegene wat bietjie meer wil weet van hoe dinge in daardie bedryf was deur die oë van die skrywer wat dit alles deurgemaak het. Dis ‘n boek gevul met ‘n lag, ‘n traan en ook ‘n paar senutergende oomblikke.
Kom ervaar spanning, avontuur, misterie, misdaad, liefde, humor en sommer baie meer, saam met al die verskillende karakters in die Prosa Collage; “DIE ANDER MAN.”
Wanneer jy die R555 uit Middelburg neem, ooswaarts, Steelpoort se kant toe, kronkel jy al langs Bothasberg af tot op Stoffberg, waar hierdie boek afspeel. Stofpadstories is ‘n bundel van vyf stories wat almal in dieselfde omgewing afspeel en op die een of ander wyse by mekaar aansluit.
Jacoba en haar drie seuns het glad nie ‘n maklike lewe gehad op die plaas Grasfontein net buitekant Lichtenburg saam met haar man Raoul de Vos nie. Tot op ‘n dag toe haar eie lewe in gevaar gekom het, het die drie seuns saam met hul ma gevlug. Hulle het by ‘n dorpie met die naam Senekal beland. In Senekal het hulle lewens verander, veral toe Jacoba vir Dominee Dewald van Staden ontmoet het. Dewald het vir Jacoba geleer van God se liefde.
Talana Malan begin ’n nuwe pos by die universiteit, maar haar geheimsinnigheid en afsydigheid wek agterdog by kollegas. ’n Toer help nie haar eensaamheid verdryf nie, terwyl Daniel – wat haar graag beter wil leer ken – moed opgee en oorsee studeer. Intussen versorg sy klein Tiaan en worstel met familiegeheime en agterdogtige vriende. Kan sy Daniel se begrip wen as sy haar waarheid onthul? Of sal sy eerder swig voor die sjarmante Henk wat sy tydens ’n Weskus-kuier ontmoet?
Wat sou dan ook nou meer gepas wees om oor te skryf, dan die liefde? Die liefde het natuurlik vele fasette. Dit maak jou gelukkig, laat jou ongeoorloofde dinge doen, vergewe alles… of amper alles.
Somtyds, draai die liefde sy rug op jou en vernietig alles in sy pad.
Maar… Daar is ’n baie fyn draad tussen liefde en haat. ’n Goue draad, wat twee kwynende harte weer saamweef.
Samuel en Carli kry twee maande na hul troudag, uiteindelik die geleentheid om op hulle wittebrood te gaan. Carli se oom, Neville de Vries, het onderneem om sy strandhuis in Hibberdene aan hulle beskikbaar te stel vir twee weke. Hulle was skaars by hulle bestemming, toe vreemde dinge begin gebeur. Met ontvoering, moord en ’n buite-egtelike verhouding van twintig jaar gelede as agtergrond, beloof ‘Die Swart Wittebrood’ om die leser op die punt van sy en haar stoel te hou.
Sal die pasgetroudes se huwelik die uitdagings wat oor hul pad kom oorleef? Sal húlle dit oorleef?
Vir die spanningsvraat is hierdie boek ’n móét.
Suid-Afrika is so ‘n diverse land met soveel diverse mense met soveel verskillende persoonlikhede en gewoontes. Kortverhale vertel soveel meer as net verhale wat mondelings oorgedra word. Dit vertel van die mens self.
Die boek demonstreer die onverwagse kinkels en kurwes wat ‘n mens se lewenspad kruis en hoe humor en deernis jou pad draaglik en genoeglik maak. Hoe jy uit jou eie en ander se ondervindings leer om sodoende iemand in soortgelyke omstandighede van hulp te wees.